Goeie more alger!
Die tyd hardloop heeltemaal te vinnig. My dae het die afgelope tyd nie genoeg ure nie.
Die nuwe onderwerp of uitdaging is
VERSAMELING/VERSAMELSTUK
Ek het die volgende verlede jaar vir my Engelse skryfsessie geskryf.
Moes n hele paar regstellings maak om dit in Afrikaans oor te sit.
Om te versamel loop in my familie. Dit is al waaraan ek kan dink hoekom ek altyd alles wil versamel.
My een oupa het ‘n sigare-winkel gehad. Ek onthou dat my ma altyd die sigare bandijes bymekaar gemaak het.My moeder was die een wat altyd alle vorme van kaarte of prente wat by verpakkings van voedsel ingesluit is, bymekaar gemaak en dit dan in boeke geplak het.. Daar was wilde diere-, voëls-, plante- en edelsteen kaarte. Daar was ook boeke of albums waarin hierdie kaarte geplak kan word. Soms kon mens n hoeveelheid kaarte bymekaar maak en dan n gratis album kry om dit in te plak.. Op 84 het sy nog steeds kaarte bymekaar gemaaak. Ek het die laaste boek wat my ma gemaak het saamgebring , sy het my gesê dit is vir my seun. (My seun wat reeds ‘n volgroeide jong man is!)
Ek is ook ‘n versamelaar. Ek het Suid-Afrika se seëls versamel. Dit is ‘n volle versameling van 1946 – 2000.
Ek het versamelings van brei en hekel patrone uit tydskrifte. Alles ingeplak volgens winter / somer, kort / lang moue, swaar / ligte gewig wol of hekelgare.
Terwyl ek nog in die skool was het ek al die mooi filmsterre versamel wat ek in die hande kon kry. Ek het die gewildstes teen my slaapkamer muur geplak(tot my ouers se ontsteltenis). Een kant film sterre, die ander kant diere.
Ek het ook nog ‘n (helse)groot versameling uitknipsels van tekeninge en foto’s wat ek kan gebruik vir eninge-iets onder die son. Raai wat? Ek het alles met my na Nieu-Seeland gebring. Ek kon dit nie oor my hart kry om alles weg te gooi nie. Die hemel weet wat ek met alles wil doen. Miskien eendag, as ek na ‘n enkel- kamer aftreeoord trek, sal ek ontslae moet raak van alles. Tot dan is ek gelukkig om my versamelings by my te hê. Elke nou en dan grawe ek daarin en daar is altyd n “nuwe” interessante knipsel wat ek weer opnuut waardeer.
Die beste geplakte versameling is my plakboeke vol dieregedrag inligting. Dit is in Afrikaans en ek sal dit seker maar in my testament moet skryf dat dit saam met my begrawe moet word!(Tong in die kies!)
Ek/mens is nooit te oud om iets nuuts uit my versameling te leer nie.
Verlede week se diere het weer n paar goeie beskrywings opgelewer. Baie dankie aan jul almal vir die bydraes, ek waardeer dit baie.
Ek wil begin om rondomtaliedraai se stuk oor voëls hier te plak. Dis nie alles in Afrikaans nie maar dit is steeds Afrikaanse voëls wat sy self afgeneem het.
https://rondomtaliedraai.wordpress.com/2015/04/19/voels/
Kameel wil nie weer n troeteldier hê omdat daar tog maar hartseer aan verbonde is ….
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/22/diere-trane-en-dies-meer/
Herriemerrie het baie interessante ding te vertel oor skeepskatte…
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/04/22/toeka-toekel-skeepskatte/
Toorts en die bobejaantjie wat gevang word!
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/23/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-diere/
HOE DIT WERK:
1. Skryf lekker Afrikaans.
2. Noem my pos in jou skrywe en gee n skakel hierheen sodat ander ook kan lees waaroor dit gaan.
3. Skryf en plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander ook by jou kan kom draai.
Geniet dit.
Volgende onderwerp is
19. HUIS
14 responses to “Toeka-Tokkel – 18 : Versameling/ versamelstuk”
[…] Scrapydo se toeka-tokkel: Versameling […]
LikeLike
Ek tik op my foontjie en het gesukkel om jou blog aan ons s’n te link. My taak is in daar by Toortsie 🙂
LikeLike
Ek sien so. Dankie hoor Ek sal my sokkies moet optrek. More is alweer Donderdag!
LikeLike
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/29/parfuumbottels-en-trane/
Het dit reggekry!!!!! Groot oorwinning vir die Kameel
LikeLike
Pragtig man! Trots op jou. Hul sê aanhouer wen!
LikeLiked by 1 person
[…] wat ons versamel is dalk net nie altyd noemenswaardig nie! Hierdie bloginskrywing is in antwoord op Scrapydo se opdrag: Skryf oor […]
LikeLike
[…] elke keer wat iemand oor versamelings wonder, dink ek weer […]
LikeLike
[…] Scrapy neus die week in mense se versamelings. […]
LikeLike
Van ons drie was jy altyd die heel ergste !
LikeLike
Ja, ek stem. Dis erg om so te wil uitsny en bêre!
LikeLiked by 1 person
Dit het jou daremure se plesier verskaf
LikeLike
Beslis ja en doen nog steeds!
LikeLiked by 1 person
Ek is ook lief daarvoor om goed te versamel! Van seels tot foto’s ….
LikeLike
Sug, ja dis nogal erg as mens moet wegdoen met party goed
LikeLike