INRY-TEATER
http://en.wikipedia.org/wiki/Drive-in_theater
+ + +
Die jaar 1962!
Ons gaan inry toe!
Ek was meestal die ou wat opgestook word om my Pa te vra of ons maar inry toe mag gaan die aand. Hy het meestal so 5 uur se kant van die werk af gekom. Moeg en gedaan. Vrydagaande het ons meestal kans gehad om hom te oortuig om ons inry toe te vat.
Eers, toe ons nog op Erasmia gebly het, moes ons Fonteine Inry toe gaan. Daardie begin dae was dit nog n klein skermpie met nie baie staanplek nie. Aangesien die inry so gewild was het daar meer en meer van hulle opgeskiet. Ons kry toe die pragtige Swartkops-inry-teater. Groot skerm, baie staanplek en op die koop toe n resiesbaan rondom, sodat jy lekker kon ry as jy ingaan en uitgaan.
Terug na die jaar 1962!
Wie onthou nog vir Jamie Uys? Wel, dit was tyd vir inry want “Lord oom Piet” het gewys op die groot skerm! Onthou jy nog die dae?
Ons het menige films daar gekyk. Al die Afrikaanse flieks. Tarzan flieks. Cowboys was my pa se geliefkooste prente en later al die James Bond met, mmmmm daardie aantreklike, smeulende Sean Connery as 007. Vandag se Bonds is geheel en al te lig in die broek.
Die inry, het ons as familie lekker laat ontspan op n Vrydagaand. Moet byvoeg dat ek lank as onder twaalf ingegaan het omdat ek die kortste van ons drie meisiekinders was en moes altyd my ekstra klein maak as ons ingaan.
Kom mense laat ons bietjie gesels oor die lekker inry-aandjies uit. Komberse en kussings voor die moter uitgesprei. Heerlike drink- en eetgoedjies, te lekker.
% % %
Die volgende persone het oor erfstukke geskryf. BAIE DANKIE vir jul skrywes en ondersteuning. Dit word werklik waardeer.
Marlize het baie van haar pa geërf wat lewenswaarde het…
http://marlizeventer.com/2015/04/02/om-te-kan-erf-toeka-tokkel-se-onderwerp-van-die-dag/
Kameel het n ou kas wat amper nie meer n kas was nadat dit verander is in n swaai….
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/08/die-oukas/
Toorts verduidelik hoe haar oupa grootjie perde beoordeel het met n verskanste meetstok en waterpas..
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/09/toorts-se-toeka-tokkel-oor-erfstukke/
Die volgende geld vir die uitdaging hier by TOEKA-TOKKEL
1. Ons skryf in Afrikaans. Ons geniet dit om saam te kuier.
2. Skryf ‘n stuk oor die onderwerp en noem Toeka-Tokkel as plek waar jy die uitdaging gekry het.
3. Plak jou pos se skakel in my kommentaar sodat ek en ander lesers jou pos kan besoek en sodoende kan lees wat jy geskryf het.
4. As jy nie wil of kan skryf nie mag jy gerus fotos gebruik om te vertel wat jy wil sê.
Ons volgende uitdaging gaan oor: 17 DIERE
LEKKER SKRYF!
19 responses to “Toeka- Tokkel 16: INRY-TEATER”
[…] en ander flieks gekom het. Ek hét een keer van my fliek-ervarings gekryf in opdrag van Scrapydo, gaan lees gerus […]
LikeLike
I miss the drive-inn. Sigh!
LikeLike
Me too! Good old days. 😀
LikeLike
[…] Scrapy, ek weet nie veel van Inry-teaters nie. Dink ek was al by een, maar dit is maar vaag. Al wat ek kan sê daaroor: […]
LikeLike
My taak is laat maar in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/15/lekker-ou-inrydae/
LikeLike
Nog nie laat nie! Baie dankie. Gaan gou eers kyk wat jy vertel
LikeLike
[…] Scrapydo se Toeka-Tokkel: Inry-teater. […]
LikeLike
[…] die dat Vodadom my weer gesnoep het met sein, het ek amper die een van Scrapy ook gemis. &^** %$$## %^ dom […]
LikeLike
[…] In opdrag van Scrapydo. […]
LikeLike
Ja ek kan ook onthou Ons het elke Tarzan gesien maar darem die ou musicals ook
LikeLike
Lekker ou dae 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek onthou hoe naar ek een aand was.
LikeLiked by 1 person
Onthou nie so nie!
LikeLiked by 1 person
Met Menlyn se dak-inry wat ook nou toegemaak het is daar nie meer een oor waarvan ek weet nie. Ons kon Joubert darem n paar keer soontoe vat en wegle aan roadhouse-kos, net soos my ouers met ons gedoen het jare terug in Johannesburg…
LikeLike
Dis regtig n tydperk wat besonders was toe hul nog voluit gewerk het. Hier het hul verlede jaar begin om weer n inry te bedryf slegs sekere tye en dan met ou flieks
LikeLiked by 1 person
Dis so hartseer dat inryteaters weg is..dit was ‘n kultuur op sy eie.
LikeLike
Is beslis n tydperk wat nie sommer weer sal gebeur in ons moderne dvds en fone met al hul moderne apparate
LikeLiked by 1 person
Ja! Ek onthou al die Cowboy flieks. “The good the bad and the ugly”, was ‘n wenner. En natuurlik 007. Dit was in elk geval al genieting wat ons as jongmense gehad het. Die Inry flieks. Later die inloop flieks.
Hier by ons het albei natuurlik toegemaak. DSTV en huur van DVD’s het oorgeneem en flieks laak kwyn.
LikeLike
Dit was darem lekker ou dae gewees. Hier is daar nie inry- teaters meer nie. Hul het wel weer begin om eenkeer n maand op n Saterdagaand oop te maak en van die ouer flieks te wys.(hoop jy gee ons hierdie keer ietsie oor diere!?)
LikeLiked by 1 person