Toeka-Tokkel 14: BOEKE



Vandag of die week se TOEKA-TOKKEL gaan oor

BOEKE

www.diskontobooks.co.za

Boeke is steeds belangrik in my daaglikse lewe.

Aan die einde van die dag voor ek omdraai om te gaan  slaap lees  ek   ‘n Afrikaanse Gedagte vir die dag boek “e-pos van God”. Dit gee kort geskrewe boodskappe vir enkele vroue wat glo in God.

Dan sal ek ‘n hoofstuk of twee in my storieboek lees. Meestal raak ek sommer gou vaak.

My waardevollste boeke het ek saam  met my, van Suid-Afrika af, hierheen gebring.

In my boekrak is ‘n rak met boeke oor honde en hul gedrag. n Rak vir al my kreatiewe boeke soos fotoplakwerkboeke(scrap booking), kwiltwerk, kaartjies- maak, plante en ook ‘n paar resepteboeke.

Die beste rak, wat in my boekrak is, het al my spesiale Afrikaanse boeke. Hulle is van  godsdienstige, na kort verhale, kookboeke en doen dit self kunsboeke. Ek het ook ‘n hele versameling van kinderboeke wat ook in Afrikaans is. Boeke wat ek as kind nog  gelees het.

Dan natuurlik ook n paar woordeboeke. Daar is altyd woorde te spel of  te skryf  wat ek nie ken nie, of nie die Engelse woord van weet nie. Die Eng / AFR woordeboek is soos ‘n Bybel vir my. Dit dateer terug vanaf 1952 toe dit gedruk is. Oud maar nog lank nie koud nie. Dit was my man se boek. Sy naam in sy handskrif geskryf en gedateer 1956. Pragtige aandenking. Daar is nog selfs gedroogte blommetjies en blaartjies in wat hy gedroog het.

Nostalgies raak ek nou!

Nou ja, daars hy. Daar is baie oor boeke te sê. Vertel GROOT ASSEBLIEF, iets oor jou ondervinding van of met boeke.

Dit is baie maklik om deel te hê aan die skrywe hier.

1.  Elke Donderdag verander die onderwerp vir die week

2.  SKRYF AFRIKAANS en geniet dit

3.  Noem my Toeka- Tokkel en verwys na my blog sodat ander ouens ook kan deel hê.

4.  Plak jou skakel in my kommentaar sodat ander ook kan lees wat jy sê.

Die volgende ouens het weer lekker saam gekuier oor geloof/bygeloof

Kameel was eerste met bygeloof wie se nek omgedraai moet word:

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/24/draai-die-bygeloof-nekom/

Toorts met bygelowe waarmee mens grootword:

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/25/toorts-se-toeka-tokkel-oor-geloofbygeloof/

Herriemerrie   met die Stemmetjie en sien is glo:

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/03/25/toeka-tokkel-daardie-stemmetjie/

Olga het beslis n interessante beskrywing/ vertelling/bespreking wat jy beslis maar kan lees:

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/03/25/toeka-tokkel-geloofbygeloof/

Baie dankie aan julle almal ek waardeer jul ondersteuning baie!

Volgende TOEKA-TOKKEL  15 : ERFSTUK/KE

April 2015 TEMAS

  1. Inry-teater
  2. Diere
  3. Versamel/versameling
  4. Huis
Advertisement
, ,

30 responses to “Toeka-Tokkel 14: BOEKE”

  1. Hello Toeka-Tokkel!

    Ek wil graag deelneem aan die week se tema ‘Boeke’, maar is nuut hier en weet nie hoe om die link by jou te kry nie. Jammer, maar kan jy help?

    Lekker aand.

    Hanli (Kempen)

    Like

    • Hi Hanli, welkom by Toeka-Tokkel. Sal probeer om te verduidelik. As jy jou pos geskryf het kliek jy op jou pos sodat jou pos oopmaak met kommentaar by. Jou boonste spasie waar staan www.(jou blog naam) en ook die naam van jou pos. Kliek en highlight dit, kliek regs en copy jou link. Gaan na my pos en by kommentaar kliek regs en plak jou skakel in my kommentaar spasie. Ek doen dieselfde as ek iemand se adres of verwysing in my eie werk bysit. Highlight die boonste lyn(adreslyn) kliek regs copy en paste in jou eie skryfwerk.

      Liked by 1 person

    • Ja wat, plak maar n oue hier of maak n opsomming van alles! Klink te veel na werk vir my! Ek sit self met 3 jaar se skryfwerk wat ek sommer deurkyk en dan gebruik. Het hierdie oor boeke bv vir Eng skryfwerk gedoen, vertaler ingespan en net aanpassings gemaak want ooooo die sinskonstruksie is nie juis goed nie.

      Like

  2. Mense en hulle boeke!! Soos Spokie sê jy kan baie van ‘n persoon leer deur te kyk na die boeke wat hulle lees. Ek verwonder my altyd aan mense wat nie lief is vir lees nie…. hoe kan ‘n mens nie lees nie????? Daardie woordeboek met sy blommetjies is voorwaar spesiaal.

    Liked by 1 person

  3. Interessant dat mens se tipe boeke wat jy lees, selfs jou talente en gawes vertoon. Die gedroogte blommetjies en blaartjies is baie special! Geniet jou boeke.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: