Toeka-Tokkel no 22: Fotos/Prente


Welkom weereens by ons volgende opwindende week van FOTOS/PRENTE.

Baie groot dankie aan die ouens wat die MUSIEK so lewendig gemaak het die afgelope week.

Net vinnig n paar gedagtes/reëls:

1. Wees trots op Afrikaans en skryf in Afrikaans. Dis lekker.

2. Skryf jou pos en noem my pos as verwysing sodat ander ook kan lees en deelneem.

3. Plak jou skakel in my kommentaar . Ek wil graag lees wat jy sê en erkenning gee aan jou pos.

Baie dankie vir die lees en geniet van almal se poste.

FOTOS/PRENTE

Fotos herinner n mens aan die ou dae, gister en vandag.

Vroeër is daar van kiekies gepraat deur die ou garde. Mens is mos gekiek deur die kamera en nie gefoto nie!

IMG_9811

Fotos bring baie gedagtes en gemis terug na die werklikheid. Oumas en oupas wat ons nie geken het kan n mens van alle kante bekyk en bewonder. Dit is so wonderlik om te dink dat fotos wat eeue gelede geneem is steeds sigbaar is.

Een van die eerste foto’s wat vandag nog bestaan is die “Venster by Le Gras” deur die fotograaf Joseph Nicéphore Niépce. Die beligtingstyd was agt uur, wat verduidelik waarom sonlig aan albei kante van die geboue sigbaar is.

http://af.wikipedia.org/wiki/Fotografie

Ek was van kind af geinteresseerd in “kiekies”. My ouers het ons grootword tydperk nogal bygehou met fotos.

Toe ek my eerste  mik en druk- kodak instamatic- gekry het was die koeël deur die kerk. Ek het regtig duisende fotos geneem in my leeftyd en is nog steeds besig om te neem.Op n stadium was skyfies die inding en het ek n projektor gekoop om dit te wys. Daar was of steeds is n Kykmeneer “View master” waarmee mens gou die skyfies kon wys of kyk.

Vandag se fotos is so mooi mens kan nie daarsonder wees nie. Dis ook so maklik om fotos te neem en hul netjies op te tof met allerhande  metodes.

My ma op die perd en haar broer voor perd
My ma op die perd en haar broer voor perd

Nou vir al die ouens wat deelgeneem het aan MUSIEK verlede week

Toorts skryf oor musiekonderwysers en dan oor Eisstedford se dinge…Daar is n hele reeks wat sy geskryf het die week.

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/14/toorts-se-toeka-tokkel-oor-musiek/

Vinke en Verse gee uiting aan haar liefde vir haar moeder …

https://vinkeenverse.wordpress.com/2015/04/20/n-lewe-met-musiek/

Kameel wat van stilte hou en om die die Here te prys…

https://toortsie.wordpress.com/2015/05/18/stilte-bo-musiek/

Olga trippel tussen die Goeie Goue Oues te heerlik

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/05/19/music-was-my-first-love-toeka-tokkel-21/

Herriemerrie sê musiek praat/sing vir hom/haar self….

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/05/20/toeka-tokkel/

Nog n byvoegsel!

Die Korrelkop Kahuna wil graag doedelsak en/of didgeridoo bespeelof blaas…

https://korrelkopkahuna.wordpress.com/2015/05/21/onthou-dinge-995-musiek/

Hoop ek het almal ingesit! Laat weet as ek jou oorgeslaan het.

Daar is ook n paar bloggers wat gereeld hier kommentaar lewer en so klein stukkie van hulself hier weergee.

Lewies Mymer, Rondomtaliedraai en Nowathome is gereelde besoekers.

Volgende tema is   23. STUDENTE

Hier is solank Junie se temas ook

Junie 2015

  1. Grootword
  2. Omgewing
  3. Drama
  4. Onderwysers

Advertisement

15 responses to “Toeka-Tokkel no 22: Fotos/Prente”

  1. Toorts se Toeka Tokkel oor foto’s | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] agter die tyd skryf ek hierdie in opdrag van Scrapydo. Maar ek wil dit wel skryf omdat ek nog aan al die Toeka Tokkel opdragte van haar deelgeneem het en […]

    Like

  2. Toeka Tokkel: Die wêreld, my kamera en ek | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy krap die week in ons foto’s. […]

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Baie dankie, ek wardeer dit! 😀

      Like

  3. Die mense in my fotos | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Prente/Fotos […]

    Like

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Lekker gekyk na jou scrapsels Sien uit na die inskrywings

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Hoop ouens geniet dit!

      Liked by 1 person

  5. perdebytjie Avatar

    Ag hoe geniet ek jou foto’s.Jy het altyd iets interessants!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie jong, bly jy geniet dit. Dis tog waaroor dit gaan! 😀

      Like

  6. Toortsie Avatar

    Lyk my jy is lief vir scrapbooking?
    My “reeks” was heel toevallig! 🙂 Nooit eers gedink dat my eisteddfod stories ook hierby inpas nie, dit was geïnspireer deur Kameel se foto op faceboek. Dankie, lekker gelees.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Was baie lief daarvoor om the scrap book dis waar my blog naam oorspronklik vandaan kom. Ek is egter dood gescrap die eerste twee jaar wat ek hier kom bly het.(jou afrigter het n groot invloed op mens se doen en denke) Ek het heeltemaal belangstelling verloor.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Dit was tyd vir aanstap. Nuwe dinge doen.

        Like

        1. scrapydotwo Avatar
          scrapydotwo

          Dis waar! Ek voel nou deesdae baie positief en nomaal met werklike vriende.

          Like

  7. nowathome Avatar

    Foto’s was en is ‘n groot deel van my lewe! Ek het ook al van laerskooldae in foto’s belanggestel! Ek het bokse vol foto’s!! Deesdae met die digitale kamers het ek pakke disks met foto’s!!

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Lekker man! Klink bekend! Dis darem maar n lekker tydverdryf

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: