TOEKA-TOKKEL 9 : Werk/beroep


Welkom weereens by ons volgende TOEKA-TOKKEL. So vlieg die weke verby.

Dit is baie maklik om deel te neem.

1.  Neem jou pen op en skryf wat in jou opkom oor die onderwerp(Eintlik: sit voor jou skryfapparaat en begin tik!)

2.  Dit is n Afrikaanse pos. Geniet jou Afrikaans.

3.  Verwys na Toeka-Tokkel in jou skrywe deur n skakel hierheen te plaas.

4.  Plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander lesers  by jou kan uitkom om te lees wat jy skrywe.

5.  GENIET DIT.

Baie dankie weereens aan besonderse deelnemers. Elkeen is n spesialis op sy/haar eie. Kyk gerus wat almal skryf oor hul stoepe/stories

1.  Olga wat op stoep sit en vertel van …. lees self…  https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/02/17/toeka-tokkels-my-poging-op-stoepstories/ https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/02/17/toeka-tokkels-my-poging-op-stoepstories/

2.  Toorts met haar weghol donkies… https://toortsie.wordpress.com/2015/02/17/toorts-se-toeka-tokkel-stoepstories/ https://toortsie.wordpress.com/2015/02/17/toorts-se-toeka-tokkel-stoepstories/

3.  Herriemerrie met haar balkonstoep…https://herriemerrie.wordpress.com/2015/02/17/toeka-tokkel-8-balkon-is-n-stoep-in-die-lug/

4.  Kameel met n werklik menslike vertelling… https://toortsie.wordpress.com/2015/02/18/n-bus-mercy-en-n-aandrok/ https://toortsie.wordpress.com/2015/02/18/n-bus-mercy-en-n-aandrok/

5.  Dis ekke met n see-uitsig… https://hesterleynel.wordpress.com/2015/02/18/n-toilet-met-n-uitsig/

6.  Net Jane krul haarself op op die vensterbank…  https://netjane.wordpress.com/2015/02/17/7-jaar-en-stoepe/

https://netjane.wordpress.com/2015/02/17/7-jaar-en-stoepe/

My deel oor                                      WERK/BEROEP 

klink as volg:

M S B Kritzinger et al, Verklarende Afrikaanse Woordeboek Tweede oplaag 1961

(My woordeboek wat ek gebruik. Ek hoop dis nog geldig!)

WERK:arbeid ,taak; daad; inspanning, moeite; wat voortgebring is, produk, geskrif

besig wees, iets verrig, tot stand bring

BEROEP: inroeping van hulp; aanbieding van n predikantwaardigheid; maatskaplike werkkring, ambag; broodwinning….

Sjoe dis n mond vol om werk en beroep te beskryf.

Dit is vir my ekstra harde werk om stil te sit voor die rekenaar en te skryf. Dit neem my maklik n hele oggend of middag self n dag om net een stukkie voor te berei. Ek gebruik maklik 5 ure om klaar te maak, n hele dag se werk!

Werk, is iets wat almal doen. Maak nie saak hoe hard of hoeveel  tyd dit verg nie. Werk, vra altyd aandag en ook passie om dit te verrig. Ek was soort van my lewe lank n werkende mens. Hetsy in my amptelike beroep of net by die huis as moeder en huisvrou. Dan natuurlik as tuinier en bakster, taxi(huurmotor) bestuurder…. Die lys gaan aan en aan.

My pa was n gekwalifiseerde ketelmaker. Hy kon die fynste tekenwerk en beplanning doen. Hy en my oupa het n eie besigheid gehad.  Dit het goed gegaan met hulle tot die tweede wereld oorlog n einde daaraan gemaak het. My ouers het na Suid Afrika ge-emigreer. Aangekom, mos my pa hoor dat hy nie erkenning kry vir sy opleiding en ondervinding nie omdat hy nie Engels vaardig was nie. Wat n teleurstelling vir hom. Hy het vir 25 jaar as passer en draaier by Yskor gewerk, wat hy gehaat het. Hy het egter vol gehou, aangehou en uitgehou om sy pensioen op te bou.

Hy was egter n gefrustreerde mens gewees tot op die einde. Hy het bv ook ons eie huisplan geteken en ontwerp. Ons het self die bouwerk gedoen.(drie meisiekinders het naweke hard gewerk aan sement aanmaak, bakstene aangee, gate grawe. Noem dit en ons het dit gedoen. Het my ma vergeet sy het ook hard gewerk elke naweek)

Ek kan van myself ook getuig dat, om skool te hou nooit regtig my eerste liefde was nie. Die geluk by die ongeluk was dat ek voluit meer as 35 jaar diens gehad het toe ek opgehou het. Ek het maar met n gekners van tande en party dae baie gefrustreerd gaan werk.  Deursetting en deurdruk is maar belangrik as dit by werk kom.

Vandag pluk ek die vrugte van n bestendige werk tydperk. Ek lewe nie baie “ruim” nie maar ek kan myself darem aan die lewe hou van maand tot maand.

Arbeid adel. Werk maak jou n beter en gelukkiger mens.

Geniet dit! Ek sien uit na jul werk/beroep geselsie.

Volgende Toeka-Tokkel 10: Geluk/ongeluk

 

 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

35 thoughts on “TOEKA-TOKKEL 9 : Werk/beroep”

    1. Ja jong, mens verstaan nie altyd hoekom ouers optree soos hul optree nie voordat hul nie meer daar is nie. Ek het die voorreg gehad om vir vier jaar na my opleiding uit die huis uit skool te hou. Dit was gedurende daardie tyd wat my oudste suster uit die huis gejaag is omdat sy wou trou. en daarna my jonger suster wat toe ook wou trou en dinge skeef geloop het. Dit raak ouers tog baie al wil kinders dit nie altyd so insien nie.

      Like

        1. Mens moet maar net soetjies in die verbygaan gesels. Daar is maar dinge waaroor hul nie graag praat nie. Noudat mens self kinders grootgemaak het besef n mens baie meer waaroor dinge gaan

          Like

  1. Interessant… mens het darem pa se ander kant ook gesien en onthou. As ek na die enigste mat kyk wat hy geknoop het kry ek so sagte gevoel Hy het altyd sy allebeste gegee en daar was nie ‘n ding wat hy nie kon regmaak nie.

    Like

    1. Hy het wraggies nie net een mat geknoop nie. Daar was n menigte wat hy gemaak het. Hy was beslis handig en ek is dankbaar dat hy n goeie voorbeeld was en gehelp wys het hoe dinge gedoen word. Ek het self maar altyd saam met hom in die motors se enjins gekrap en gedoen.

      Liked by 1 person

    1. Stem vir daardie flou werk en nou pret en plesier.(Nie dat dit heeltemaal so prettig gaan elke dag nie. Moet steeds huiswerkies dooen!)

      Liked by 1 person

      1. Het jy ‘n Nederlandse aksent?Ekskuus dat ek vra.My pa was ook ‘n Nederlander,maar ons het heeltemal Afrikaans groot geword.

        Like

        1. Nie regtig nie. Ek het aangeleer dmv skool. Soms gebruik ek woorde of die manier waarop ek sekere woorde uitspreek wat terugslaan. Meeste kom dit nie eers agter nie. My oudste suster is baie meer geneig tot Hollandse uitdrukkings. Sy was 10 en het dus nie n basis van taal gekry soos ek wat van graad een af begin het nie.

          Like

          1. Ek kan net die aksent namaak,maar ken gladnie die taal nie.Dis altyd baie pret as ons my pa se uitdrukkings gebruik!

            Like

            1. Ja, ouens kyk mens soms aan asof jy iets makeer! My ouers het natuurlik nog baie Hollanda as sulks gepraat. Hul het bietjie ver-afrikaans met tyd. Toe ek by my oom in Holland gekuier het kon hy nie verstaan wat “baie” is nie. Ons gebruik mos baie vreeslik baie!

              Liked by 1 person

              1. Oe,en sommige Afrikaanse woorde beteken vreeslike goed in Nederlands en vice versa!Die ergste een is seker “hondetelery” in Nederlands. 😆

                Like

  2. New Zealand het my aandag op jou gevestig.. Ek het die stukkie geniet en deel dit sommer met jou.
    There is a cave in New Zealand where they have literal glow-worms; the inside of the cave is lit up by thousands of these phosphorescent little creatures. They spend most of their lives as larvae. When they finally hatch and get their wings, they have no mouths, no way to feed – they only live for one singe day. They have one day to fly, explore career opportunities, attract a mate, get married, have children, and then they die.
    Praat van werk!!!

    Like

    1. Interessant, ek was juis met my seun se troue in daardie grot gewees. Dis n belewenis en ook n groot natuur wonder. Arme vliegies werk hul dood in een dag!

      Like

  3. In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien 🙂 Ai, dit was aan Adam gesê….. en ons vroue moes seker soos in die Victoriaanse tyd musiek maak, handwerkies doen ens 😯 Waar het dinge verkeerd geloop? Ek mag die pot heeltemal mis sit maar julle vroue uit Nederland kan sowaar hard werk. Ek het dit by my Hollandse vriendin gesien…. en dit het my heel verstom gelaat.

    Like

    1. Jong daardie hard werk is soms maar n kruis want jy is geleer om jou alles te gee en die werk te voltooi. My pa was altyd trots op sy vroue wat so hard saam gewerk het. Hy het beslis sy alles ingesit. Dis waarom ek geeindig het met Arbeids adel!

      Like

  4. Ja, ja, ja. Werk, werk , werk. Ek het nounet vir Toortsie vertel as ek eers afgetree het, sal jul elke dag van my hoor!
    Ek is een hele opdrag agter, Scrapydo, vra maar omverskoning. Maar geniet jou uitdagings en lees almal sin… Hou so voorts.

    Like

    1. Moenie komkommer nie! Maak steeds bymekaar en dan op ou end gee jy vir ons n lekker opsomming van n hele reeks wat jy gemaak het. Ek kan myself ook opwerk oor dinge wat ek vreeslik graag wil doen en dan voel ek skoon magteloos as ek niks uitrig nie.

      Like

  5. Ja werk of beroep? Dis interessant dat skoolhou ook nie my eerste liefde was nie, maar dit vir oor die 30 jaar gedoen het! Langenhoven se woorde: ‘jy moet jou swaarkry met lekkerkry klaarkry’.

    Like

    1. So draai die lewe sy draaie. Toentertyd was onderwys glo mos die beste vir n vrou. Dit het darem n bestendigheid gegee om aan te hou en uit te hou.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s