Welkom weereens by Toeka-Tokkel. Dis te lekker om Afrikaans te skryf en te lees.

Kom mense deel in die plesier en vertel ietsie oor OPERASIE. AS jy die woord sien of hoor, waaraan dink jy? Enige vertelling is goed genoeg vir my pos. Jy moet dit net doen.

Dis baie maklik:

Donderdae verander ek die onderwerp en bly oop vir vertellings tot volgende Donderdag wanneer ek die volgende onderwerp gee.

Noem my pos Toeka-Tokkel en verbind my met jou pos deur my skakel in te pos.

Laat my ook asb weet dat jy geskryf het deur jou skakel in my kommentaar te plak.

Ek is seker daar is ander mense sowel as ek wat belangstel om te lees wat jy vertel.

Verlede week se GELUK/ONGELUK het op die oomblik net twee deelnemers opgelewer

Toorts vertel oor hoe gelukkig hul is om die ontbossing te kan gebruik vir voeding in grond. Ongelukkig is dit n groot “operasie” om dit te doen. Lees gerus wat sy se:
https://toortsie.wordpress.com/2015/03/03/toorts-se-toeka-tokkel-gelukongeluk-oor-ontbossing/

Dan ook  Herriemerrie wat die ongeluk gebruik van n gelukkige ontdekking. Hier is hare:

Toeka Tokkel: Geluk by die ongeluk

Hierdie week is dit      OPERASIE       se beurt.

OPERASIE GROOT TREK

Ek kan operasies wat in n hospitaal of deur n dokter uitgevoer word beskryf maar ek het nie lus vir die ou grillerige operasie stories van my nie.

Kinkel in die kabel – my operasie was die Groot Trek.

Amper drie jaar voordat ek rerig opgepak het om te vertrek, het die besluit al begin vorm aanneem om maar by my seun aan te sluit in New Zealand.

Omstandighede rondom my woonplek was nie juis die ideale nie. As vrou alleen was ek nie altyd seker of ek heelhuids in of uit kon beweeg nie.

My seun het al bly karring aan my om maar oor te kom hierheen. Ek het  in 2006 gaan kuier om die kat uit die boom te kyk. My ma was in die Versorgingsoord op Naboom.Toe ek  terug is het ek my suster se huis vir 6 maande opgepas. Toe wou ek maar Naboom toe trek om naby moeder en ook suster te wees. Ek het my tuinhuis in die mark gesit. My ma is toe in tussentyd oorlede. Daar is toe n koper wat n aanbod gemaak het. Ek wou kanselleer maar hy wou nie omdat hy die plek goedkoop kon kry.

Toe begin die trekkery regtig.

Ek moes holder-ste-bolder n ander blyplek huur.

Dit het my twee jaar geneem om alles agtermekaar te kry vir  Operasie Groot Trek.

Ek moes alles self doen.

Trek reel.

Inpak reel.

Paspoort, visum , vliegkaartjie.

Voor die trek rerig gepak kon word moes ek ontslae raak van alle oortollige goed. Besluite, besluite, besluite.

Regtig, ek meen letterlik alles want, dit het te duur gekos om meubels, kar en wat ook al oor te stuur.

Alles is weggegee of verkoop teen minimum prys. Ek het net n klompie boeke,fotoalbums en dan van my klere ingepak. Daar is darem n paar waardevolle kleinerige familie goedjies saam.

Mens kan nie glo dat so n paar kartondose soveel spasie inneem nie. Ek het die kleinste krat gekry om in te pak vir die goedkoopste prys.

Na die vervoer mense my “belangrikste besittings” ingepak het,het ek net met my tas met klere, buite die huur woonstel gestaan. Toe het ek ook nie eers meer n  bed om in te slaap of n dak bo my kop en ook nie n voertuig meer nie!

Gelukkig het ek goeie, liewe vriende . Die een het my vir twee weke voor my vertrek by haar in haar gastehuis laat bly. Sy het my aangery en versorg soos n regte moeder.

Kleinsus het my  Pretoria toe gevat. (fluister: sy het saam met my gegaan en die eerste maand hier in NZ gekuier) My oudste suster se dogter en haar familie het ons Oliver Tambo toe gevat.

Dit was die einde van Operasie Groot Trek.

Ek hoop om iets van jul OPERASIES te hoor. Lekker skryf.

Volgende onderwerp is :no 12   Seisoene


22 responses to “Toeka-Tokkel 11: Operasie”

  1. Operasie Skoene Koop | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] skryf oor skoene en Scapydo oor operasie. […]

    Like

  2. Hospitaaldinge | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Operasie […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie, sal bietjie oor hop en kyk wat jy geskryf het

      Like

  3. Oor sake van die hart | Dis Ekke Avatar

    […] As jy die woord OPERASIE sien of hoor, waaraan dink jy? vra Scrapydo. […]

    Like

  4. Toortsie se Toeka Tokkel: Operasie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo vra: Wat maak jy met die woord, “operasie”? […]

    Like

  5. Toortsie Avatar

    Om van een plaas na ‘n ander te trek is alreeds ‘n GROOT OPERASIE, maar om van een land na ‘n ander te trek… ek weet nie hoe groot mens die operasie kan noem nie!
    Iewers mis ek iets. Ek dink nie WordPress het vir my gesê jy het van my gepraat nie.
    … maar wat ek ook kan sê… ouma se skoene koop is ‘n operasie van sy eie…

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Sal dit goed glo. Hul het n idee van hul eie en jy sal hul nie anders oortuig nie. Tog is dit wel lekker om ietsie vir hul te doen al is dit n groot operasie

      Like

  6. Toeka Tokkel: Operasie Herriemerrie | Herriemerrie Avatar

    […] wil die week van operasies weet.  Maklik.  Ek het een operasie in my lewe gehad.  Ek was die oggend ingeboek en die middag […]

    Like

  7. rondomtaliedraai Avatar

    Dit was ‘n lekker nuwe begin

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Lekker ou dae!

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Dis darem nie so lank gelede

        Liked by 1 person

  8. Spokie sny spoor Avatar
    Spokie sny spoor

    Wat ‘n storie!! en ‘n half.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dit was beslis n groot operasie

      Like

  9. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek haal my hoed vir jou af Scrapydo; om vroualleen hierdie groot besluite te moes neem en tot uitvoer te bring…. en dan nog in ‘n onbekende land nuut te begin!!! Dit is nie vir sissies nie.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek kan self dit party dae nie glo nie. Is asof ek gaan wakker word by “die huis”. Neem dit maar een dag op n slag
      Sterkte met operasie! 😀

      Like

  10. Xena Phoenix Avatar

    Eish! Ek is hopeloos te sentimenteel om ooit oorsee te kan trek. My goed is my goed en ek doen moeilik afstand daarvan.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek was ook tot op n stadiummaar die nood laat mens vreemde dinge doen

      Like

  11. nowathome Avatar

    Dit is omtrent ‘n operasie om als reg te kry vir so ‘n groot trekkery!

    Liked by 1 person

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      He he, en hoe. Daar is telkens weer goed wat voorval wat die afhandeling vertraag.

      Like

  12. Kameel Avatar
    Kameel

    Sal netnou jou blog lees.
    Ongelukkig is my LAPTOP siek…. moet gaan vir operasie, en ek weet nie hoe lank die herstelperiode gaan wees nie. Gelukkig is my selfoon nog blakend gesond en verloor ek nie heeltemal kontak met blogland nie. Ongelukkig sien ek nie kans om ‘n hele blog op hom te tik nie, dus gelukkig vir julle is my mond vir ‘n ruk gesnoer. Dit dan is my bydrae tot hierdie twee weke se “take” 🙂

    Liked by 1 person

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ja jong so n operasi is ook maar n gedoente. Mens kom agter hoe handig so n laptop is as hy nie werk nie.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.