Toeka-Tokkel no 27 : Onderwys/ onderwysers



ONDERWYS/ONDERWYSER

Image result for teaching pictures free

Toeka- Tokkel is lekker.

Elke week gee ek n ander onderwerp/woord om oor te kuier.

Skryf na hartelus in Afrikaans en pos jou skakel in my kommentaar.

Ons wil almal jou blog besoek en lees wat jy sê.

Hierdie week gaan oor ONDERWYS/ONDERWYSERS

Ek het n lywige storie oor n klein deeltjie van onderwys.

Aangesien ek vir ongeveer 40 jaar skool gehou het, kan ek heelwat oor onderwys en onderwysers sê. Ek was nooit n uitgeknipte onderwyseres nie. Nooit ook regtig baie van skoolhou gehou nie. Tog het ek, as toegewyde persoon, my dit aangeleer om wel daarvan te hou om met die verskillende kinders te werk.

Die beste van my skoolhou tyd was toe ek 9 jaar by n hoërskool vir standerd 6 tot 8 skoolgehou het.

Tienerjare is moeilike jare. Ek het Engels as tweede taal aangebied. Almal weet hoe die gemiddelde en ondergemiddelde kinders van Engels gehou het. Die lesse moes so kleurvol en uitdagend wees, sodat hul nie anders kon ,as om deel te neem nie.

Die tydperk wat ek by die hoërskool was was ook n moeilike tyd in die land. Omdat dit in Secunda en by Sasol II en III was moes die matriekseuns help om die skool te beskerm en te patroleer. Gewere was gereed in die kluis vir ingeval. Ons het ook gereeld die noodplan geoefen.

Ons, as onderwysers, is ook opgelei om n vuurwapen te gebruik. Ons het skietoefeninge gehad om seker te maak dat ons paraat was.Ons moes ons eie vuurwapen gebruik vir beskerming. Dis n groot verantwoordelikheid om kinders te moet beskerm en veilig te hou.

Ek het ook bv meeste van die tyd die stadiger ouens in my registerklas gehad. Ek was party dae moeder, vader en vriend vir baie van die kinders.

Een jaar was dit n meisieklas.

Daardie jaar is een van die meisies weggestuur na n verbeteringsskool. Alles, net omdat sy in huislike omstandighede was wat haar net laat versleg het. Sy was n regte rebel. Al die verslae en dinge wat ingevul en bygehou moes word was n reuse taak gewees. Ek onthou nog dat sy op die einde gerehabiliteer is en  haar matriek geskryf het. Ek het maar haar vordering gevolg. Die ergste van die hele storie was dat die eerste dag wat sy vry was om die lewe aan te durf buite die skool is sy doodgery toe sy die straat oorgesteek het.

n Ander jaar het ek  n seunsklas gehad. Dis nou n handvol. Hulle was n rowwe spul gewees. Ons het egter speel-speel die dag se werk aangedurf. Daar was n tweeling gewees. Hul was 10 broers en susters, almal ewe rof. Hul was egter n hegte familie en goed gemanierd. Nadat hul uit die skool is het ek eendag een raakgeloop. Hy was so bly om my te sien. Eerste wat hy sê is dat hy pas uit die tronk gekom het. Hy het hom voorgeneem om nooit weer hardhandig met mense te werk nie. Hy het sy les geleer, hy gaan n goeie pa en man vir sy vrou en kind wees. Dis so jammer dat sulke kinders wat innerlik tog mooi en ordentlik is in omstandighede kom wat hul net in die moeilikheid bring. n Ander seun het bv eendag reguit vir my gesê hy sal nie sy boek uithaal en werk doen nie. Kantoor toe gevat en met hoof gepraat. Ons het frustrasie uitgestryk en hy was n dankbare kind aan die einde van die jaar toe hy wel geslaag het. Die optrede van my het gemaak dat hy besef hy moet werk om iets te bereik. Hy het sommer aan die einde van die jaar vir my n coke gekoop om dankie te sê omdat hy geslaag het. Dit is die waardering van die kinders wat onderwys die moeite werd gemaak het. Bygesê dit was jaarliks harde werk om die kinders te laat slaag. Dit het meestal baie aanmoedigings werk gekos om hul te oortuig dat  met harde werk en deurdruk die lewe die moeite werd  is.

Dit dan so n klein knippie van onderwys!

***************

Op die oomblik het net Kameel oor drama geskryf. Baie dankie vir jou getroue deelname Kameel. Ek, en ander lesers waardeer jou pragtige skryfwerk.

Gaan lees gerus wat Kameel oor drama skryf

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/22/die-lewe-is-n-drama/

***************

Julie se temas is as volg:

  1. Kleur
  2. Familie
  3. Teater
  4.  Brandhout.

So, volgende tema is   KLEUR

Advertisement
, ,

22 responses to “Toeka-Tokkel no 27 : Onderwys/ onderwysers”

    • Dankie ek gaan vandag weer honde oppas sonder internet. Sal vanaand lees en hopelik my volgende storie ook skryf. (vriendin v my se man het Sondagaand n beroerte gehad en nou pas ek haar huis en honde op terwyl sy by hospitaal is. Hy is darem uit intensief maar moet gerehabiliteer word om weer te loop en beweeg ens. Brein werk darem nog goed om te wil huistoe gaan. Weet mos hoe manne is!)

      Like

    • Beslis lekker. Nie te lekker as jy kinders se kinders ook later kry( lat mens bietjie oud voel!) Gaan gou eers jou storie lees. Dnkie vir die deelneem!

      Liked by 1 person

  1. As ek so lees wat jy geskryf het besef ek net weer hoe moeilik dit vir my onnies moes wees. Van ‘n rebel se kant af is almal aan die buitekant die vyand. So jammer van daardie meisietjie.

    Like

    • Beslis baie moeilik om sulke kinders te bereik. Tog is mens so lief vir hulle en kan alles gee wat mens moontlik kan. Die meisie was n pragtige kind, uitgeknip vir n goeie leier en tog het alles net verkerd geloop. Ek is dankbaar dat jy beslis bo uitgekom het , met hulp van mense om jou en dan jou geloof ook. Wys dat jy tog baie goeie eienskappe het om te ontgin en te gebruik

      Like

      • Weet nie of ek sommer net vandag tranerig is nie, maar dankie vir jou woorde. Weet net God se genade oor my was ontsettend groot. In die week sê my man as God nie in ons lewens ingegryp het toe Hy het nie was dit ek en hy wat nou by stopstrate met bordjies staan en bedel het. Ek weet dit klink oordryf….. maar dit is nie. Ons was vining besig om te sink, en die bottel was waarna ons albei gegryp het.

        Like

        • Nee wat dis goed om emosie te wys en te voel(vertel n gevoellose ekke wat nie maklik geraak word nie. Binne ja maar wys dit nooit!) My man was werkloos en op straat die laaste jaar van sy lewe. Dis hoekom hy opgegee het en sy eie lewe geneem het.(Nou is ek self sommer tranerig as ek daaraan dink) Ons het alles verloor agv sy optrede. Ek het gelukkig nog skoolgehou en my en my kind aan die lewe gehou(en my man ook in n groot mate)

          Like

          • Ai Scrapy, sou ons in ander se harte en lewens kon inkyk, sal ons nie so vining oordeel nie. Net God ken die diepte van ‘n ander se seerkry.

            Like

  2. Dis waar Ineke mens kan omtrent ‘n boek volskryf oor al die goeters wat mens in die klaskamer beleef het. Ek was altyd by die skoolbeginners en moes ook maar baie dae van al die huismoleste hoor!

    Like

    • As mens so terug kyk is dit beslis n werk wat baie bevredigend is want mens sien daagliks die verandering voor jou oopgaan en blom

      Liked by 1 person

  3. Wat n verskriklike ding om met die rebelse meisie te gebeur Ineke! Hoe maak n mens rede daarvan? Vir julle wat so pad saam met haar geloop het moes dit vreeslik gewees het?

    Like

    • Dit was regtig n skok. Sy het reeds n tweede keer na n inrigting gegaan. Die laaste een was in Jhb en werklik n rehabilitasie skool. Sy het blykbaar heeltemaal reggekom. Sy was ook n intelligente kind gewees. Die lewe loop maar vreemde draaie!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: