Welkom weereens by TOEKA-TOKKEL. Die week het weer verby gevlieg en die volgende onderwerp is aan die beurt.
Almal is welkom om deel te neem aan die gesellige vertellings van almal. Dis heerlik om almal se idees en ondervindings te lees. Die beste plek om jou inligting te kry is maar uit jou eie brein of eie ondervindings. Elkeen beleef dinge op hul eie manier en is uniek aan daardie persoon.
So, haal uit en skryf asseblief. Kort of lank. Fotos of geen fotos alles werk hier, solank dit jou eie ondervindings is. ‘Hoor se’ kan ook soms werk.
Eers n GROOT DANKIE weereens aan die volgende ouens wat lekker saam gesels het oor die woord “telefoon”
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/02/02/toeka-tokkel-6-telefoon-stories/ was heel eerste met haar telefoonstorie en ouens het lekker gesels.
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/03/lui-telefoon-lui/ Kameel se bydrae en die wonder van God se genade
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/04/toorts-se-toeka-tokkel-telefoon/ Toorts met die koekoek-horlosie wat die tante weggee
https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/02/04/telefoon/ vanuit Paraguay met n mooi herinnering en n lekker gesels met ander en hul ondervindings.
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/02/04/toeka-tokkel-olga-se-onthou/ Nog n inskrywing, dis die grys met maroon telefoon se onthou
Doen gerus die moeite en lees bietjie wat hul alles te vertelle het.
As jy wil deelneem net die volgende:
1. Gee asb n verwysing na my blog TOEKA-TOKKEL in jou vertelling.
2. Pos n skakel of, in inlinks of sommer in my kommentaar sodat ek jou kan bedank vir deelname.
3. Wees ontspanne en gesels lekker in Afrikaans.
TOEKA-TOKKEL 7
KLERE/MODES
Hier is my bydrae:
Ek is in die 1940s gebore en het al n hele klere of mode tydperk agter die rug.
Dit wil so vir my voorkom asof daar werklik siklusse is in die modes. Die jonger generasie weet blykbaar nie juis daarvan nie dus hinder dit hul gladnie.
Doerdie tyd, van Doris Day, selfs Marilyn Monroe was daar n stadium dat alles polka dots op moes he. Maak nie saak waar nie daar moes kolletjies op wees.Nou die dag gaan ek saam met my kinders om iets te doen. Hul laai my toe op. Skoondogter het toe n swart truitjie aan met wit polka dots. Dis te fraai!
Wys jou net daardie tyd toe dit gewild was was dit BAIE gewild. Nou kom dit weer in!
Dieselfde met die roklyn wat so op en af skuif. Van, oor die voete, sleepende op die vloer ,tot so kort dat mens nie weet of dit net n T-hempie is wat bietjie gerek het nie.
Ek wil n bietjie illustreer hoe die tye verander en dan weer terug draai na die verlede.
Verlede jaar met die kinders se troue het ek besluit om een van daardie klein skewe hoedjies te kry met die net wat so oor die voorkop moet kom(hul roep dit op engels n “fascinator”). Dit moes eintlik nog toe rooi ook wees daarby. Wat n gedoente. Mens het nie sulke hoedjies gekry nie. As ek iets gevind het was dit uitspattig duur en ook nie n kleur wat ek kon gebruik nie.
Ek het toe maar een bespreek by ons kostuum winkel. Was nie rerig wat ek in gedagte gehad het nie maar nog steeds, eerder iets as niets.
Die geluk was op die ou einde aan my kant. Die Vrydag voor die Saterdag van die troue het ons bietjie gaan rondsnuffel in die dorpie se winkels.
Wraggies, daar is toe n rooi en ook n swart hoedjie en nog halfprys ook. Net daar het ek my geldjie uitgehaal en hom gekoop. Die swartetjie was toe mooier as die rooietjie. Dieselfde met my “halsdoek”. Dit was net daar , ek het dadelik geweet dis die regte een. Dit gekoop en ek het heel deftig en uitgevat gelyk met my lang swart romp, rooi baadjie, klein skewe hoedjie en nekdrapeersel.
Volgens my heel modern en lekker outyds.
Nou weer terugflits uit verlede:
Ek het netbal afgerig : Eerste fotos.( dit was korfbal daardie tyd) Kyk hoe netjies lyk die hoof in sy pak klere.
Hier het juffrou nogal n korterige rokkie aangehad. 1972. Dogters het kaalvoet gespeel!
Netjies geskooldrag.
Wie onthou nog die Ponchos? (Die een is self gemaak)
Eerste twee stuk swemdrag!
Ek sluit af met n pragtige foto van my groot-ouers. Uitgevat en netjies soos hul altyd was. Mans met hul onderbaadjies en horlosiekettings. (Ek het nog die horlosie en ketting). Heel modieus- nog steeds.
Nou is dit jou beurt om te vertel. Tot volgende week en geniet dit.
Volgende onderwerp is STOEPSTORIES…
Dankie vir deelneem
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/10/in-die-mode/
LikeLike
Lekker man!
LikeLike
Dankie man jy is n ster
LikeLike
Weet nie of ek die knoppie nie gedruk en of wat van my kommentaar geword het: maar ek was ook verbaas om te sien julle rokkies was daardie jare so kort?
Hou van jou hoed en klere. Jy het baie netjies gelyk. Jy is voorwaar ‘n “smart” lady.
LikeLike
Die rokkie was nie die kortste nie! Ek het nog korter gehad. Ek moes trappe opklim na my klas en het altyd gesorg dat daar nie iemand onder staan of is nie, ha ha! Dankie vir die kompliment. Dit was n groot kopseer om klere te kry. Ek het beslis goed gevoel(in vergelyking met die res was dit die moeite werd om so deftig te wees)
LikeLiked by 1 person
Wel, ek het toe ewe voorbarig ook ingespring en deelgeneem, want “aantrek” is op die oomblik ‘n minder ernstige saak in ons huis. Ek is ook moeg vir “aantrek” na al die jare op kantoor. En ek stem absoluut saam met Kameel, daardie kerkhoed was ‘n euwel.
LikeLike
Dankie vir jou deelname. Ek het heerlik gelees. Lekker ou los lewe hier kom julle! 😀
LikeLike
Jy is nie voorbarig nie. Ek is bly jy neem deel. Welkom by die Toeka se getokkel
LikeLiked by 1 person
Te oulik. Jou rokkie was darem heel skaflik Daar is een foto wat ek nie kan sien nie
LikeLike
Het nie kortste een gebruik nie. Het gesien een foto wil nie oopmaak nie. Sal bietjie kyk
LikeLiked by 1 person
Sjoe ja, mens was darem half kaal … gelukkig was mens dun daai tyd
LikeLike
Nie so kaal soos vandag sn nie. Die ou lyf was toe nog lekker stewig en verm
LikeLiked by 1 person
Dis waar… nou moet mens maar toemaak
LikeLike
Beslis! 😀
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Jy het meer “guts” as ek, so mooi soos daardie hoedjie is, so min sal ek hom op my kop sit. Wou mos kleintyd nie meer kerk toe gaan nie omdat ons hoed moes dra. En aitsa, juffrou het nogal ‘n kort rokkie daar aan 😉
LikeLiked by 1 person
Ha ha, dis juis die ding hoekom ek die hoedjie wou he. Spesiaal om anders te wees. Ek sien dis nou inding ,die hoedjies hier by perdewedrenne!Die rokkie is gelukkig nie die kortste nie!
LikeLike
En wat maak onse scrapydo by die perdewedrenne? 😆
LikeLike
Ha ha ek het mos nou n hoedjie om op te sit! Nee wat dit was nog nooit n aantrekking vir my nie. Ons het mos n renbaan nie ver van waar ek bly nie. So twee naweke terug het ons Wellingtondag(dan het ons n lang naweek, elke stad het n dag per jaar!) gehad en dan is daar groot perderesies spesiaal vir die dag Die koerante was vol.
LikeLiked by 1 person
Wou nog sê, jy het te deftig gelyk met die swart hoedjie en al!
LikeLike
Dankie hoor, ek het heel deftig gevoel ook(in vergelyking met die res van die gaste!)
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Ek is BLY soveel neem al deel aan jou uitdagings. 🙂
Polkadots! Mens sien dit nou weer orals in die winkels.
LikeLike
Ek is netso bly daaroor. Stelselmatig lees meer mense ons storietjies! Ja ek sien die dots is hier ook hoog in die mode weer
LikeLike
😉 Sover dit my betref: Mode is vir die voëls en klere is net daar om jou naakheid te bedek.
LikeLike
Ja ek stem saam. Vir my is dit ook maar omdat mens nie sonder kan wees nie. Hoe losser hoe beter. Inbindery is nie juis in my lyn nie.
LikeLike
Baie nostalgies!! Ons skoolfoto’s het net so gelyk!
LikeLike
Ja, baie dankie goeie ou dae. Ek wou toe nou nie die korter rokkie insit nie! Hier loop vandag meisies rond wat lyk of hul nie verder iets aan die ondekant aanhet nie.
LikeLike