Toeka-Tokkel 17 : Diere


Welkom by nog n Toeka-Tokkel aflewering.

Almal is welkom om deel te neem aan ons heerlike weeklikse skryf-sessie.

Hierdie week gaan dit oor      DIERE       enige iets oor diere is goed genoeg.

Ek sien julle!
Ek sien julle!

Hier is n stukkie  uit my dierelewe wat my baie na aan die hart lê:

Op die einde het ek hul vertroue gewen

Vandag, toe ek gaan sit en terugdink aan hoeveel keer ek diere se vertroue gewen het, kon ek aan n hele paar kere dink.

Die eerste keer wat in my gedagtes opgekom het was in 1970.

My ouers het ‘n melkbokstoet gehad. Die naam van die stoet was Hil-sum, na Hilversum waar ons gebore is vernoem. My ouers het my gehelp om ook n eie stoet op te bou. My eie lyn van melkbokke!My stoet naam was Candida, wat wit beteken. Die bokke was Saanens en hulle is altyd wit.

In 1970 het ons twee ooitjies van ‘n bekende melkbokboer naby Britstown in die Kaap bestel of bespreek. Ek en my Pa het n lekker lang-naweek van die rit gemaak om die tweetjies te gaan haal. Ons het naby Pretoria gebly en dis nogal n hele ent se ry om daar te kom. Ons het ook sommer ‘n paar van die melkbokboere ontmoet. Ons het heerlik bok gekuier die naweek.

Die twee ooie, Collet en Karoo, was nog baie jonk en wild. Niemand het hul nog eintlik hanteer nie. Die aand voordat ons  hulle  gelaai het, is hul in n skuur  naby die huis gesit vir die nag.Toe ons die volgende oggend in die skuur kom was hulle baie wild en het aanmekaar weggehardloop . Ek het stadig nader en nader gegaan en saggies met hulle gepraat. Hul het heeltemal bedaar. Ons kon hulle optel en in ons bakkie laai sonder enige geskop en gespartel.

Die boer het gesê dat hy nog nooit iemand gesien wat wilde diere so gekalmeer het nie.

Collet was ‘n baie senuweeagtig en puntenerige ooi. Na die geboorte van n lam sal sy bv begin om aan die ore en stert te kou. Ek moes altyd ‘n ogie hou oor haar nadat sy gelam het. Die lammers moes weggevat word en kon slegs by haar wees terwyl hul drink. Selfs dan sou sy steeds probeer om hul sterte te kou. Karoo aan die ander kant was ‘n kalm en liefdevolle moeder vir haar lammers.

Daar is heelwat meer staaltjies wat ek kan vertel oor die bokke.

* * *

Ek het dieselfde uitwerking op onbekende honde of ander diere. Hul reageer meestal op dieselfde manier as die bokke.Dit blyk dat ek ‘n kalmerende uitwerking op hulle het. Ek het die geduld om hulle te wen  en te kalmeer  sodat dit maklik is om hul te hanteer.

(Bygesê perde uitgesluit. Ek is en bly net bang of skrikkerig vir hulle en dit is beslis nie n goeie ding nie)

* * *

Ten laaste

Nog ‘n kort storietjie oor my oorlede man wat my hondekind moes wen.

Toe ek begin uitgaan met my  toekomstige man, het ek ‘n 6 maande oue Scnauzer hondjie genaamd Dixie gehad. Sy was natuurlik net gewoond aan  my en het nie regtig wou kennis maak met die “vryersvriend” van my nie. Ek dink sy wou my net  beskerm  of miskien was sy maar bietjie  jaloers en bang ook. Toe my man my gevra het om te trou was my antwoord:

“Ja, op een voorwaarde. Driekwart van my sê ja en sodra  jy  Dixie se kwart gewen het, kan ons trou! ” Op die ou end het dit toe gebeur! Hy het haar oortuig dat hy goed bedoel na vele kere van bedel en mooi praat!

Nou is dit jou beurt om te vertel.

Daar is nie streng reëls om deel te neem nie.

1. Skryf in Afrikaans en geniet dit.

2. Noem my blog in jou stuk en plak my skakel in om ander na my blog te bring.

3. Plak jou skakel in by my kommentaar en siedaar. Afgehandel.

Almal wil graag lees wat jy vertel. Kom deel asseblief. Nuwe tema is VERSAMEL/VERSAMELSTUK

Die volgende ouens het weer lekker saam gekuier oor Inry-teaters.Gaan les gerus. Baie dankie aan jul ouens wat deelgeneem en gedeel het.

Toorts vertel hoe bang sy as klein kind was vir die lawaai in fliek, ook n inry fliek met vryers op agterste sitplek

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/13/toorts-se-toeka-tokkel-oor-inryflieks-en-sommer-flieks-ook/

Kameel wat sommer verlief geraak het op Elvis en die lekker kerrie en rys wat hul uitgedeel het

https://toortsie.wordpress.com/2015/04/15/lekker-ou-inrydae/

Olga wat amper gemis het omdat die lyne nie gewerk het nie. Sy onthou die afrikaanse flieks en die popcorn..

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/04/14/toeka-tokkel-baie-inryteaters/

Herriemerrie het nounet ingeskryf. Gaan eers gou daar kyk en lees en dan hier klaarmaak. Sy het nie veel ondervinding van inry nie.

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/04/16/toeka-tokkel-inry-teaters/

Tot volgende week!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Toeka-Tokkel 17 : Diere”

  1. Ek sal maar eerder niks sê oor my klein verraaiertjie nie. Ek word uit my kamer geskop dat iemand anders daar kan slaap, maar moenie glo sy kom hou my geselskap in die sitkamer nie. Nee, sy gaan slaap toe maar op haar kombersie.

    Like

    1. Dis lekker om die goeie dinge te onthou. Ek sal nou nie sê ek het baie geduld as dit by kinders kom nie. Seker maar die onderwys wat dit veroorsaak het

      Like

    1. Moet seker wees. Ek kan maar baie ongeduldig raak partykeer en dan is die vertroue van dier se kant weg! Sien uit na ietsie oor diere van jou kant af

      Liked by 1 person

  2. My pa het so ‘n uitwerking op kinders gehad. Vreemde kleingoed het in die hospitaalgang waar ons gesit en wag het, van hulle ma’s se skote afgeklim en, op sy skoot kom klim. Dit is ‘n mooi gees.
    Eerste keer wat ek hoor die jawoord word gegee op die woorwaarde dat die hond se hart ook gewen moet word 🙂
    Lekker skrywe, dankie Scrapy.

    Like

    1. Ha ha, wys jou hoe baie my hond vir my beteken. Ek het ook blykbaar n gesig waarvan die kindertjies hou. Hul sal altyd lekker met my glimlag en gesels. 🙂

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s