Welkom weereens by Toeka-Tokkel. Die tyd vlieg en dit is weer Donderdag. Die tema vir die week is

SPORT

eninge iets oor sport of selfs sports.

Almal wat in Afrikaans wil skryf kan hul gedagtes hier in my kommentaar plak sodat ek en ander lesers kan gaan lees wat jy oor sport te vertelle het. Dis baie maklik om deel te neem.

1. Noem my in jou skrywe sodat ouens na my blog kan gaan om reels te kry. So, kliek op my skakel en verbind dit tussen jou en my pos.

2. Skryf uit jou hart uit. Kort of lank, daar is geen perk.

3. Gebruik fotos om te beskryf of net fotos as jy nie n skrywer is.(Sal nogal lekker wees om ou sport-fotos te sien)

4. Elke Donderdag verander ek die tema. Jy het dus n hele week om te dink en te beplan.

5. Geniet dit, dis waaroor dit gaan.

VOLGENDE 5 TEMAS/ONDERWERPE:

1.  Telefoon

2. Klere/mode

3.  Stoepstorie…

4. Werk/beroep/arbeid

5.  Geluk/ongeluk

Baie dankie aan die volgende persone wat oor hul vakansies geskryf het. Besoek hul gerus elkeen het n eie besondere ervaring gegee.

Toorts se inskrywing oor geskenke: sy gee ook n resep vir perske-atjar

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/17/toorts-se-toeka-tokkel-geskenke/

1.  Toorts se vakansie wat verligting aan oorwerkte plaasmens gee

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/21/toorts-se-toeka-tokkel-oor-vakansie/

2.  Kameel wat terugdink: vakansie sonder n pap wiel of warm enjin was ondenkbaar

https://toortsie.wordpress.com/2015/01/20/vakansie-jou-lekker-ou-ding/

3.  Tannie Frannie vertel van see-vakansie – Mooibaai, Sandbaai en Stranlopergrot

Vakansie

4.  Spokiesnyspoor en haar pragtige fotos van hienas en spinnekopwebbe

Mis, nat Hiënas en Spinnekopwebbe

JULLE IS STERRE.  Kom mense laat ons ons sportstories deel.

                               ######   ######   ######

SPORT

Sport is die meeste van die tyd n groot deel van mense se lewens. Dit bou spanne en belangstelling in dieselfde aktiwiteit. Dit bind selfs nasies aan mekaar. Die meeste van die tyd is dit gesonde ontspanning vir liggaam en gees.

Terwyl ek nog in Laerskool was het ek die sport aktiwiteite baie geniet. Die eerste drie jaar was ek te jonk om werklik aan sport deel te neem. Ons het toe nog in Pretoria gebly. My oudste suster het die geleentheid gekry om swem- en tennis-afrigting te kry. Sy het later jare baie swemafrigting gedoen en nogal sukses behaal. Al drie haar dogters het ook goed geswem.

Ongelukkig het ek nie regtig basiese afrigting gekry nie omdat die geleentheid nie  daar was nie. Ons het weggetrek en van standerd 1 af was ek in n 4-mans skool. Die hoof het ons pouses korfbal leer speel. Ek het meestal vleuel gespeel en soms ook senter. Ons het vriendskaplike wedstryde teen Pretoria skole gespeel.

Gedurende die somer het ons atletiek geoefen. Daar was nie genoeg kompetisie vir my ouderdom nie en het ek meestal saam met die seuns gehardloop. Dit het natuurlik gemaak dat ek nie te sleg gevaar het teen my ouderdom meisies nie. Die lekerste was die huissport. Al die gesingery en eetery. Vir my was die hardloop die lekerste, reguitresies en aflosse.Daar was natuurlik donkieresies, sakresies, eierresies, kruiwaresies en nog vele meer.   Daar is niks lekerder as boeresport nie.

In Ho-erskool het ek net geleentheid gehad om aan eerste huissport en Interho-er deel te neem. Dit was nog op Pilditchstadion gehou! Ek het middelafstand gehardloop en dan spies gegooi. Ek onthou met een oefening het een kind ongeerg die spies gegooi en as die atleet nie weggeduik het nie sou die spies deur hom gegaan het.(Die atleet was ons beste seun gewees en hy was nie veronderstel om die veld te gekruis het nie! Wys jou ook maar hoe vinnig n ongeluk sou kon gebeur) Samewerking met afrigting is uiters belangrik.

Ongelukkig het my sportaktiwiteite doodgeloop omdat ek geen vervoer gehad het nie.

Vanaf my eerste jaar dat ek skool gehou het, het ek pluimbal gespeel. Dit was heerlike ontspanning.

Ons het ook grootgeword met die radio se krieket en rugby kommentaar. Onthou nog vir Gerhard Viviers! Ek het eenkeer die geleentheid gehad om n rugbywedstryd tussen Springbokke en Hane te gaan kyk in Welkom. Dit was nogal n belewenis. Dis egter nie regtig in my lyn, al die skares rondom my nie. So n klomp fanatiese mense wat gil en raas maak my sommer benoud. Toe ons afklim van paviljoen het ek aan my pa vasgeklou. Elke keer as ons op selfde trap staan dan verdrink ek tussen al die mense. Solank ek een trap bo hom was en hom kon sien was dit nie te erg nie. Ek is maar nie gebou vir sulke massas mense nie.

My jonger suster het vir die eerste maand hier by my in NZ  gekuier. Sy het vir ons plek bespreek om n wedstryd tussen Suid Afrika en Hurricanes te gaan kyk. Ons het selfs van die SA spelers raakgeloop in Wellington. Dit was in 2009.

Ek het natuurlik terwyl ek skool gehou het altyd atletiek en netbal afgerig. Dit was altyd vir my lekker om op en af te hardloop saam met die bal. Ek was altyd maar maer gewees omdat ek baie energie verbrand het met die op en af hardloop.

Sjoe daar het jul dit nou! Daar is nog meer om oor sport te praat.

NOU IS DIT JOU BEURT. Lekker skryf.

(Ek beplan om sodra ek tuis is n paar ou sportfototjies by te voeg)


27 responses to “Toeka-Tokkel 5 : Sport en volgende 5 onderwerpe”

  1. oor “sports” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] het die opdrag gegee dat ons oor sport of sports moes skryf. Ek lees in my kop “sport en ontspanning” […]

    Like

  2. Toeka Tokkel 5: Sport | Herriemerrie Avatar

    […] is gewoonlik skuins van die regering, maar vir een keer in my lewe sal ek mooi saam speel.  Scrapydo kies weekliks ‘n tema waaroor mense dan kan skryf.  Die week se tema is sport.  En almal […]

    Like

  3. Toorts se toeka tokkel oor sport. | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrpydo vir die uitdaging. Ek hoop sommer nog baie mense gaan deelneem. Groete […]

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Baie dankie, lekker gelees.

      Like

  4. Sport kort en kragtig | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] se Toeka-Tokkel Sport. Die prent wat in my gedagtes opkom wanneer ek die woord “sport” hoor, is rugby.  Ek sien my pa […]

    Like

  5. perdebytjie Avatar
    perdebytjie

    Ek was altyd vreeslik lui,nooit baie energie gehad nie,dus was my sportloopbaan kort en sonder geweldige suksesse!Lekker gelees hier by jou.Dankie vir die oulike temas wat jy vir ons gee.Ek gaan beslis probeer deelneem.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Dis goed so. Dankie vir die lees en kommentaar. Jy is welkom om deel te neem. Dis net om mens bietjie te prikkel om te skryf oor eie ervarings. Ek hoop om ietsie uit jou pen ook te sien so tussenin

      Liked by 1 person

  6. Kameel Avatar
    Kameel

    Dat onse scrapydo nou ‘n sportiewe mens is!! Daar het ek nog iets van jou bygeleer 🙂 Ek sal hierdie een mooi moet gaan bedink…. ek en sport nie maats nie.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Jong dit lyk my dis n bietjie “moeilike” onderwerp vir meeste. Ek het nie besef daar is nie juis skrywers wat daarvan hou om aktief te wees nie, he he.Grappie. Ek beweeg nog steeds baie. Dit hou mens aan die gang as mens aktief is. Ek het my altyd vir my susters vererg as ons op die gras pluimbal pluimpies slaan. Ek hol my gedaan om die ding te slaan en hulle buig net en as dit mis is is dit ook tot daarna toe. Nie ek nie, ek MOET agternaa hol en probeer raakslaan. Jy kan n sports epispode ook inbring. Ek dink nou juis aan n poets wat ons gebak toe ons in die koshuis was. Kan nog n onderwerp word.

      Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    Ek is dit roerend eens met Tina van Rondomtaliedraai! Maar sal probeer om my atletiekfobie in ‘n inskrywing te beskryf.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Ha ha maak dit sports, sal ook werk. Daar is seker n paar poetse wat gebak is wat ook baie sportief kan wees. 🙂

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Sug… ek het nooit daarvan gehou nie want ek het altyd laaste gekom . Dit was mos die Bulls wat teen die Hurricanes gespeel het

    Liked by 1 person

    1. scrapydo Avatar

      Ek het selfs van die LO periodes gehou. Ja was Bulls=bietjie vergeet!

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Nee wat ek wou liewers lees.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo Avatar

          Nee wat my leesvermoe is nie te waffers nie!

          Like

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ja maar jy het baie vaardighede wat ek nie het nie

            Like

            1. scrapydo Avatar

              Ag jong dis ook maar baie aangeleerde goed.

              Liked by 1 person

              1. rondomtaliedraai Avatar

                hehehehe… sug… ok jy is die mees talentlose meens wat ek ken! 🙂 Die feit is dat jy baie dinge beter as ek doen! ❤

                Like

                1. scrapydo Avatar

                  Dis mos nie n kompetisie nie. Jy het darem verder geleer en selfs boeke geskryf! Dis baie talentvol.

                  Liked by 1 person

  9. Spokie sny spoor Avatar

    Sjoe, jy ken van sports! Dankie, jou artikel is baie goed saamgestel. My blog gaan hoofsaaklik oor diere, maar kan ek dink aan ‘n onderwerp soos: “Die voëls maak sports.” En dan oor voels skryf wat wegvlieg of in die water induik of vis vang. Sal dit werk?
    Ek is natuurlik baie nuuskierig om ander se sports-fotos te sien. Hoop hulle stuur in …

    Liked by 1 person

    1. scrapydo Avatar

      Dankie man ek was nog altyd lief vir sport. Jy kan gerus die diere se jag en jaag gebruik! Dis mos ook lekker sport om na te kyk as toeskouer. Doengerus! 😀

      Liked by 1 person

  10. Toortsie Avatar

    Lyk my jy was ‘n behoorlike sportvrou!
    En baie baie dankie vir al die verwysings na ons blog. Ek waardeer dit regtig.

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Ek het maar altyd my oefening geniet! Dis n plesier om jul bekend te stel. Ek hoop net meer ouens skryf saam

      Like

  11. nowathome Avatar

    Skole sport is so belangrik vir alle kinders!! Ek het so bietjie tennis en netbal gespeel! Fietsry is ook ‘n lekker sport, maar deesdae gevaarlik om in die strate te ry!!

    Like

    1. scrapydo Avatar

      Hier is fietsry baie belangrik. Ouens het regte road rage as dit kom by moteriste en fietsryers. Hul is gedurig besig om me kaar te beskuldig. Altyd die ander ou wat probleem het 😦

      Like

Leave a reply to scrapydo Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.