TOEKA-TOKKEL: Vroeg oggend


TOEKA-TOKKEL

Goeie dag aan almal!

Ek het die gedagte om n uitdaging te begin wat “Toeka tot Nou” voorstel. Die idee draai al so lankal in my gedagtes, dat ek vanoggend besluit het – nou of nooit.

Dit kan n vergelyking, beskrywing of voorstelling wees van nou en toentertyd. Jy kan maak of jy mal is en doen alles!

Hopelik gaan ek n lysie gee van wat ek wil doen vir die maand of iets in daardie lyn. Ek sal n tema aan die week vasbind. Donderdae verander die tema.Jy is egter nie gebind nie, as jy dit wil verander of later wil doen, is jy welkom.

Kortliks net n paar reels:

1.Plaas jou beskrywing, vertelling, fotos op jou blog of in n pos onder opskrif “TOEKA-TOKKEL” en plak jou posadres in my kommentaar sodat ons jou kan besoek en lekker saam kuier.

2. Plaas ook n skakel in jou pos waarin jy verwys na die oorsprong waar jy die inligting oor die uitdaging gekry het.

3. Ek wil dit n Afrikaanse pos maak maar as jy in Engels of enige ander taal wil deelneem is jy ook beslis welkom.

(Any other language is welcome if you feel up to it to join in the fun of remembering the past and linking it to the present vise versa)

 

Tema vir die week is:                         VROEG OGGEND

Soggens, so teen 4:30 begin dit goed lig word hier in Nieu Zealand. Dis eers doodstil, dan n ge-pieng-pieng in die verte van een of ander voeltjie(Nog nie uitgevind wat dit is nie!). Ek het gedink dit is my student se alarm wat so vroeg afgaan. Sy is egter nie meer hier nie en die alarmpie gaan steeds af!

Weer doodse stilte en dan kom daar n ploink-ploink op my dak! Heen en weer, op en af, hop, hop, hop! Dis mnr en mev “Blackbird” wat heerlik op die dak spring in die hoop dat daar iets opvlieg om te vang!

Tui’s(inheemse voel) begin dan heerlik te gesels want hul soek nektar in die vlasstingels wat op die oomblik in blom is. Hul jaag mekaar en krakeel vir n vale omdat hul baie gebiedgebonde is. Hul hou niks daarvan om te deel met ander nie.

Prosthemadera novaeseelandiae -Waikawa, Marlborough, New Zealand-8 (2).jpg

http://en.wikipedia.org/wiki/Tui_%28bird%29

So 7 uur staan ek op en neem Trompie vir sy eerste vroe-e lopie om sy besigheid te doen. Kom wind,reen, koue maak nie saak ons loop.

Die vroegoggend geluide, laat my terugdink aan my kindertyd. Ons het op n plot gebly en het met melkbokke geboer. 5 uur soggens opgestaan om saam met my ma te melk en hul te voer voordat ek kon aantrek en 6:30 die bus haal om skooltoe te gaan. Daardie tyd van die oggend was altyd die lekkerste. Alles was fris en koel.

Iets wat ek ook nog onthou was die gekoer van die tortelduiwe en lemoenduifies. Ek mis daardie rustige oop skoon oggende op die Hoeveld baie. Later jare is ek Bosveld toe, daar was ook die gekoer van duiwe vroeg soggens. Ek het ook vroeg soggens my honde, Boesman(Boerboel), Bobbie en Nancy(2 mini Schnauzers) na die ruwe veld gevat om te loop. Dit was nog n ongeskonde groot stuk Bosveld wat nog nie verbou was nie. Ons het gereeld Duikertjies gesien. Selfs een oggend n miervreter! Wat n belewenis! Ek het al soggens  die vars spore gesien wat na n gat gaan waar hy bedags weggekruip of geslaap het. Een oggend was ons vroeg genoeg om hom oppad teen te kom. Reguit bed toe!

Ai dit is darem maar mooi en lekker herinneringe van vroegoggend wakker wees en buite wees.

Hoe lyk dit, gaan jy n paar vroegoggend ervarings van Toeka -tot/of- Nou met my deel?

Ekstra inligting oor lemoenduif

Die Lemoenduif of Rooiborsduif (Streptopelia senegalensis, lengte: 22–24 cm) is ‘n duif inheems aan Suid-Afrika. Hy is nie bang vir mense nie en word dikwels op stadsypaadjies, tuinpaadjies en in tuine aangetref. Sy Engelse naam Laughing dove, kom van sy sagte borrelende roepnoot wat soos iemand wat lag, klink.[2] Lemoenduiwe is algemeen regdeur Suider-Afrika en is dikwels in groot getalle in stadsparke en op oop gebiede bymekaar. Soos die Tortelduif bestaan sy vertoonvlug uit ‘n byna vertikale opvlieg in die lug, en dan ‘n afsweef met uitgestrekte vlerke en stert.

http://af.wikipedia.org/wiki/Lemoenduif

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

18 thoughts on “TOEKA-TOKKEL: Vroeg oggend”

    1. Perfek! Ek dink ek moet sommer n opsomming elke week maak van deelnemers. Dit gaan ook help dat ouens die deelnemers besoek.Dis to ook gedeeltelik waaroor dit gaan. Om ouens te laat skryf in Afrikaans

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s