Jammer ek is bietjie laat maar ek het nie gedurende die dag internet nie. Alles moet oorstaan tot ek saans na sewe weer tuis is.

Hier gaan ons dan nou met                        KLEUR        

Kleur is belangrik in enige mens se lewe. Hoe sou dit gewees het as daar geen kleur was? Alles grys? Alles swart? Alles wit?

Kleur uitgehaal, net reënboogkleure oor
Kleur uitgehaal, net reënboogkleure oor

Of wat hiervan?

IMG_8621

Kleur is tog werklik belangrik in die lewe.

Kleur beskryf gevoel. Die sagtheid of intensiteit van die kleur help ook om gevoel te skep.

Die volgende kleure assosieer ek met n sekere gevoel en ek dink baie mense voel saam met my.

Dis my eie gevoel jy mag verskil of dalk nog meer weet van die kleure.

Groen – natuur, vars, jaloesie

Rooi – warmte, liefde, gevaar

Blou – die hemel, sag en rustig, dreigend, manlik of seuntjies.

Pienk – sagtheid, vroulik en dogtertjies

Pers – adellik, statig, soms begrafnisse

Geel – son, skerp, helder

Wit – reinheid, skoon

Swart – bedreiging, donker, dood, somber

Dink aan die volgende kleur beskrywings:

Hy het haar bloedrooi rose gegee – Niks anders as liefde.

Die verkeerslig het flitsend rooi gevaar gewys.

Haar lippe was granaat rooi en vol.

Jan het haar pimpel en pers geslaan.

#    #     #     #

Toeka -Tokkel is vir almal wat in Afrikaans wil skryf.

1. Donderdae verander ek die tema.

2.  Skryf n pos, noem my pos en gee n skakel sodat ander kan sien en lees waaroor dit gaan.

3. Pos n skakel van jou blog in my kommentaar sodat ek en ander kan lees wat jy vertel.

Geniet dit!

Baie dankie aan die ouens wat verlede keer se onderwys-storie ondersteub het. Lees gerus wat hul alles te sê het oor onderwys/onderwysers.

Toorts se drama het laaskeer in die slag gebly. Gaan lees gerus haar dramas

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/18/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-drama/

Toorts skryf oor Jan wat graag goed wil wees. Almal moet help om op te voed….

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/30/toorts-se-toeka-tokkel-oor-onderwys/

Kameel vertel oor mnr Bekker wat n wonderlike onderwyser was..

https://toortsie.wordpress.com/2015/06/30/meneer-bekker-en-die-rebel-2/

Herriemerrie  skryf oor uit die hoof leer van aanhalings ….

Passie in die onderwys

Ons volgende tema is  FAMILIE


22 responses to “Toeka-Tokkel no 28 : Kleur”

  1. Toortsie se Toeka Tokkel oor Kleur | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog Avatar

    […] sê ons moet kleur skryf. Wat is die lewe sonder kleur? Ek word direk beïnvloed deur […]

    Like

  2. Kleure | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy gorrel die week oor kleur. […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Sjoe, dankie man jul is vinnig hierdie week. Seker koue wat almal binne laat bly. Gaan gou eers lees wat jy sê

      Like

  3. Kleur | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel – Kleur […]

    Like

  4. Marlize Avatar

    Ek geniet so om volgens jou onderwerpe te skryf. Eendag as ek groot is, wil ek graag ‘n stukkie van jou wees:)

    http://marlizeventer.com/2015/07/07/pers/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Ag dis te sweet van jou! So bly ek kan bietjie vreugde vir jou bring. Gaan nou eers jou pers lees!
      Dankie vir jou deelname

      Like

  5. […] is in ’n pers seisoen in my lewe. My bril is pers, my hare het pers strepe (bietjie gebleik nou al) en so titsel […]

    Like

  6. Toortsie se Toeka Tokkel oor Kleur | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] sê ons moet kleur skryf. Wat is die lewe sonder kleur? Ek word direk beïnvloed deur […]

    Like

  7. Toortsie Avatar

    Kleur? En familie?
    Watter wonderlike onderwerpe!
    Ek hou van jou assosiasies met kleur.
    Terloops, jy moet onthou om altyd jou eie bloginskrywing oor die onderwerp ook te tag. 🙂 Jy het mos OOK daaroor geskryf!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Bly dit trek darem nog die aandag. My onderwerpe is tot November gevul . Moet nou nog verder dink. Miskien kan ek vra vir ekstra idees een of ander tyd. Ha ha ja ek moet seker dit doen! Nie so daaraan gedink nie(Did nou die tag!)

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Dalk moet jy die woordeboek nadertrek!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
          scrapydo2.wordpress.com

          Mmm, sal ook werk! Ek het egter tonne woorde wat al gebruik het vir my skryfsessies.

          Liked by 1 person

  8. rlseaton Avatar

    Beautiful colorsplash! For some reason my phone isn’t translating so I can’t read it, but enjoy the photos!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      It is about color. How would it be if there was no color. We use color for everything in life.

      Liked by 1 person

  9. Kameel Avatar
    Kameel

    As ek net dink hoe morbied voel ek op ‘n grou dag weet ek net sonder kleur sou ek ‘n swaarmoedige mens gewees het. 😦 Soos ek verstaan sien honde net in wit en swart….. as dit waar is voel ek jammer vir hulle in hulle kleurlose wêreld.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Ja ek stem saam, sal rerig neerdrukkend gewees het. Gelukkig hoef honde nie kleur te gebruik om uit te sorteer wat hul wil aantrek of hoe hul moet lyk nie!

      Liked by 1 person

  10. rondomtaliedraai Avatar

    Ek hou van kleur … saam met prentjies is dit deel van my brein wat ek nie eers probeer onderdruk nie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      ek kan ook nie dink sonder kleur nie.

      Liked by 1 person

  11. nowathome Avatar

    Ek kan nie ‘n lewe sonder kleur voorstel nie! Ek beplan in kleur, leer met kleure assosieer goed met kleur en is mal oor kleur!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar
      scrapydo2.wordpress.com

      Kan my ook nie indink hoe dit sonder kleur kan wees nie.

      Liked by 1 person

Leave a reply to Kameel Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.