Toeka-Tokkel 15: ERFSTUK/KE


Hier is ek weer met my Rooirok voor jou deur!  Dit is sowaar al April, waar vlieg die tyd heen.

Hierdie week se Toeka-Tokkel gaan oor

ERFSTUK/KE

Voordat ek my eie stuk skryf net die volgende:

1.   Die volgende weke se temas is :   16.  Inry-teater

                                                            17. Diere

                                                            18. Versamel/versameling

                                                             19. Huis

2.  Almal is welkom om deel te neem. Ons skryf hier lekker Afrikaans. Kuier oor en weer en geniet dit.

3.  Noem Toeka-Tokkel en gee n skakel of verbinding hierheen deur jou pos in my kommentaar te plak.Die sogenaamde piengbacks werk uitstekend.

Die volgende persone het weer lekker saam geskryf. n GROOT DANKIE aan jul almal. Sonder julle sal dit maar vervelig wees.

Toorts het lekker gekuier oor haar liefdesverhale en skooldae van lees

 https://toortsie.wordpress.com/2015/03/30/toorts-se-toeka-tokkel-oor-boeke/

Dis Ekke wat te vroeg gebore is en tog geniet om boeke te hê..

https://hesterleynel.wordpress.com/2015/03/30/ek-is-n-halfeeu-te-vroeg-gebore/

Kameel wat haar boeke verbrand. (En ek kry nie die verbrande skakel ingesit nie!)

https://toortsie.wordpress.com/2015/03/30/boeke-in-die-asdrom/

Herriemerrie wil/kan n boek skryf oor alles…

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/03/31/toeka-tokkel-skryf-n-boek/

Olga skryf oor hoe sy graag die boeke in bib sal wil regskuif…

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/04/01/toeka-tokkel-boeke/

Woeste woorde is nuut en sy het heelwat te vertelle oor haar boeke en liefde daarvoor

https://kempenhanli.wordpress.com/2015/03/26/boeke/

Daars hy, nou kan ek met my storie begin:

ERFSTUK/KE

Verklaring van erfstuk:

Iets kosbaars wat van generasie na generasie oorgedra of geërf word.

Ons het almal klein of groot geërfde items of stukke. Dit is meestal waardevol vir die persoon wat dit gekry het. Daar is ook meeste van die tyd n vertelling of verhaal aan verbonde.

As familie het ons nie baie “waardevolle” items geërf nie. Dit wat ons wel het het werklik spesiale waarde omdat dit familie erfstukke is.

Voordat my seun in 2005 Nieu Zeeland toe is het hy my ma, sy ouma, gaan groet. Voordat ons regtig gegroet het, het Ouma vir Boeta eenkant geroep en ingevat in die huis.

Sy het daardie dag n erfstuk aan hom gegee wat geslagte al in die familie is. Hy kon dit nie saam vat nie omdat hy net sy reistas met nodige klere in saamgevat het.

Ek het die erfstuk ingepak en saamgebring hierheen. Dit staan steeds in my huis. Op die oomblik geniet ek nog die erfstuk. As ek nie meer daar is nie gaan dit oor na Boeta toen dan weer na sy kinders.

Die erfstuk is n ou koper rookstel. My oupa, aan vaders kant, het dit vanaf Indonesië na Holland gebring voor die tweede wêreld oorlog.. My ouers/pa het dit saamgebring na Suid Afrika. Ek het dit gekry en saamgebring NZ toe. Dit gaan na my seun toe en die se nasate.

Ek het ook n koper etensklok, wat ook van Indonesië af gekom het, as erfstuk gekry.

Dan ook nog die volgende wat na aan my hart lê:

n Plakboek met fotos van my pa van baba tot voordat hy getroud is.

Die beste erfstuk egter is n Kamee wat van my moeder se kant af aangegee is. Ek is my ouma, van moederskant af, se naamgenoot, dis hoekom ek n paar waardevolle juweelstukkies van haar gekry het.

Ek hoop jy het ook n paar spesiale erfstukke om te beskryf of oor te vertel.

Volgende onderwerp is:

16. Inry-teater

Groete van huis tot huis.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

24 thoughts on “Toeka-Tokkel 15: ERFSTUK/KE”

    1. Dit is so. Ek het die goedjies reeds afgeneem n jaar of twee terug en kon dit nie weer kry nie. Moes toe maar weer afneem.Die terugdink is maar hartseer en ook vol verlange. Mis jou en jou ou huis saam met jou.

      Like

  1. Ons het wee jaar gelede verhuis na Hermanus en moes van baie goed ontslae raak. Toe ons nou die dag nabetragting hou oor die trekkery, kom ons agter dat die meeste van ons behoue meubels erfgoed is.

    Like

    1. Snaaks genoeg is dit tog maar die goed wat die belangrikste in n mens se lewe bly. Die waarde lê in die sentiment daarvan. Dis lekker om sulke dingetjies om jou te hê.

      Liked by 1 person

  2. Die eerste keer dat ek ‘n rookstel sien. Dit is nou mooi!! Ai tog ek en my prentjies. Hier sien ek jou nou heerlik uit jou kosbare rookstel sit en rook.

    Like

    1. Ha ha, gelukkig rook ek nie. Ek sien weer die ou mense toe hul nog jonk was. Ouens oorgenooi vir potjie kaartspel(dis wat my ouers gedoen het toe hul nog “jonk” was een keer per maand op n Vrydagaand) Die manne wat sigare rook en dames sigarette in daardie lang sigarethouers! Ooo nou kom die prentjie ook by my op. Geniet die lang naweek.

      Liked by 1 person

  3. Scrapy, vertel bietjie meer van die rookstel en hoe dit gebruik is? Skuus, maar ek is ‘n totale ignoramus waar dit by sulke goed kom.

    Like

    1. Man ja, dis te grênd die rookstel. Die groot ronde houer is vir sigare en die kleiner een vir sigarette. Daar is twee asbakkies en dan een waar mens die vuurhoutjie dosie in sit sodat hy half oop is om maklik n vuurhoutjie te kry en dan langs die kant te trek sodat hy n vlammetjie maak. Die sigaar en sigarethouers het deksels wat perfek pas sodat die geur nie ontsnap van die rookgoed nie.

      Liked by 1 person

    1. Selfde hier. Rookstel en klok het na my gekom omdat ek toe nou land uit is. Al die familie goedjies was by “klein sus” omdat Ouma by haar gebly het. Rookstel is toe vooraf aan my seun gegee en ek kon kies wat ek nog wou hê. Die rookstel en klok gaan eintlik saam dis hoekom ek dit gekies het.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s