Vier Seisoene Kind

Laurika Rauch

Inleiding

Sy roep my in die rigting van haar hart.
Waar die wintervure brand.
En die nagte, vir die somer lê en wag.
Sy giet haar trane in die see.
Sy stuur haar woorde met die wind.
Na die strande, van lankvergete smart.

Vier seisoene kind met die winter in jou oë.
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm.
Kyk jou oseaan is kalm.

Vier seisoene kind, vier seisoene kind.
Stuur my nog ‘n poskaart met die wind.

Sy maak vir my ‘n painting van die herfs.
As die Akkerbome rus.
En die wolke soos vlamme oor ons waai.
Sy gee vir my ‘n soet September geur.
As die Boland lê en bloei.
Met die somer wat klop hier aan my deur.

Vier seisoene kind met die winter in jou oë.
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm.
Kyk jou oseaan is kalm.

Vier seisoene kind, vier seisoene kind.
Stuur my nog ‘n poskaart met die wind.

Instrumenteel

Vier seisoene kind met die winter in jou oë.
Waar het ek jou verloor?
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm.
Kyk jou oseaan is kalm.

Vier seisoene kind, vier seisoene kind.
Stuur my nog ‘n poskaart met die wind.

Stuur my nog ‘n poskaart met die wind.
Stuur my nog ‘n poskaart met die wind.

Meer Lirieke http://www.liriekfabriek.co.za/atotz/laurika_rauch/vier_seisoene_kind.html#ixzz3U8BDbIbP
Follow us: @Afr_Lirieke on Twitter | AfrLirieke on Facebook

 SEISOENE

Soos ek vroeër genoem het

My geskryfde stuk is uitgewis

nie net weg uit my rekenaar maar ook

weg uit my kop!

&&&

Om deel te neem aan Toeka-Tokkel is baie maklik:

Dis Afrikaans

Dis lekker

Dis goed vir die brein om te werk.

Elke week Donderdag gee ek ‘n onderwerp waaroor jy enigeiets kan skryf.

1.  Verwys na my pos Toeka-Tokkel, gee n verbinding sodat almal hierheen kan kom om uit te vind en deelte neem aan Toeka-Tokkel

2.  Plak jou skakel in my kommentaar sodat ek en ander lesers ook kan lees wat jy sê.

Volgende week se woord is   GELOOF/ONGELOOF

Die volgende persone het hul stukkies geskryf en hier geplak. Gaan lees gerus as jy nog nie dit gedoen het nie.

Baie dankie aan die volgende ouens:

Herriemerrie was eerste met geen werklike operasie nie maar,,,,,,,

Toeka Tokkel: Operasie Herriemerrie

Toorts met piekelaar tot operasie ouma se skoene

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/10/toortsie-se-toeka-tokkel-operasie/

Die volgende skakel is so deurmekaar soos Dis ekke se hartklop…( Hierdie een is ook herstel)

Oor sake van die hart

Kameel se skakel is ook bietjie deurmekaar sy skryf oor die ou Moedersbond en dis nou n ander storie…(skakel is reggestel)

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/10/hospitaaldinge/

Weereens baie dankie julle, ek wardeer jul deelname baie. Dit wys daar word darem gedink en geskryf.

Ek hoop net die pos draai uit soos ek dit beplan het.


19 responses to “Toeka-Tokkel 12 : Seisoene”

  1. Seisoene. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] wil ook oor die seisoene skinder, al het Scrapy my nie genooi nie. Sy is maar bang ek gaan […]

    Like

  2. Toorts se Toeka Tokkel: Seisoene | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo sê ons moet oor seisoene skryf. Kameel skryf so mooi oor die seisoene van die lewe en dat die winter so moeilik is. “Seisoene” is deesdae ‘n “buzz”-woord wat ‘n mens orals hoor. […]

    Like

  3. Toeka Tokkel: Seisoene | Herriemerrie Avatar

    […] se uitdaging van die week is Seisoene.  Ek het nie eintlik veel te sê oor seisoene nie.  Ek meen:  dit kom, dit gaan en dit is die […]

    Like

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Sjoe maar hier gebeur vreemde dinge lyk dit my

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Jy jong “never a dull moment”

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Jip hier gaan dit ook so!

        Liked by 1 person

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Wow, maar jy vat nie nonsies ne nê! Baie dankie sal netnou dit gaan lees.

      Like

  5. Winterseisoen van die lewe | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Seisoene […]

    Like

  6. Spokie sny spoor Avatar
    Spokie sny spoor

    Laurika en die gedig se woorde is pragtig.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ja een van my gewilde sangeresse.

      Liked by 1 person

  7. nowathome Avatar

    Ek hou so baie van Laurika se stem! Ek was by een van haar eerste konserte, nogal saam met Anton Goosen!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek is ook mal oor haar. Ek het n konsert van haar saam met Lucas Maree gesien. Lucas was n fantastiese persoon om te sien en hoor. Laurika het haar liedjie “Blou” gesing en opgehou en vir mense gevra om op te hou met in en uit loop, sy kan nie gevoel skep as hul so praat ook nie. Ek dink dis baie ongeskik v mense gewees in elke geval dit was in Pietersburg. Hul is niks gewoond nie!

      Like

  8. Kameel Avatar
    Kameel

    Gedog dit is net ek en my nuwe windows wat so sukkel. Ek is jammer oor jou inskrywing wat weg is, maar konnie help om te glimlag dat jy hom in jou kop ook verloor het nie.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ha ha, ek sê mos die “ou” brein kry sulke terugvalle. Soms kom die dinge darem weer terug ook.

      Like

  9. scrapydotwo Avatar
    scrapydotwo

    He he, dalk is dit ek wat dit insluk aan hierdie kant!

    Like

  10. Toortsie Avatar

    Genade! Klink my die wind waai in blogland…

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Lyk my die skakels wat ek geplaas het is ook deurmekaar want alger kom by jou uit as ek kliek op hulle!

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Ek het jou bloginskrywing getoor! 🙂 Lyk my myne ook!

        Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.