Toeka-Tokkel 11: Operasie


Welkom weereens by Toeka-Tokkel. Dis te lekker om Afrikaans te skryf en te lees.

Kom mense deel in die plesier en vertel ietsie oor OPERASIE. AS jy die woord sien of hoor, waaraan dink jy? Enige vertelling is goed genoeg vir my pos. Jy moet dit net doen.

Dis baie maklik:

Donderdae verander ek die onderwerp en bly oop vir vertellings tot volgende Donderdag wanneer ek die volgende onderwerp gee.

Noem my pos Toeka-Tokkel en verbind my met jou pos deur my skakel in te pos.

Laat my ook asb weet dat jy geskryf het deur jou skakel in my kommentaar te plak.

Ek is seker daar is ander mense sowel as ek wat belangstel om te lees wat jy vertel.

Verlede week se GELUK/ONGELUK het op die oomblik net twee deelnemers opgelewer

Toorts vertel oor hoe gelukkig hul is om die ontbossing te kan gebruik vir voeding in grond. Ongelukkig is dit n groot “operasie” om dit te doen. Lees gerus wat sy se:
https://toortsie.wordpress.com/2015/03/03/toorts-se-toeka-tokkel-gelukongeluk-oor-ontbossing/

Dan ook  Herriemerrie wat die ongeluk gebruik van n gelukkige ontdekking. Hier is hare:
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/03/05/toeka-tokkel-geluk-by-die-ongeluk/

Hierdie week is dit      OPERASIE       se beurt.

OPERASIE GROOT TREK

Ek kan operasies wat in n hospitaal of deur n dokter uitgevoer word beskryf maar ek het nie lus vir die ou grillerige operasie stories van my nie.

Kinkel in die kabel – my operasie was die Groot Trek.

Amper drie jaar voordat ek rerig opgepak het om te vertrek, het die besluit al begin vorm aanneem om maar by my seun aan te sluit in New Zealand.

Omstandighede rondom my woonplek was nie juis die ideale nie. As vrou alleen was ek nie altyd seker of ek heelhuids in of uit kon beweeg nie.

My seun het al bly karring aan my om maar oor te kom hierheen. Ek het  in 2006 gaan kuier om die kat uit die boom te kyk. My ma was in die Versorgingsoord op Naboom.Toe ek  terug is het ek my suster se huis vir 6 maande opgepas. Toe wou ek maar Naboom toe trek om naby moeder en ook suster te wees. Ek het my tuinhuis in die mark gesit. My ma is toe in tussentyd oorlede. Daar is toe n koper wat n aanbod gemaak het. Ek wou kanselleer maar hy wou nie omdat hy die plek goedkoop kon kry.

Toe begin die trekkery regtig.

Ek moes holder-ste-bolder n ander blyplek huur.

Dit het my twee jaar geneem om alles agtermekaar te kry vir  Operasie Groot Trek.

Ek moes alles self doen.

Trek reel.

Inpak reel.

Paspoort, visum , vliegkaartjie.

Voor die trek rerig gepak kon word moes ek ontslae raak van alle oortollige goed. Besluite, besluite, besluite.

Regtig, ek meen letterlik alles want, dit het te duur gekos om meubels, kar en wat ook al oor te stuur.

Alles is weggegee of verkoop teen minimum prys. Ek het net n klompie boeke,fotoalbums en dan van my klere ingepak. Daar is darem n paar waardevolle kleinerige familie goedjies saam.

Mens kan nie glo dat so n paar kartondose soveel spasie inneem nie. Ek het die kleinste krat gekry om in te pak vir die goedkoopste prys.

Na die vervoer mense my “belangrikste besittings” ingepak het,het ek net met my tas met klere, buite die huur woonstel gestaan. Toe het ek ook nie eers meer n  bed om in te slaap of n dak bo my kop en ook nie n voertuig meer nie!

Gelukkig het ek goeie, liewe vriende . Die een het my vir twee weke voor my vertrek by haar in haar gastehuis laat bly. Sy het my aangery en versorg soos n regte moeder.

Kleinsus het my  Pretoria toe gevat. (fluister: sy het saam met my gegaan en die eerste maand hier in NZ gekuier) My oudste suster se dogter en haar familie het ons Oliver Tambo toe gevat.

Dit was die einde van Operasie Groot Trek.

Ek hoop om iets van jul OPERASIES te hoor. Lekker skryf.

Volgende onderwerp is :no 12   Seisoene

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Toeka-Tokkel 11: Operasie”

  1. Om van een plaas na ‘n ander te trek is alreeds ‘n GROOT OPERASIE, maar om van een land na ‘n ander te trek… ek weet nie hoe groot mens die operasie kan noem nie!
    Iewers mis ek iets. Ek dink nie WordPress het vir my gesê jy het van my gepraat nie.
    … maar wat ek ook kan sê… ouma se skoene koop is ‘n operasie van sy eie…

    Like

    1. Sal dit goed glo. Hul het n idee van hul eie en jy sal hul nie anders oortuig nie. Tog is dit wel lekker om ietsie vir hul te doen al is dit n groot operasie

      Like

  2. Ek haal my hoed vir jou af Scrapydo; om vroualleen hierdie groot besluite te moes neem en tot uitvoer te bring…. en dan nog in ‘n onbekende land nuut te begin!!! Dit is nie vir sissies nie.

    Like

    1. Ek kan self dit party dae nie glo nie. Is asof ek gaan wakker word by “die huis”. Neem dit maar een dag op n slag
      Sterkte met operasie! 😀

      Like

  3. Sal netnou jou blog lees.
    Ongelukkig is my LAPTOP siek…. moet gaan vir operasie, en ek weet nie hoe lank die herstelperiode gaan wees nie. Gelukkig is my selfoon nog blakend gesond en verloor ek nie heeltemal kontak met blogland nie. Ongelukkig sien ek nie kans om ‘n hele blog op hom te tik nie, dus gelukkig vir julle is my mond vir ‘n ruk gesnoer. Dit dan is my bydrae tot hierdie twee weke se “take” 🙂

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s