Five Photos, Five Stories : Dag 5 Vertrek


Rules

Rules of Five Photos, Five Stories Challenge require you to post a photo each day for five consecutive days and attach a story to the photo (It can be fiction or non-fiction, a poem or simply a short paragraph) and then nominate another blogger to carry on this challenge. Accepting the challenge is entirely up to the person nominated, it is not a command.

I would like to invite anyone who is interested to join the “Five Photos, Five Stories Challenge” for 5 days.

DAG 5

VERTREK

2009

Ek besef dat my familie nie daarvan hou om in die blog-wêreld te verskyn nie.

Tog gaan ek hierdie keer nie luister en dink hoe hul gaan brom daaroor nie.

Ek is baie lief vir my familie.

Hulle beteken die wêreld vir my.

Hierdie foto is geneem die middag toe ek oppad was

lughawe toe.

Al die dames!
Al die dames!

Ek verlang nou sommer baie na alger.

Ek het in 2010 terug gegaan omdat my verblyfpermit verval het voordat my permanente verblyf deurgekom het. Dis dus 5 jaar dat ek hul laas gesien het.

Kleinsus het in 2009 saam met my gevlieg . Sy het n heerlike maand lank hier gekuier.

Nou kommunikeer ons maar d m v die internet. Dis darem maar lekker om in noue kontak te wees. Die pos is n dooie verlies. My skryfgoed en pakkies kom nie uit by hul bestemming nie. Nou dink ek nie eers meer daaraan om iets te stuur nie.

Dis so jammer dat alles so verval en agteruit gaan. Dis so n mooi en heerlike land om in te woon.

SUID AFRIKA BLY STEEDS MY TUISLAND.

Dit is die laaste van my 5 dae.

My volgende 5 dae gaan oor New Zealand se eerste jaar wees.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

17 thoughts on “Five Photos, Five Stories : Dag 5 Vertrek”

  1. Hierdie reeks van jou maak my baie hartseer…dis baie na aan die ervaring van sovele mense. Tog spreek jou liefde vir SA en jou mense so duidelik uit jou inskrywings dat dit my terselfdertyd bly maak.

    Liked by 1 person

    1. Ag dankie vir die saamvoel. Party dae voel dit sommer net erger as ander dae maar steeds bly dit n baie teer punt om oor te praat. Ek is net bly ek kon net n bietjie uiting gee aan hoe ek voel hier in my blog. (Die ouens hier is maar nie rerig waaraan ek gewoond is nie)

      Liked by 1 person

          1. Mens leef tog maar saam met jou eie”tekortkominge” wat meestal altyd die meeste of ergste volgens mens self is. In die tussentyd sien meeste nie eers jou tekotkoming raak nie

            Liked by 1 person

  2. Ek wonder altyd vir wie is die weggaan die moeilikste – die een wat gaan of dié wat agterbly? Of is daar nie grade van verlange nie?

    Like

        1. Ja, ek wil nie eers daaraan dink nie. Ons as kinders het my ma terug laat gaan toe sy in tagtigs was. Sy het dit baie geniet en het haar broer darem weer gesien na seker amper 50 jaar.

          Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s