GESKENKE/SPEELGOED
Die derde uitdaging hier op Toeka-Tokkel gaan oor geskenke en/of speelgoed van Toeka tot nou!
Laat ons bietjie hoor wat jou gunsteling speelding was of is. Of gesels bietjie oor geskenke wat jy al ontvang het en hoe belangrik dit vir jou was of is.
Skryf n lekker stuk en plak die skakel hier by my kommentaar in sodat ek dadelik kan gaan kyk wat jy alles se. Gee ook asb n skakel aan die begin of einde van jou skrywe wat lesers na my pos bring om die reels te kan sien en dan ook deel te neem.
Waaroor gaan dit? AFRIKAANS Geniet die skrywe en dan nogal in Afrikaans!
Die volgende twee bloggers het weer hul deel bygedra. Gaan lees gerus hul vertellings en gee ons ook n kykie in jou lewensondervinding hoe nietig ook al.
Kameel se: Vriendin soos Deslyn
http://toortsie.wordpress.com/2015/01/07/n-vriendin-soos-des/
Toortsie se: A… vriende
http://toortsie.wordpress.com/2015/01/07/toorts-se-toeka-tokkel-vriende/
Baie dankie Kameel en Toorts vir jul bydraes.
VOLGENDE PAAR WEKE SE TEMAS. Ons begin Donderdag en het tyd tot volgende Donderdag om deel te neem
Temas
- Vroegoggend
- Vriende/vriendinne
- Geskenke/speelgoed
- Vakansie
- Sport
#……………#…………….#………………#
My bydrae vir GESKENKE/SPEELGOED
Geskenke is veronderstel om iets spesiaals te wees. Die koste of grootte is nie die belangrikste nie. Dit is die liefde en opregtheid waarmee dit gegee word,wat belangrik is.
As kind en selfs vandag nog het ons altyd geskenke gegee of gekry met Kersfees en op jou verjaarsdag. Dit was altyd n klein geskenkie met gevoel daarby. Een geskenk wat ek nog baie goed onthou is die volgende:
Ons was as familie oppad Suid Afrika toe in 1952. My sesde verjaarsdag sou op die skip wees waarmee ons sou reis. Langs my grootouers, waar ons as familie ook gebly het, het twee susters gewoon. Hulle was volgens my as 5-jarige twee ou dames. Oud was hul sekerlik nog nie want hul was meer my ouers se ouderdom. Die twee susters het vir my my verjaardaggeskenk gegee voordat ons vertrek het. Dit was die allermooiste SLAAPPOP. Sy het n ligte groen satyn en kant rok aangehad, selfs n paar wit plastiese skoene en wit sokkies. Die mooiste van alles was die lang geel nylon hare met linte in, en die blouste, blinkende glas oe. O-e wat toe maak as mens haar neer gele het!
As jong dogters het ons baie van papierpoppe gehou. Ons het gereeld met verjaarsdae n nuwe papierpop gekry omdat die poppe met die mode en gewildheid van persone tred gehou het. Ek en klein Sus het heerlik papierpop gespleel!
Na mate n mens groter en ouer word het geskenke en speelgoed verander. Later het mens n paar sakdoekies, reukwater of iets soets gekry as geskenk.
Wat my ook nog bybly is dat sommige mense vir my geskenke koop met my eie geld. Dis vir my bietjie hartseer en het my nogal ontstel toentertyd. My pa het bv vir my n radiotjie uitgesoek en vir my gegee en ek moes dit self betaal. Dit is nie die enigste keer dat iemand iets vir my “üitgesoek” en vir my “gegee” het op my rekening nie!
Vir my is n geskenk belangrik as dit met opregte bedoelings gegee word, nie om n indruk te maak of om om te koop nie. Die volgende het ook gebeur:
Een Kersfees het ek vir die hele familie iets kleins gekoop. Ek het nie veel geld gehad om te spandeer maar tog was daar vir elke een n ietsie. Die familie het so min van my geskenkies gedink dat hul dit nie eers saam huistoe gevat het nie. Dit is sommer net hier gelos vir die kinders wat hier bly. Dit was n klap in my gesig! Minste wat daar gedoen kon word was om dit net saam huis toe te vat en dan daar maar van ontslae te raak sonder om dit so ooglopend sommer hier te los.
Geskenke en selfs speelgoed, toe ons klein was, gee mens darem baie plesier. Iets kleins uit die hart is meer waardevol as n groot blink duur geskenk.
Kinders het gedurende die tyd wat ek skool gehou het male sonder tal vir my die mooiste klein eie gemaakte geskenkies gegee wat vir my goud werd was en steeds is.
**** Vertel bietjie van sppesiale geskenke of speellgoed wat jy nog kan onthou. Alles gaan oor lekker skryf in Afrikaans. Niemand kan se jy is verkeerd nie ons is almal reg op ons eie manier.