https://vinkeenverse.wordpress.com/2015/06/09/weeklikse-wonders-2/
Vinkeenverse sê die volgende:
Dit kan enigiets insluit: ‘n oulike ontdekking, ‘n ongelooflike ervaring of net die genot van alledaagse dingetjies in die lewe! Die verantwoordelikheid is op ons skouers om die mooi in die alledaagse te vind, of selfs die mooi in die lelike dae te vind. Dis ons eie verantwoordelikheid om skoonheid en inspirasie te vind in dinge wat vreemd of onvolmaak voorkom (dis juis in hierdie goed wat die interessante kant van die lewe lê!). Ons moet ons oë oophou om die vreugde in onverwagse dinge te vind sodat ons kan leer om te waardeer wat ons het. Dit is dan ook ‘n uitdaging om die mooi dinge in jou week raak te sien en te waardeer! 🙂
Die volgende wonderlike weeklikse ondervinding
1. VRIENDINNE
Elke Dinsdag drink ek en n vriendin tee. Ons doen dit nou al vir seker 4 maande. Hierdie Dinsdag het sy rustig na my hartseer ervarings geluister en my bemoedig. Dit is heerlik om so n vriendin te hê.
Vandag of Woensdae drink ek tee met n groep dames wat ook werklik baie vir my beteken. Ons is n groep uiteenlopende persone wat mekaar bemoedig, ondersteun en gedagtes uitruil.
2. VERTROUE IN MY SKEPPER
Maandagoggend het ek n dip gevang en my hart was baie seer en onrustig. Ek het gesit en huil en my oë opgeslaan na waar my hulp vaandaan kom. Alles oorgegee en tot rus gekom. Hoe wonderlik is dit nie!
10 responses to “Weeklikse Wonders: no 1(a weekly wonderful adventure or happening)”
Sterkte Ineke! Dit is wonderlik om so ‘n wonderlike vriendin te he! Geloof is al wat mens staande hou!
LikeLike
Ware woorde en dankie vir ondersteuning.
LikeLike
Dit moet baie moeilik wees om in ‘n ander land te leef en aan te pas.Ek hoop jy voel beter! “Drukkie”
LikeLike
Ja, dis maar n ding. Om op n ouer ouderdom te verhuis en dan nog alleen ook is maar n storie. Ek het gelukkig weer tot rus gekom. Dankie vir drukkie. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy voel beter.
LikeLike
Ja wat, aanhou, uithou en bêkhou. Daar is tog altyd weer lig in die tonnel
LikeLiked by 1 person
Wonderlik!! 😀
LikeLike
En ek is jammer om te hoor dat die week ‘n paar nie-so-lekker dae ingehou het nie. Ek hoop dit gaan beter? Psalm 147:3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
So ‘n wonderlike Vader wat ons dien!
LikeLike
Baie dankie vir die onderskraging. Ek waardeer dit.
LikeLike
Dankie, sommer besluit toe ek joune gelees het om dit te doen.
LikeLike