Five Photos, Five Stories : Dag 4 Voor die groot trek


Rules of Five Photos, Five Stories Challenge require you to post a photo each day for five consecutive days and attach a story to the photo (It can be fiction or non-fiction, a poem or simply a short paragraph) and then nominate another blogger to carry on this challenge. Accepting the challenge is entirely up to the person nominated, it is not a command.

I would like to invite you to join the Five Photos, Five Stories Challenge.

DAG 4

VOOR GROOT TREK

Die laaste dae was baie besig en deurmekaar. Alles moes gereël word sodat my trek kon wegkom.

Laaste foto van Nancy op my skoot!
Laaste foto van Nancy op my skoot!

Hier sit ek in my sitkamer op n geleende kampstoel. Met Nancy my liefste laaste Suid Afrikaanse hondekind. Sy was al 15 jaar oud

Megan, Nancy se maat, is dood aan n hartaanval voordat ek uit my eie meenthuis moes trek twee jaar voor dit. Ek is bly dat sy stil heengegaan het want sy sou die verandering nie maklik verwerk het nie. Sy was altyd maar n teruggetrokke vreemde dier. Ek het haar “gered” van n wreede huisgesin toe sy al 4 jaar oud was. Dit het my baie lank gevat om haar te oortuig dat sy nie bang hoef te wees nie.

Nancy, daarenteen, was n op en wakker lewenslustige hond gewees. Haar gehoor en sig was nie meer van die beste nie, tog het sy heerlik katte gejaag as sy die kans gekry het. Haar asem het ook baie gejaag a g v ouderdom. Dit was n groot besluit om haar te laat uitsit. Om haar oor te stuur was baie duur en dan moes sy nog in kwarantyn ook bly. Sy sou die stress nie oorleef het nie.

Die verhuiswa het die oggend vroeg gekom om die goedjies in te pak. Ek wou eintlik voor die inpak ouens kom al weggewees het. Hul was egter vroeër as afgespreek. Ek het na die veearts gegaan. Soos omstandighede dit wou hê kon ek nie inry nie en moes in die hoofstraat stop. Nancy was heeltemaal op haar senuwees. Ek het haar op die tafel gesit en toe uitgegaan. Dit maak my steeds hartseer maar dit was tog maar die beste gewees.

Sy is darem nou veilig in die hondehemel.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

21 thoughts on “Five Photos, Five Stories : Dag 4 Voor die groot trek”

    1. Yes, but still it is worth it to have them as companions when you are on your own. I planned not to get one again but now that I have Trompie I am not sorry that I have him.

      Liked by 2 people

  1. Sjoe dit was ‘n groot en hartseer besluit om haar te laat uitsit. Baie dinge waarvoor ‘n mens vaarwel moet sê. Moet moeilik wees om in ‘n ander land aan te pas as ‘n mens al ouer is. As jongmens kom dinge mos makliker.

    Like

    1. Netso, die verandering vat nogal aan n mens. Die kinders kan hulself nie indink hoe moeilik dit is en hoe baie opgeoffer word nie. Hul verstaan ook nie hoe seer dit maak as hul nie verstaan dat mens nie meer jonk is en dinge kan doen waaraan hul gewoond was ek wel gedoen het vroeër. My liggaam kan net nie meer byhou met sekere dinge nie.

      Like

      1. Eers wanneer ons kinders ons ouderdom behaal sal hulle verstaan. Ek dink nie ek het verstaan hoe my ouers regtig gevoel het nie. Nou eers verstaan ek.

        Like

        1. Dit is maar hoe dit werk. Ek was nogal na aan beide ouers en kan nou as “ou mens” insien hoekom hul opgetree het soos hul gedoen het. Nou doen of beleef mens dieselfde ding gesien van ouers se kant.

          Liked by 1 person

    1. Dis die belangrikste. Ons is nou nog nader aan mekaar as wat ons was vir n tydperk toe ek hier gakom het

      Like

  2. Sjoe. Daar is soveel meer omtrent verhuising na ‘n ander land as wat ‘n mens dink. Dit moes baie moeilik gewees het.
    My skoonsus in Aussieland het gesê: Jy hou vir lank nog baie begrafnissies: Jou gunsteling vogroom, die spesifieke meel waarmee jy bak, en en en…

    Like

    1. Jy moenie nog praat nie! Baie goed is dieselfde en net die naam is anders. Dit is n kopseer. Mens is gelukkig aanpasbaar. Waar daar n wil is is daar n weg. Soms wil ek sommer handdoek ingooi. Dan kry ek weer rigting en alles gaan weer beter.

      Like

        1. Nee jong ek is in New Zealand. Dis my sesde jaar en dit gaan regtig baie beter. Ek aanvaar die omstandighede en weet of besef dat dit is waar ek moet wees. Mis net regtig my ou vriende en natuurlik Afrikaans.(Vriende is ouens wat ek al jare ken)

          Liked by 3 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s