Toeka-Tokkel no 29 : Familie


FAMILIE

Stokou appelboom wat gesnoei is
Stokou appelboom wat gesnoei is

Families is vir die mensdom soos n boom met takke en takkies, verskillende groote blare, ook blomme en vrugte.

Blom met manlike en vroulike dele
Blom met manlike en vroulike dele

Die blom is soos die gesin.

Daar is n moeder en n vader(manlik en vroulik) dan kom die vrugte wat nuwe lewe bring. Eers is dit die ouerpaar se kinders, hul gaan verder met hul eie gesin  as hul later volwasse is.

Broers en susters trou en het kinders. So brei die familie uit met ooms en tantes, neefs en niggies. Die oorspronklike ouerpaar word oupa en ouma, later oupagrootjie en oumagrootjie na mate die familie uitbrei.

My eie familie is nie n vreeslik uitgebreide familie nie.

Van pa se kant was daar net n suster wat een dogter gehad het. Die niggie het, as ek reg onthou, darem twee seuns wat ek gladnie ken nie. My ma het net n broer gehad en hy het geen kinders gehad nie.

Verder het my ouers drie dogters waarvan die oudste drie dogters het, die middelste (dis nou ekke) het net n seun en jongste dogter was nie getroud en is kinderloos.

My familienaam of van het dus nou uitgesterf omdat daar net vroulike persone was.

Van my man se kant is die familie bietjie groter. Hy het twee ouer susters gehad met elk kinders,  n half suster wat n seun en dogter het en n halfbroer met geen kinders. My man se familie loop aan deur my seun wat sy familiename en van het.

Daar is baie familie stories wat n mens kan vertel. Veral as daar as familie saam verjaardag of Kersfees gehou word. Dis ook heerlik as mens lanklaas van die familie gesien het om weer kontak te hê en te hoor hoe alles gaan.

Vertel bietjie hoe gaan jou famile stories?

TOEKA-TOKKEL  is vir die lekker om in Afrikaans te skryf.

1. Elke Donderdag ruil ek die tema of onderwerp om.

2. Skryf n heerlike storie en verwys na Toeka Tokkel sodat ander ook kan sien waaroor dit gaan.

3. Plak jou skakel in my kommentaar sodat ek en ander mense ook by jou kan gaan kuier.

Geniet dit.

Die volgende persone het verlede week lekker oor kleur geskryf. BAIE DANKIE vir jul deelname sonder julle sal dit maar droog wees hier.

Ek myself het baan ge-open met

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/02/toeka-tokkel-no-28-kleur/

Toorts soek kleur in haar lewe, kyk bietjie na haar helder gehekelde tjalie

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/06/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-kleur/

Marlize is n pers persoon, sy is trots om n boekie uit te gee met gedigte in haar pers seisoen

http://marlizeventer.com/2015/07/07/pers/

Kameel is swart en wit en besef haar ma het dit nooit gedra nie!

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/07/kleur/

Herriemerrie het die mooiste spatsels kleur in haar voorstelling en noem Newton wat kleure “ontdek” het

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/08/kleure/

Daars hy dis die lot.

Die volgende  tema is TEATER

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Toeka-Tokkel no 29 : Familie”

  1. Ek is baie trots op ons familiename – ek self dra my Oupa aan vaderskant se 3 name en dit was vir my die grootste eer om Joubert na my oorlede Pa te vernoem. Ek kan nie dink aan n beter manier om n spesiale mens te vereer en te bedank nie. Maar deesdae lyk dit my hierdie sienswyse is in die minderheid en die opgemaakte name waarmee mense vorendag kom vir hul kinders gaan my verstand te bowe…

    Like

    1. Selfde hier ook. My seun het sy pa se name en my man het sy pa se name gehad. Omdat ek bv tweede dogter is is ek na my ouma aan moederskant vernoem. Oudste suster is na ouma aan vaderskant vernoem. Sy het egter hierdie vreemde name vir aldrie haar dogters gegee. Selfde met die dogters het weer hul kinders ook uitheemse name gegee. Geen tradisie om voort te gaan nie.

      Liked by 1 person

    1. Dit is beslis so. As ek soluister na almal se praat oor familie dan skud ek net my kop en wonder: hul het baie te sê oor hul familie en tog kan hul nie sonder hulle nie

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s