Toeka-Tokkel no 28 : Kleur


Jammer ek is bietjie laat maar ek het nie gedurende die dag internet nie. Alles moet oorstaan tot ek saans na sewe weer tuis is.

Hier gaan ons dan nou met                        KLEUR        

Kleur is belangrik in enige mens se lewe. Hoe sou dit gewees het as daar geen kleur was? Alles grys? Alles swart? Alles wit?

Kleur uitgehaal, net reënboogkleure oor
Kleur uitgehaal, net reënboogkleure oor

Of wat hiervan?

IMG_8621

Kleur is tog werklik belangrik in die lewe.

Kleur beskryf gevoel. Die sagtheid of intensiteit van die kleur help ook om gevoel te skep.

Die volgende kleure assosieer ek met n sekere gevoel en ek dink baie mense voel saam met my.

Dis my eie gevoel jy mag verskil of dalk nog meer weet van die kleure.

Groen – natuur, vars, jaloesie

Rooi – warmte, liefde, gevaar

Blou – die hemel, sag en rustig, dreigend, manlik of seuntjies.

Pienk – sagtheid, vroulik en dogtertjies

Pers – adellik, statig, soms begrafnisse

Geel – son, skerp, helder

Wit – reinheid, skoon

Swart – bedreiging, donker, dood, somber

Dink aan die volgende kleur beskrywings:

Hy het haar bloedrooi rose gegee – Niks anders as liefde.

Die verkeerslig het flitsend rooi gevaar gewys.

Haar lippe was granaat rooi en vol.

Jan het haar pimpel en pers geslaan.

#    #     #     #

Toeka -Tokkel is vir almal wat in Afrikaans wil skryf.

1. Donderdae verander ek die tema.

2.  Skryf n pos, noem my pos en gee n skakel sodat ander kan sien en lees waaroor dit gaan.

3. Pos n skakel van jou blog in my kommentaar sodat ek en ander kan lees wat jy vertel.

Geniet dit!

Baie dankie aan die ouens wat verlede keer se onderwys-storie ondersteub het. Lees gerus wat hul alles te sê het oor onderwys/onderwysers.

Toorts se drama het laaskeer in die slag gebly. Gaan lees gerus haar dramas

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/18/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-drama/

Toorts skryf oor Jan wat graag goed wil wees. Almal moet help om op te voed….

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/30/toorts-se-toeka-tokkel-oor-onderwys/

Kameel vertel oor mnr Bekker wat n wonderlike onderwyser was..

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/30/meneer-bekker-en-die-rebel-2/

Herriemerrie  skryf oor uit die hoof leer van aanhalings ….

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/01/passie-in-die-onderwys/

Ons volgende tema is  FAMILIE

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Toeka-Tokkel no 28 : Kleur”

    1. Sjoe, dankie man jul is vinnig hierdie week. Seker koue wat almal binne laat bly. Gaan gou eers lees wat jy sê

      Like

    1. Ag dis te sweet van jou! So bly ek kan bietjie vreugde vir jou bring. Gaan nou eers jou pers lees!
      Dankie vir jou deelname

      Like

  1. Kleur? En familie?
    Watter wonderlike onderwerpe!
    Ek hou van jou assosiasies met kleur.
    Terloops, jy moet onthou om altyd jou eie bloginskrywing oor die onderwerp ook te tag. 🙂 Jy het mos OOK daaroor geskryf!

    Like

    1. Bly dit trek darem nog die aandag. My onderwerpe is tot November gevul . Moet nou nog verder dink. Miskien kan ek vra vir ekstra idees een of ander tyd. Ha ha ja ek moet seker dit doen! Nie so daaraan gedink nie(Did nou die tag!)

      Liked by 1 person

  2. As ek net dink hoe morbied voel ek op ‘n grou dag weet ek net sonder kleur sou ek ‘n swaarmoedige mens gewees het. 😦 Soos ek verstaan sien honde net in wit en swart….. as dit waar is voel ek jammer vir hulle in hulle kleurlose wêreld.

    Like

    1. Ja ek stem saam, sal rerig neerdrukkend gewees het. Gelukkig hoef honde nie kleur te gebruik om uit te sorteer wat hul wil aantrek of hoe hul moet lyk nie!

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s