Welkom weereens by TOEKA-TOKKEL. Die week het weer verby gevlieg en die volgende onderwerp is aan die beurt.
Almal is welkom om deel te neem aan die gesellige vertellings van almal. Dis heerlik om almal se idees en ondervindings te lees. Die beste plek om jou inligting te kry is maar uit jou eie brein of eie ondervindings. Elkeen beleef dinge op hul eie manier en is uniek aan daardie persoon.
So, haal uit en skryf asseblief. Kort of lank. Fotos of geen fotos alles werk hier, solank dit jou eie ondervindings is. ‘Hoor se’ kan ook soms werk.
Eers n GROOT DANKIE weereens aan die volgende ouens wat lekker saam gesels het oor die woord “telefoon”
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/02/02/toeka-tokkel-6-telefoon-stories/ was heel eerste met haar telefoonstorie en ouens het lekker gesels.
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/03/lui-telefoon-lui/ Kameel se bydrae en die wonder van God se genade
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/04/toorts-se-toeka-tokkel-telefoon/ Toorts met die koekoek-horlosie wat die tante weggee
https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/02/04/telefoon/ vanuit Paraguay met n mooi herinnering en n lekker gesels met ander en hul ondervindings.
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/02/04/toeka-tokkel-olga-se-onthou/ Nog n inskrywing, dis die grys met maroon telefoon se onthou
Doen gerus die moeite en lees bietjie wat hul alles te vertelle het.
As jy wil deelneem net die volgende:
1. Gee asb n verwysing na my blog TOEKA-TOKKEL in jou vertelling.
2. Pos n skakel of, in inlinks of sommer in my kommentaar sodat ek jou kan bedank vir deelname.
3. Wees ontspanne en gesels lekker in Afrikaans.
TOEKA-TOKKEL 7
KLERE/MODES
Hier is my bydrae:
Ek is in die 1940s gebore en het al n hele klere of mode tydperk agter die rug.
Dit wil so vir my voorkom asof daar werklik siklusse is in die modes. Die jonger generasie weet blykbaar nie juis daarvan nie dus hinder dit hul gladnie.
Doerdie tyd, van Doris Day, selfs Marilyn Monroe was daar n stadium dat alles polka dots op moes he. Maak nie saak waar nie daar moes kolletjies op wees.Nou die dag gaan ek saam met my kinders om iets te doen. Hul laai my toe op. Skoondogter het toe n swart truitjie aan met wit polka dots. Dis te fraai!
Wys jou net daardie tyd toe dit gewild was was dit BAIE gewild. Nou kom dit weer in!
Dieselfde met die roklyn wat so op en af skuif. Van, oor die voete, sleepende op die vloer ,tot so kort dat mens nie weet of dit net n T-hempie is wat bietjie gerek het nie.
Ek wil n bietjie illustreer hoe die tye verander en dan weer terug draai na die verlede.
Verlede jaar met die kinders se troue het ek besluit om een van daardie klein skewe hoedjies te kry met die net wat so oor die voorkop moet kom(hul roep dit op engels n “fascinator”). Dit moes eintlik nog toe rooi ook wees daarby. Wat n gedoente. Mens het nie sulke hoedjies gekry nie. As ek iets gevind het was dit uitspattig duur en ook nie n kleur wat ek kon gebruik nie.
Ek het toe maar een bespreek by ons kostuum winkel. Was nie rerig wat ek in gedagte gehad het nie maar nog steeds, eerder iets as niets.
Die geluk was op die ou einde aan my kant. Die Vrydag voor die Saterdag van die troue het ons bietjie gaan rondsnuffel in die dorpie se winkels.
Wraggies, daar is toe n rooi en ook n swart hoedjie en nog halfprys ook. Net daar het ek my geldjie uitgehaal en hom gekoop. Die swartetjie was toe mooier as die rooietjie. Dieselfde met my “halsdoek”. Dit was net daar , ek het dadelik geweet dis die regte een. Dit gekoop en ek het heel deftig en uitgevat gelyk met my lang swart romp, rooi baadjie, klein skewe hoedjie en nekdrapeersel.
Volgens my heel modern en lekker outyds.
Nou weer terugflits uit verlede:
Ek het netbal afgerig : Eerste fotos.( dit was korfbal daardie tyd) Kyk hoe netjies lyk die hoof in sy pak klere.
Hier het juffrou nogal n korterige rokkie aangehad. 1972. Dogters het kaalvoet gespeel!
Netjies geskooldrag.
Wie onthou nog die Ponchos? (Die een is self gemaak)
Eerste twee stuk swemdrag!
Ek sluit af met n pragtige foto van my groot-ouers. Uitgevat en netjies soos hul altyd was. Mans met hul onderbaadjies en horlosiekettings. (Ek het nog die horlosie en ketting). Heel modieus- nog steeds.
Nou is dit jou beurt om te vertel. Tot volgende week en geniet dit.
Volgende onderwerp is STOEPSTORIES…