Hierdie keer kombineer ek my Toeka-tokkel met 5 fotos, 5 stories, elke dag n foto en vertelling vir 5 agtereenvolgende dae.

Ek het reeds vir 5 dae oor Suid Afrika en die weggaan vertel. Die volgende 5 dae gaan oor die begin van my lewe in New Zealand. Ek hoop julle geniet dit en dink dalk daaraan om ook vir 5 dae so n uitdaging aan te pak. Dis nogal lekker en weer iets anders.

TOEKA-TOKKEL no 19

HUIS

In Suid Afrika het ek saam met my ouers en 2 susters in n groot , eie geboude , drie slaapkamer huis gebly. Ons vroumense, ma en drie kinders, het naweke  my pa gehelp om die die huis te bou. My pa het self die planne opgestel. Dit was regtig die huis wat Jan gebou het(Pa se naam was Jan).

My eerste eie blyplek was n gehuurde een slaapkamer woonstel. Daarna het ek n twee slaapkamer of Duplex woonstel gehuur. Toe trou ek en bly vir meer as n jaar in n “Park home” met 3 slaapkamers. Daarna koop ons ons eie drie slaapkamer huis, met n groot erf.

Na my man se dood het ek n tuinhuis gekoop met 2 slaapkamers. Dit was tot my seun se ontsteltenis nie groot genoeg nie omdat daar nie plek vir hom was om houtwerk te  doen nie.Daar was net n afdak en geen garage of ekstra kamer nie

Die eerste 9 maande in New Zealand het ek by my kinders in hul huis gebly. Toe my geldsake afgehandel is kon ek my eie plek kry. Ek kon n lekker deposito opsit en my seun het n lening vir die res gekry.

My eie eenheid!
My eie eenheid!

Linkerkant is my voordeur en dan na links is die sitkamer. (Sou vinniger gewees  het om dit af te neem dan om te soek vir foto van vol huis. Ek het moed opgegee om te soek)Twee vensters is die slaapkamers sn. Regterhandse deel was eers garage wat nou n kamer is.

Van Desember 2009 tot nou toe is dit my huis.. Ek geniet dit om hier te bly. Daar is nie veel tuin nie . Dis egter nie so belangrik nie. Dis veilig en rustig.

MY HART IS WAAR MY HUIS IS.

TOEKA-TOKKEL feite

1. Almal is welkom om te skryf.

2. Elke Donderdag verander die onderwerp.

3. Skryf of pos n pos oor die onderwerp en noem my Toeka-Tokkel as verwysing sodat ander ook hier kan lees en n bydrae maak

4. Plaas n skakel van jou pos in my kommentaar vir almal om te kan lees wat jul te sê het oor die onderwerp.

HUIS  is die nuwe onderwerp.

Die volgende ouens het heerlik ook versameling, versamelaar, versamelstuk gesels. Lees gerus wat hul te sê het en hopelik steek dit jou aan om ook deel te neem.

Dis lekker, dis Afrikaans.

Baie dankie aan die volgende persone wat geskryf het. Dit word regtig waardeer.

Olga was eerste met haar padda metamorfose…

Toeka Tokkel: Metamorfose

Herriemerrie hou van DVD’s

Toeka Tokkel: Versamelings

Toorts  se tante hou van bottels versamel, oom wat ou trekkers en implemente versamel
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/29/toorts-se-toeka-tokkel-oor-versamelaarversameling/

Kameel het ook oor parfuumbotteltjies gesels asook trane wat versamel in elke eie bottel!
https://toortsie.wordpress.com/2015/04/29/parfuumbottels-en-trane/

Hier is Mei se onderwerpe:

Mei 2015

  1. Ouers vra….
  2. Musiek
  3. Fotos/prente
  4. Studente

27 responses to “Toeka-Tokkel no 19 : Huis & 5 fotos, 5 stories dag 1”

  1. Toeka tokkel Huisies. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] daag ons om te mymer oor huise. Moet die noodwendig ‘n huis wees wat ons gekoop het? My kniee pyn nog te veel om te praat […]

    Like

  2. Toeka Tokkel: Huis | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy mymer die week oor huise. […]

    Like

  3. Kameel Avatar
    Kameel

    Weet nie of dit op die regte plek is nie, maar my taak is in 🙂
    https://toortsie.wordpress.com/2015/05/05/die-huis-met-die-pienk-kamer/

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dis op die regte plek geping en geplak. Dankie vir jou ondersteuning!

      Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Ek hoop nie ek is nou weer vreeslik laat nie, maar ek het ook ‘n ou blogwoordjie gespreek oor my huis https://hesterleynel.wordpress.com/2015/05/05/toeka-tokkel-huis/. Hier is die skakel, net ingeval my ping nie werk nie.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie, hy het geping en geskakel, ook beslis nog nie laat nie!

      Liked by 1 person

  5. Toeka Tokkel: Huis | Dis Ekke Avatar

    […] Scrapydo se Toeka-Tokkel: Huis […]

    Like

  6. vinkieleuvennink Avatar

    Hier is my gedagtes oor die onderwerp! Dankie vir die inspirasie. Gaan loer gerus

    ‘n Kort Stukkie Nostalgie

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie ek gaan gou loer!

      Like

  7. ‘n Stukkie Nostalgie | Vinke en Verse Avatar

    […] Scrapydo2 se opdrag om ietsie op skrif te sit oor die voorwerp huis, word ek onmiddellik teruggeneem na my […]

    Like

  8. jou huis | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] het ek gepubliseer op 30 Oktober 2013. Maar terwyl Scrapydo nou die opdrag gegee het, publiseer ek dit weer. Jammer vir dié wie dit nou twee keer moet […]

    Like

  9. rondomtaliedraai Avatar

    Lekker herinneringe

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Goeie ou dae. Wat ons nie alles gedoen het om alles gesellig te maak nie!

      Liked by 1 person

  10. nowathome Avatar

    Lyk sommer baie gesellig daar!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Beslis, Die dalias is in my strokie tuin. ek wag nou vir lente sodat al die bolle kan begin blom. Hul bly mos maar in die grond gedurende die somer, reg vir volgende seisoen.

      Like

  11. Lewies Mymer Avatar

    Ons het so twee jaar gelede van Klerksdorp na Hermanus verhuis waar ons ‘n beskeie huis, ietwat verwaarloos , kon bekostig. Dit was ons erns om die huis so gou ons eie te maak deur dit binne ons begroting op te knap en veranderinge aan te bring. Nou is dit ons huis en haard, ons hawe teen die Kaapse stormwinde.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dis lekker om so n eie opgeknapte plekkie te hê. Ek het geen meubels saamgebring nie omdat dit te duur was om so baie saam te bring. Hier is tweedehandse winkels waar mens soms nogal goeie goed raakloop. Ek het sommer onpas meubels gekry en dis te heerlik. Die duiwel met die res wat wil sê: niks pas by mekaar nie! Ek geniet dit. Dis soos jy sê regtig n hawe teen storms van buite!

      Like

      1. Lewies Mymer Avatar

        Onse huisie hier is maar klein, ons moes van baie meubels ontslae raak. ok maar mix en match hier, met mindere match sukses, maar die slim mense sê dis eklekties!

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ha ha, lekker man. Dit maak dit lekker knus. Ek moet die woord onthou en vir die wat iets te sê het vertel dis eklekties!

          Liked by 1 person

  12. Kameel Avatar
    Kameel

    Die atmosfeer van ‘n huis sê baie. Dit verwelkom jou… of laat jou ontuis voel ens. Ek hou van jou plek…. jy is geseënd om dit jou eie te kan noem.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Stem saam met jou. Ek voel ook baie bevoorreg om op my eie te kan bly tot tyd en wyl dit nie meer anders kan nie.(Die 9 maande saam was nogal nie te plesierig op die einde nie!)

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Dit is hoekom ek dankbaar is vir die voëlnes; op dieselfde erf as my dogter en haar gesin, maar eenkant sodat elkeen sy eie lewe kan leef. Ek boer nie by haar nie, sy ook nie by ons nie. Dit werk werklik goed. My sus Rika (sy is nou oorlede) was Marlè se skoonma. Sy konnie glo dat ons op dieselfde erf bly maar mekaar partykeer vir dae nie sien nie. Sy së sy sou onmoontlik kon wegbly van die groothuis af. Ek kan jou noual sê dit sou groot moeilikheid veroorsaak het.

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Ja, dis n ding. Noudat ek op my eie bly en net die honde gaan uitlaat oorkant die rivier is dit meer as genoeg om daar te kom. Ek gaan nie eers meer daar teedrink nie want hul kom altyd nou by my n draai maak(dis nou vandat hul getroud is) Voel so al asof ek nie rerig welkom is nie. Vandag weer moes gaan en beide is tuis, sy kom nie eers uit om hallo te sê nie ons het maar buite gestaan en praat. Ek het toe ingegaan en gaan hallo sê. So onbelangrik voel dit vir my as ek daar kom. (Skies dat ek nou so bietjie gekla het)

          Like

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Hierdie dinge maak seer scrapy. Dit is soos ek voel wanneer ons seun hier aankom, en by die groothuis aangaan sonder om net ‘n draai hier te maak, en te sê “hello.” Miskien verstaan die jonger mense dit nie, en is dit nie moedswillig nie… maar dit vat aan ‘n mens.

            Like

  13. Toortsie Avatar

    Dit maak op die ou end nie saak WAAR jy woon nie, dis die inwoners, en veral die vrou wat huis HUIS maak. Love makes a house a home. 🙂

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Beslis ware woorde. Sodra dieplekkie gemaklik ingerig is voel almal welkom. (Hier het al mense gekuier wat sê hul voel tuis in my huis. Dit beteken baie vir n mens) Mens kan ook met min baie doen.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.