Hier gaan ons met die volgende Toeka-Tokkel. Ek kannie glo dis gelukkige no 13. Of moes ek die no liewers oorgeslaan het?
Toeka-Tokkel is n lekker gemaklik -passende Afrikaanse blog. Elke Donderdag gee ek so n woord of twee om die gedagtes aan die gang te sit.
3 kort reëls is:
1. Skryf Afrikaans en geniet dit.
2. Noem my blog en gee n skakel hierheen sodat ander kan sien en lees waaroor dit gaan.
3. Plak jou skakel in my kommentaar sodat ek en ander ouens ook kan lees en geniert wat jy vertel.
Baie dankie aan vorige Toeka-Tokkel deelnemers. As dit nie vir julle was sou dit maar n dooie storie gewees het.
Jul is almal sterre op jul eie gebiede.
Kameel was heel eerste met n pragtige stukkie oor winter van lewe en aanhaling uit Prediker 12
https://toortsie.wordpress.com/2015/03/12/winterseisoen-van-die-lewe/
Herriemerrie gee interessant seisoene beskrywing hoe n mense- seisoen- jaar verloop
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/03/17/toeka-tokkel-seisoene/
Toorts met die wind wat haar “skoon” waai dan kan sy weer voortgaan …
https://toortsie.wordpress.com/2015/03/17/toorts-se-toeka-tokkel-seisoene/
Olga het ook deelgeneem. Sy praat oor haar seisoene kinders…
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/03/18/seisoene/
Nogmaals baie dankie vir deelname.
Hier is my deel oor:
GELOOF/BYGELOOF
Hierdie keer het ek dit eers in n lêer gebêre voor dit weer verdwyn.
Vriendelike versoek:
Geloof is n sensitiewe onderwerp vir baie mense. Elkeen het die reg om sy mening te hê. Respekteer asb ander se gevoelens.
Geloof is volgens my mening, baie belangrik in n mens se lewe. As ek nie werklik geloof gehad het nie sou ek nie vandag gewees het waar ek nou is nie. Geloof en vertroue gaan hand aan hand.
Ek het nie in n christelike of kerklike huis groot geword nie. Ek het maar n eie aangeleerde geloof ontwikkel. Die tradisie wou dit so hê dat kinders MOET Sondgskool toe gaan en later aangeneem word. Selfs in die skool was daar godsdiensperiodes. Vroeër het mens maar geglo wat die skool en kerk jou vertel.
As volwassene kon mens joue eie idees oor geloof ontwikkel.
Vandag word daar nie meer klem gelê op geloof en godsdiens as sulks nie.
Vandag moet jy sterk staan in dit waarin jy glo. Dit is egter menslik om geloof te hê. Selfs die ongelowige glo dat daar iets is wat sterker is as menswees.
Op ligter noot.
Ek was nie te jonk meer toe ek getroud is en n jaar later is my enigste kind gebore.
My man bel my ma om te sê dis n seun. Jul sal my nie glo nie, my ma vra in ongeloof:”Is dit n tweeling? n Seun en n meisie?”
Ek moet net verduidelik: aan my kant van die familie is alles net meisiekinders. Geen seun om familienaam voort te plant nie. My man se kant is egter weer alles seuns!
Dis hoekom my man geglo het dis n seun en my ma in ongeloof moes seker maak of daar nie n meisie by is nie!
Glo jy ook dat die getal 13 en dan nogal op n Vrydag ongeluk inhou? Of glo jy dat as jy onder deur n leer loop iets met jou sal gebeur? Dit is nie geloof of ongeloof maar bygeloof.
Lekker skryf.
Toeka-Tokkel 14 : BOEKE