Uitdaging: Fantasie – Challenge: Fantasies


For more information visit http://toortsie.wordpress.com/2014/12/03/terug-in-die-verlede/   or go to   https://www.facebook.com/toortsie?fref=ts

 

Bloguitdaging: Gee fantasie vrye teuels.

Fantasie

Die uitdaging is om die skrywersblok te breek. Fantasie is nie regtig in my lyn van denke nie maar die woord het my aan die dink gesit gister en ook vanoggend.

Toe ons nog kinders was het my oudste suster altyd uit die “Gebroeders Grimm” se stories voorgelees. Dit was altyd vir my n wereld op sy eie. Ek neem aan dis n denkbeeldige leefwyse of fantasie wereld wat hul skilder. Daar was altyd die aaklige, wreedardige karakters wat die arme kinders altyd wil opeet, jaag of net gryp.

Vanoggend het ek weer bietjie terug geleef in die fantasie wereld van drake .

Drakestorie
Drakestorie

Jong kinders hou in n mate van drake, veral die wat bietjie meer waagmoed het sal nader gaan om ondersoek in te stel. Hierdie dogtertjie het soetjies nader gegaan en met die draak gepraat en vertel dat sy hom ken. Ook dat sy die storie van hom ken( sien, daar skiet my fantasie te kort want ek het nie n idee wie ,of waar, of watter draak dit is wat hier so uit die grot uitpeul nie) In elke geval die kinders wat verby loop het almal verwonderd na die ou draak gekyk. Een seuntjie van so 3 jaar wou eers nie nader gaan nie. Hy loop met n wye boog verby en vertel sy ma dat sy nie so naby moet loop nie en hy bly se: “Don’t touch!” Hy het met sy handjies agter die rug verby gestap! Te kostelik.

Volgende is my eie Fantasie storie:

Ek loop tussen n skare mense en wonder wat gaan aan. Dis vreemd dat almal in een rigting beweeg. Vir my is dit baie moeilik om te loop sonder om voor op die vloer te kyk waar ek loop. So, ek bly soort van af kyk! Die meeste mense was egter besig om almal meer op te kyk na iets wat hulle sien.

Na so ent se loop en saam drom, besluit ek om tog maar op te kyk.

“Wat op deeske aarde gaan aan! Gee pad! Hardloop!” skree ek vir mense om my.

Almal stop skielik en kyk verbaas na my wat so skree en net wil weg hardloop. Ek kon nie wegkom nie want daar was te veel mense om my. Hul hou my vas en dwing my om stil te staan en op te kyk.

Dit is wat ek sien…

DSCF7230

Wat dink julle daarvan?

Die reuse arend wil my vang en insluk!

Sy kloue wil my vasgryp!

DSCF7231

Ha ha ha, Skielik kom ek terug aarde toe. Ek het vir n oomblik gedink dit is die einde.

Die werklike prentjie!
Die werklike prentjie!

Dit was nou n fantasie episode uit my duim gesuig!

Ek het vandag my Internasionale student Wellington Lughawe toe gevat. Sy is nou oppad terug  Hong Kong toe na n jaar se studie in New Zealand en onder my vlerk.

Die draak is n nuwe uitbeelding. Die Lord of the ring uitbeelding is al n hele tyd daar(kan ook The Hobbit wees)

 

 

 

 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

11 thoughts on “Uitdaging: Fantasie – Challenge: Fantasies”

    1. Dankie man! Hoop daar is nog stories oppad! Wil jy nie vir my n uitnodiging stuur om deel v FB groep te word nie?( nie dat ek presies weet hoe die FB storie regtig werk nie

      Like

    1. He he, laat jy my nou verlee voel! Ek het gladnie n fantasie wereld nie. Die draak en grote arend het my vanoggend die idee gegee om dit te gebruik

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s