Toeka-Tokkel no 21: Musiek


Ek kon nie help om my gunsteling onderwyser se pragtige Afrikaanse liedjie hier te plaas nie. Hy was n wonderlike sanger en ook mens gewees.

Musiek was nog altyd baie belangrik in my lewe. Van kleins af het ek, as die geleentheid daar was musiek geluister. Toe ek student was het ek “seven singles” (vertaal: sewe enkelinge? Wat sou jy voorstel!) gekoop van my geliefkoosde sangers. Freddy Quinn, Bing Crosby, Dean Martin. Freddy was lank my beste sanger. Ek was nog nooit vreeslik mal oor vrouens se singery nie.

Toe ek my eerste geldjies verdien het, het dit beter gegaan. Radio met musiek, platespelertjie en plate, bandspeler en daarmee het hope bande met musiek gekom. My man was ook musiek-mal. Hy het gereeld vir my n bandjie met romantiese liedjies gestuur, toe ons nog gevry het. Hy het meer van Slim Whitman gehou en dan natuurlik boeremusiek. Dan Hill se musiek was sy geliefkoosde orkes.(Hansie Roodt en die Kavalier!)

Ooooo, die liewe boeremusiek het amper tot n egskeiding gelei. My man het die musiek opgesit, op sy hardste. Uitgestap tuin toe en ek het met die “lawaai” in die huis gesit! Ek het eendag vir hom ABBA se “Voulez vous” opgesit, kliphard! Was hy kwaad vir my! Hy was woedend dat ek sulke musiek speel en dan nog kliphard ook. Van klip gepraat, sy laaste geliefde boeremusiek was Klipwerf-boereorkes se stukke.

Musiek is terapie vir die siel. Dit kan mens kalmeer, opwen, of net laat ontspan. Sonder woorde is natuurlik heerlik om mee te ontspan. Klassieke musiek is natuurlik die beste medisyne vir n deurmekaar gemoed.

Gaan kyk n bietjie by die volgende pos wat Woorde gepos het net reg vir ons musiek tema.

https://blogkliesjee.wordpress.com/2015/05/12/dinsdag-12-mei-2015/

^-^   ^-^   ^-^

Baie dankie aan die volgende ouens wat gehelp het om die Ouers vra tema n lekker interessante draai te gee.

Lewies Mymer gee n mooi gediggie oor die JA woord

https://pasella2013pasella.wordpress.com/2015/05/07/die-jawoord/

Kameel vertel van ousus en ouersvra wat sy nie veel van agter gekom het nie

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/11/ouersvra/

Herriemerrie gee n geheel nuwe insae in vandag se doen en late

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/05/12/toeka-tokkel-ouersvra/

Toorts vertel van die ja woord en haar ma wat kinders die ja-woord gevra het

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/13/toorts-se-toeka-tokkel-oor-ouers-vra/

As ek een gemis het laat my weet asb. Die pings en skakel raak soms bietjie deurmekaar.

Die volgende is hoe jy kan deelneem:

1. Skryf Afrikaans en geniet dit.

2. Donderdae verander die tema vir die komende week.

3. Skryf, pos en noem my pos as beginpunt sodat ander kan sien waaroor dit gaan. Plak jou skakel in my kommentaar sodat ek en ander by jou kan uikom om te lees wat jy skryf.

GENIET DIT.                         Volgende is:  FOTOS/PRENTE

Ek moet afsluit met Rudi Neitz se “Old man River”. Hy het dit Vrydae in ons Duitse periode gesing.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

26 thoughts on “Toeka-Tokkel no 21: Musiek”

  1. Ek duld boeremusiek net onder dwang. Sommige mense is tog so lief daarvoor. Ek self het geen cd, of plate of bandjies met boeremusiek nie. Nie eers Klipwerf nie.

    Like

    1. He he, nee hy het vir ons Duits gegee. Steeds n fantastiese ondervinding gewees. Hy het in die mannekoor gesing wat opgetree het by ons eerste staatspresident se inhuldiging. Kan jy dit nog onthou? Blackie Swart? Rudi het ons vertel hoe wonderlik dit was om deel te wees van die geleentheid. Koor het glo agter President gestaan toe hul gesing het. Hul kon alles dus van naby sien. Ek kan onthou dit was n trietsige reënerige geleentheid

      Like

  2. Ek onthou Dan Hill en Sounds Electronic, as ek reg onthou het die plate se omslae sulke wulpse meisies opgehad. Dan het dieSensuurraad bepaal dat hulle aangetrek moet word, so met ‘n koki pen is daar dan vir hulle lyfkouse aangetrek.

    Like

    1. Ons was almal verlief op hom. Ek was nog die jaar klaskaptein en kon n paar woorde meer met hom praat ook. Toe hy aan die einde van die jaar weg is Universiteit toe het ons almal gehuil met sy vaarwel afsluiting.

      Liked by 1 person

  3. O, en die “hard” en die “sag” van musiek is natuurlik ‘n onderwerp van sy eie. My skoonouers se radio het heeldag gespeel. Maar altyd teen dieselfde volume. 🙂 So as die klassieke musiek ‘n bietjie dawerend raak, word dit sagter gesit, na “normaal”, en dan, as die sagte musiek kom, hoor mens niks, dan word dit weer na “normaal” gedraai… Als het dus dieselfde geklink, so middelmatig. 🙂

    Like

    1. Ek het self ook n kleintjie dood aan boeremusiek! (Eintlik moes ek maar net luister terwyl ek geen gevoel het daarvoor nie. Dit dans egter baie lekker!)

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s