TOEKA-TOKKEL 10

GELUK/ONGELUK

Vandag gaan ek eers my storie vertel en dan die reels en bedankings doen.

+++

Geluk en ongeluk sny na beide kante. Geluk kan ongeluk veroorsaak net soos ongeluk geluk kan voortbring.

Gedurende my standerd sewe jaar was ek in n bus ongeluk.

Ons het pas in n nuwe skoolgebou ingetrek in Voortrekker Hoogte. Ek onthou dit goed omdat ons nog nie skooldrag gehad het nie. Ons het gewone klere gedra en ek het n prinseslyn wit rok met fyn rooi blommetjies aangehad.( enigste rok wat ek gehad het!)

Vroeg oggend het die skoolbus ons opgelaai. Die regte bestuurder van die bus was met verlof en ons het n nuwe bestuurder die oggend gehad. Bygese beide bestuurders was onderwysers gewees by die skool.

Ons stop was die eerste stop.Daar was meestal 7 kinders wat opgeklim het. Die bus se sitplekke was nie soos ons dit vandag ken nie. Dit was in een bank langs lengte van bus aan beide vensterkante . In die middel was daar ook twee lang banke waar mens dan rug aan rug gesit het. Seuns aan linkerkant as jy inklim en meisies aan regterkant. Omdat ons eerste inklim het ons die bus soort van van agteraf volgemaak.

Die bus het stadig weggetrek nadat almal ingeklim het. Ek onthou nog duidelik dat die bestuurder oor gebuig het na die onderkant van die stuurwiel terwyl hy na voor gekyk het waar hy ry. Die bus het regtig stadig beweeg volgens my herinneringe.

Stadig van teerpad afgery. Volgende oomblik het dit oor een van die klipmuurtjies gery wat aangedui het waar afvoerpyp onder pad deur loop.

Dit was soos in  “ slow motion”

Buswiel lig op om oor die muurtjie te gaan.

Die bus hel oor na regs.

Ons trek deur die lug.

Oor die leuning van middelste sitplek.

Dis net stof en geskraap van metaal oor die teerpad.

Almal land bo-op my!

Ek dink almal het ook geskreeu.

Alger het by die nooduitgang aan agterkant uitgeklim. Net ek kon nie rerig uitklim nie. Ek kon gladnie op my regterbeen trap nie.

Een van die seuns het my uitgesleep en langs die pad laat le. Iemand moes my opgelaai het en hospitaal toe gevat het. Ek kan nie die deel onthou vandat ek uit die bus is en hospitaal toe is nie.

Gelukkig was niks gebreek nie. My voet was net erg beseer met die dat almal bo-op hom beland het.

Ongelukkig het die dr nie gesien of agtergekom dat my onderste rugwerwel gekraak was nie. Ek het met die omrol agteroor oor die sitplekreeling getrek en my rug beseer.

Ek het na die ongeluk altyd rugpyn gehad. Gedurig is daar probeer om iets daaraan te doen. Ongelukkig het al die gedokter dit net erger gemaak totdat my rug geopereer is. Daar is twee plate en skroewe ingesit.

Gelukkig het die werwels nou vasgegroei en is my rugpyn opgelos. Ek moet steeds oplet wat ek doen maar die gedurige pyn is weg.

So het n ongeluk tog n gelukkige einde.

. . . . . . .                      . . . . . .              . . . . . . .

Welkom aan almal vir nog n week van Toeka-Tokkel.

Dit lyk vir my of WERK/BEROEP almal laat wegskram het van harde werk om iets te skryf.

Net een het n skrywe gedoen. Baie dankie Xena Phoenix vir jou bydrae. Jy staan eerste in die ry hoor.

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/02/25/toeka-tokkel-9-beroep/

Volgende maand se onderwerpe vir Maart  is

  1.  Operasie
  2.  Seisoene
  3.  Geloof/bygeloof
  4.  Boeke
  5.  Erfstukke

Dis baie maklik om deel te neem

1.  Ons skryf in Afrikaans en geniet dit.

2. Noem my pos Toeka-Tokkel of verwys daarna in jou pos.

3. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander skrywers ook kan lees wat jy alles vertel.

Lekker skryf en geniet jou week.

A haa, Kameel het ook haar stuk geskryf. Dankie baie
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/26/vanaf-die-poskantoor-tot-by-n-engelsman/

Nog n inskrywing:  Dankie Toorts
https://toortsie.wordpress.com/2015/02/27/toorts-se-toeka-tokkel-werkberoep/

 

Advertisement

16 responses to “Toeka Tokkel 10 : Geluk/Ongeluk”

  1. Toeka Tokkel: Geluk by die ongeluk | Herriemerrie Avatar

    […] se voorwerp van die week is Geluk/Ongeluk.  Nou nie juis die maklikste iets om in ‘n inskrywing te beitel nie, maar nou ja, my bang […]

    Like

  2. Toorts se Toeka Tokkel: Geluk/Ongeluk – oor ONTBOSSING | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] opdrag van Scrapydo oor geluk/ongeluk.  Eintlik het Scrapydo gesê dat my bloginskrywing oor die gebou in Stellenbosch […]

    Like

  3. Toortsie Avatar

    Ek is so dankbaar hulle kon iets vir jou doen. En ja, een maal ‘n rug, altyd ‘n rug…

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dit is so. Gelukkig kan daar darem soort van verligting gebring word deur n operasie of selfs fisio

      Like

  4. Toortsie Avatar

    Ai tog, ek het goed/sleg in my kop gehad…

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dit sal ook werk vir geluk/ongeluk is mos ook maar goed/sleg…

      Like

  5. Kameel Avatar
    Kameel

    Dat jy tot onthou watse rok jy aangehad het!!! Moes ‘n nare ondervinding gewees het. Bly jy het oorleef om jou storie te kan vertel.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie jong dis maar met doel gewees. Die rok was my geliefkoosde rok( het hom nogal persent gekry! n Winkel rok. My ma het altyd ons klere self gemaak so dit was n besonderse een gewees)

      Like

  6. nowathome Avatar

    Dis glad nie ‘n lekker ondervinding nie!! Bly jou rug is nou beter ook!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek is ook bly dit was toe eintlik die oplossing na al die jare ae rugpyn. Dis al in 1998 gedoen en my rug hou nog steeds penne en skroewe en al.

      Like

  7. de Wets Wild Avatar

    Wat n storie Ineke! Ek is bly dit het darem n gelukkige einde gehad, dat jy ons self daarvan kon vertel!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Soms as party mense baie rof ry is ek steeds half benoud. Daardie tyd het hul ook maar nie juis vreeslike geriewe in Algemene Hospitaal in Pta gehad nie. My enkel is maar met n stywe verbad toegedraai en verder moes ek maar sien en kom klaar. Dis sulke dinge wat n mens se lewe die moeite werd maak! Dankie vir die lees en kommentaar, ek waardeer dit baie

      Liked by 1 person

  8. Spokie sny spoor Avatar
    Spokie sny spoor

    Jinne, srapydo, dit moes erg gewees het. Bly dit was toe nie te erg nie. Moet sê weke vlieg so vinnig verby, wens ek kon oor al die temas geskryf het, maar gaan dit hier vir my van oomblik tot oomblik.
    (Ai-jai, moet sê, ek geniet jou en Rondomtaliedraai se tergery met mekaar. Is besig om erg oor altwee jul susters te word.)

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ja wat, het lank ng nagmerries gehad oor die storie. Selfs nou nog is ek maar skrikkerig vir party busse. Jong ons twee is nou besig op ons oudag om mekaar te geniet. Lekker om so terug te dink en dan nog weer iets ekstra te onthou soos nou dat sy se dat sy ook op bus was? Ek moes dan eintlik in std 8 gewees het. Dus, ek was std 6 en 7 in Lyttleton en van std 8 af in Voortrekker Hoogte wat waar is want My groep was eerste std 8, 9 en 10. Onswas drie jaar “leiers” gewees

      Liked by 1 person

  9. rondomtaliedraai Avatar

    Grinnik … en daar vergeet jy kleinsus was ook by!

    Ek weet net dit was skielik pik-git-swart!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ooooo! Het al gewonder waar jy was. Hoekom was jy ook op die bus? Was jy nie nog in laerskool nie?

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: