Toeka-Tokkel no 24: Grootword


Ek het nie gedink ek is baie oulik om die tema te gee nie! Ek hoop jul kan n lekker paar ondervindings hier vertel.

Net eers n oulike vers van n dogter, Twana Nel (10) 2013

SKOOLLEWE

Skool is PYN!
Meisies is katterig en sooo fyn,
Seuns is stout en bedrywig,
JIG!!!

Ek is moeg hiervoor.
Dis asof ek net verloor!
Huiswerk en take
is vir Ma ernstige sake.

‘n Beker wil ek graag kry,
maar werk is nie vir my.
Ma sê, as ek iets wil hê,
moet ek daarvoor werk en NIKS sê.

Skool maak my NAAR,
VERSTAAN ONS MEKAAR!

http://www.storiewerf.co.za/versies/skoollewe.htm

GROOTWORD

Allles wat lewe moet groei en groot word. Dis die normale verloop van die lewe. Sommige mense word maklik en vinnig groot terwyl ander sukkel om weer groot te word.

My grootword was baie beskermd gewees.   My   hoërskooljare was my eensaamste tyd. Geen werklike kontak met enige kinders buiten die rit skooltoe en terug. My studiejare was ook n nagmerrie omdat ek nooit geleer het om te kommunikeer nie. Daarna was my eerste jaar van skoolhou netso erg vir my gewees. Ek het nog vier jaar uit die huis skoolgehou wat my steeds nie die kans gegee het om groot te word nie.

Die grootword het gekom toe ek op my eie voete moes staan. Van die jaar dat ek uit die huis is het alles beter gegaan en ek kon my eie ek word. Dit het ook maar tyd gevat om werklik volwasse of groot te word.

(Dis n baie moeilike onderwerp om oor te skryf. Ek kan nie dink hoekom ek dit ingesit het. Miskien kan jy n beter grootword skrywe doen!)

WAT IS TOEKA-TOKKEL?

Ons skryf in Afrikaans en tokkel op dinge van toeka tot nou. Almal is welkom om deel te hê aan die lekker van die lewe.

1. Skryf jou stukkie oor die onderwerp in n pos en noem my pos sodat ander ook weet waar dit vandaan kom.

2. Plak jou pos se skakel by my kommentaar sodat ek en ander jou pos kan besoek en lees wat jy sê.

3. Geniet dit, dis waaroor dit gaan.

Elke Donderdag verander die onderwerp of tema.

………………..

Baie dankie aan die volgende ouens wat oor student-wees geskryf het. Dit was heerlik om alles te lees.

Vinke en verse het n vaste geloof. Sy het op einde tog haar hartsbegeerte kon volg…

Oor studentwees, vertrou en ‘n seisoen van herfs…

Toorts Skryf studentwees is prysloos…

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/03/toorts-se-toeka-tokkel-oor-studente/

Herriemerrie bevraagteken papiere wat verkry word en dan die waarde van studeer…

Toeka Tokkel op studeer

Kameel vertel van universiteit, jool en die liewe tandarts…

 https://toortsie.wordpress.com/2015/06/03/jool-en-tandarts/

Die volgende tema is  25  OMGEWING


22 responses to “Toeka-Tokkel no 24: Grootword”

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Baie dankie, ek waardeer dit!

      Liked by 1 person

      1. Searching For Ironman Avatar

        Ek het dit geniet, dankie vir die inspirasie!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
          scrapydo2.wordpress.com

          Pragtig, Bly jy het dit geniet. Bly om te hoor ek prikkel breine! Geniet jou naweek

          Liked by 1 person

  1. Grootwordjare | searching for ironman Avatar

    […] na aanleiding van Toeka-Tokkel: Grootword (ek is ‘n so laat met hierdie pos, dis toeka al se onderwerp). Dis redelik lank vandat ek […]

    Like

  2. Toort se Toeka Tokkel oor Omgewing | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] skryf hierdie een ‘n bietjie vooruit, so die regte inskrywing van Scrapydo is nou nie ge”tag” […]

    Like

  3. Toeka tokkel 24 grootword. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] ook heelweek so koud, my vingers wou gn tik nie. Daarom dat ek ‘n laat werkstuk ingee. Maar Scrapy weet gelukkig nie waar ek woon nie. Verder dra ek ‘n dik top en het my Donnie Osmond kappie […]

    Like

  4. Toeka Tokkel: Grootword wenk | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy se onderwerp die week is Grootword. […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Dankie hoor. Sal bietjie gaan lees!

      Like

  5. Grootword | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Grootword […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Dankie vir jou deelname. Het lekker gelees!

      Like

  6. […] (Hierdie is deel van die Toeka-tokkel se weeklikse skryf stukke: (https://scrapydo2.wordpress.com/2015/06/04/toeka-tokkel-no-24-grootword/) […]

    Like

  7. Toortsie Avatar

    Ai, Sterkte. Lyk my jy het dit nie te maklik gehad nie.

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Dankie, so nou en dan dip dit, ek kry egter krag en insig sodra ek rustig raak en my innerlike samespreking gehou het met Die Hoër Hand. Die duiwel krap tog maar gedurig rond.

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Gelukkig maak dit jou sterk

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Beslis ja!

      Liked by 1 person

  9. angelswhisper2011 Avatar

    Dat moet een heftige tijd voor je geweest zijn, Scrapydo, want ik voel de pijn in je woorden. Ikzelf heb me ook heel eenzaam gevoeld, toen we naar Nederland emigreerden en ik nog op de lagere school zat. Pijnlijke herinneringen aan die tijd, maar gelukkig hoefde ik nog maar anderhalf jaar op die school te blijven en veranderde alles, toen ik eindelijk naar de middelbare school kon 🙂 *Little Binky* Granny don’t forget the Pawkisses 🙂 ❤

    Like

    1. scrapydotwo Avatar
      scrapydotwo

      Ek kon bv nie skooltoe gaan die eerste jaar omdat ek 6 geword het op boot in Feb. Hele jaar verloor. Dan het ek buite op n plaas(farm) gebly en moes plaaswerk doen na en voor skool. Is maar hard gewees. Daar is self toe ek skoolgehou het verwys na my Hollandse agtergrond(in neerhalende manier!) Dankie vir jou meegevoel! Baie mense verstaan nie hoe dit voel nie. Trompie stuur ook “licks and paws up to Binky”! 😀

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.