TOEKA-TOKKEL 8

STOEPSTORIES

Weereens dankie aan almal wat deelgeneem het vir jul BAIE goeie weergawes van klere/modes.

Die volgende ouens het deel gehad aan die vertellings:

HESTER….. https://hesterleynel.wordpress.com/2015/02/06/het-iemand-my-borste-gesien-asseblief/

SPOKIESNYSPOOR…  https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/02/06/bloedbad-lem-teen-die-nek/

HERRIEMERRIE .https://herriemerrie.wordpress.com/2015/02/06/toeka-tokkel-7-almal-dra-jeans/

COETZEEBLOG.. https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/02/07/klere-mode/

TOORTS  met …..https://toortsie.wordpress.com/2015/02/10/toorts-se-toeka-tokkel-oor-modes/

KAMEEL met…. https://toortsie.wordpress.com/2015/02/10/in-die-mode/

OLGA …..             https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/02/11/toeka-tokkel-7-modes/


Kom mense , gesels oor jul stoepstories. Ek is seker daar is baie interessante stories om te vertel.

STOEPSTORIES

Onthou jul nog Ko-operasie Stories?  Daar is altyd op die stoep gesit en van daaraf het die storie ontwikkel.

Ek het die volgende huldeblyk aan Emgee Pretorius raakgeloop.

Dan kan ek nie help om die volgende aanhaling ook te gebruik nie:

“Die wonderlike ding van skryf is dat dit jou hele verlede vir jouself toeganklik maak. Dit bring jou in kontak met dinge wat jy vergeet het. Ek skryf om uit te kom by iets wat ek weet ek nie by sal uitkom nie. Maar ek moet aanhou probeer.”
― André Brink

Oorlede 6 Februarie 2015

Ware woorde. Die verlede kom na vore sodra mens begin dink om te skryf oor dinge waarvan ons self ondervinding het. As ons dit nie neerskryf nie, hoe sal die nageslag dan weet hoe dit was?

Nou moet ek terugkom na my stoepstories. Ek het gehoop om n foto van myself te plaas terwyl ek op ons gewilde huisstoep sit. Dis egter nog op skyfies en ek het dit nog nie oorgedra na my rekenaar nie.

 In 1960 het ons in ons eie geboude huis ingetrek.

Dit was nog gans en al nie klaar gebou nie. My oudste suster het bv nie n plek gehad om te slaap nie. Sy moes saans in die bad haar bed opmaak. Ek het nooit eers daaraan gedink hoe moeilik dit vir haar, as n opgroeinde jong dame was, om nie eers n eie kamer te he, laat staan nog n eie bed nie. Dit maak my sommer hartseer om daaraan te dink. Geen wonder sy was nie baie lief vir die huis nie!

Ons het egter n heerlike stoep gehad. In die somer as dit so warm was gedurende die dag, het ons as gesin tot laataand buite op die stoep gesit. Geen ligte aan nie , dit lok die muskiete. Net die nagtelike stilte en kalmte, soms krieke wat kriek of paddas wat kwaak.. Dit was heerlik!

Daar is meestal nie veel gepraat nie want my ouers was nie geselserige mense nie. Ons het wel oor die natuur en boerdery gepraat as ons wel gesels het. My pa het gedurende die dag hard gewerk by sy werk en saans het hy net rustig gesit en rook. Die honde en soms die kat ook, het saam met ons op die stoep gesit.

My ouers het elkeen n eie opvou kampstoeltjie gehad waarop hul gesit het. Ek kon altyd in die gemakstoel sit saans(nie rerig gemaklik nie , dit was n hout buite stoel met kussings op)

Daar op die stoep het ons na die sterre gekyk. Soms was daar n verskietende ster. Ons het ook natuurlik die spoetnieks gevolg soos hul verby gesweef het. Daar is altyd oor die nuus bekend gemaak waar , en hoe laat die satelliet verby gaan kom. Ons het altyd gekyk wie hom die eerste kan sien.

Dit was die goeie ou dae daardie! Geen gejaag, geen TV, net rustig en ontspanne voor slaaptyd.

&………………&

Nou is dit jou beurt.

Kom kuier lekker saam op jou of my stoep.

Elke Donderdag plaas ek n nuwe tema of woord vir die week. Jy het die hele week om daaraan te dink en te skryf.

Noem asb my pos deur n skakel hierheen te koppel/stuur sodat ander ook kan deelneem en lees.

Daar is verder nie baie reels nie.

Ons skryf in Afrikaans want dis lekker!

Plak jou skakel in by my kommentaar (ek sien niemand gebruik inlinks nie

so ek los dit die keer!)

Ek sal beslis daarvan hou om jou ondervindings te lees.

Volgende Tema is : WERK/BEROEP


33 responses to “Toeka-Tokkel 8: Stoepstories…”

  1. Hoekom ek aan blog-uitdagings deelneem | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] die uitdaging dan daar is, wanneer ek ‘n bietjie buite die boks moet dink. Scrapydo se Toeka Tokkel reeks is ‘n voorbeeld hiervan. In die proses, glo ek, groei […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Lekker man. Baie dankie

      Like

  2. ‘n Bus, Mercy en ‘n aandrok | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] se toeka-tokkel: stoepstories.  Net die stoep het gekort toe Riana – ‘n lektrise by die FCCE (Federation for cross cultural […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie ek waardeer dit

      Like

  3. ‘n Toilet met ‘n uitsig | Dis Ekke Avatar

    […] storie is geskryf na aanleiding van Scrapydotwo se Toeka Tokkel 8 – Stoepstories uitdaging. Ek het nou nie juis eerstehandse ondervinding van stoepe en hulle stories nie, maar toe […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie vir deelname dis te lekker om jou hier te he

      Like

  4. Toeka tokkels my poging op stoepstories. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] was nog nooit stoepsitters nie. Maar nou ja, begin nou agterkom dat die stoep ‘n gesellige kuierplek kan wees. Saterdag het Homer, oom Ridder en ek reeds op die stoep gesit en kuier. Hy het stories […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie vir jou deelname!

      Like

  5. netjane Avatar
    netjane

    Ek het terug hierna geskakel, maar sien nie die “pingback” nie.

    https://netjane.wordpress.com/2015/02/17/7-jaar-en-stoepe/

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dit het gepieng moenie bekommer nie. Hoe kan n mens jou blog volg? Daar is nie n follow by email nie

      Like

  6. […] lui, dat ek baie bly was oor Scrapydo se Toeka-Tokkel onderwerp – Stoepstories. Want, hey presto, ek het 7 jaar terug, amper tot op die dag toe, […]

    Like

  7. Toeka Tokkel 8: Balkon is ‘n stoep in die lug | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy se onderwerp van die week is Stoepstories. […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie vir deelname, ek waardeer dit baie. 😀

      Like

  8. Toorts se Toeka Tokkel: Stoepstories | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] hierdie skrywe probeer ek twee vlieë met een klap raakslaan. Die eerste is Scrapydo met haar opdrag: Stoepstories.  Gaan loer gerus by haar en skryf sommer jou […]

    Like

  9. Toortsie Avatar

    Ek hou baie van jou aanhaling van André Brink. Ons MOET die goed neerskryf. My skoonpa het die wonderlikste stories gehad, en dis nooit neergeskryf nie.
    Ek kan julle daar sien sit op die stoep. Dit voel soos by my skoonouers… jare gelede… in die Klein Karoo.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ja, dis baie belangrik om stelselmatig die dinge neer te skryf. Daar is so min tyd om te sit en kuier en terug te dink. Vandat ek 3 jaar terug begin het om deel te neem aan ons bib se ‘It’s write Easy’ het ek al n hele versameling van herinneringe opgeteken. Dit gaan nie oor hoe taal korrek jy skryf nie dit gaan oor jou herinneringe van jare wat verby is. Het dit in twee dele verdeel Suid Afrikaanse herinneringe en dan NZ wat natuurlik vandag se ondervindings is.

      Like

  10. Toortsie Avatar

    O, nou weet ek… 😉

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Wat weet jy? 😀

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Wat om te skryf. 🙂

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ooo toe tiekel die omgewing en leeswerk jou brein! Lekker man

          Liked by 1 person

  11. Xena Phoenix Avatar

    Ek wonder altyd hoe Veldsman, Genis en Mieta hulle lewe gemaak het? Hulle het hulle lewe op daardie stoep om geskinner.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ja dis nogal n vraag. Mieta het in die winkeltjie gewerk waar niemand iets gekoop het nie. Veldsman het maar altyd daar gesit, sy inkomste het seker maar as n erfporsie in sy skoot beland.

      Like

  12. Kameel Avatar
    Kameel

    En as ons nooit ‘n stoep gehad het nie? Alyd gewens vir ‘n huis met ‘n stoep regom!!!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Geen probleem. Die storie alleen sal ook werk. Dit was vir my ook een van die lekker dinge, die ou plaashuise met n stoep rondom die huis.

      Like

  13. Spokie sny spoor Avatar

    Mensig, lyk my daar is al 7 wat saamskryf. Hierdie keer sal ek weer moet hard dink om diere-en-stoep saam te bring. Gelukkig is daar genoeg tyd om te dink …

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek is heel opgewonde oor die skrywery. Hoe meer mense deelneem hoe lekkerder is dit. Soos ek vir Kameel se die “storie” op sy eie kan ook werk.

      Like

    2. Xena Phoenix Avatar

      Diere kyk van ‘n stoep af is altyd belowend.

      Liked by 1 person

      1. scrapydotwo Avatar
        scrapydotwo

        Dit hang af of dit twee bene het of vier! Of hoe se ek nou?

        Like

        1. Xena Phoenix Avatar

          Wel . . . Twee bene kan ook werk, mits hulle nie soos diere optree nie.

          Like

          1. scrapydotwo Avatar
            scrapydotwo

            Stem volkome saam, diere wat soos mense optree kan nog gaan maar mense wat soos diere optree, aikona!(Ek gaan nou slaap dis al na 10 in die aand hier. Geniet jou dag verder)

            Like

  14. nowathome Avatar

    Hier kan interessante stories uitkom!!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek hoop regtig so. Dis n wye onderwerp!

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.