Toeka-Tokkel no 30 : Teater


Welkom weereens by n nuwew tema en Toeka-Tokkel. Almal wat Afrikaans skryf kan hul deeltjie hier bydra.

TEATER

Ons teater in Upper Hutt

http://www.expressions.org.nz/about-expressions/

Die woord teater kan verskillende prentjies in mens se gedagtes oproep.

Dit kan wees as plek waar daar toneelstukke of opvoerings gehou word.

'n Beeld van die teater.

https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Staatsteater

Mens kry ook film teaters waar daar hoofsaaklik films vertoon word. Die film-teaters kan in n gebou wees of in buitelug wat dan meestal n inry-teater genoem word omdat mens meestal met jou moter kan inry.

Daar is ook jou teaters in n hospitaal waar operasies uitgevoer word.

Image result for operation theatre design

Die teaters waaroor ek eintlik wil vertel is drie AMFITEATERS.

Eerste is die amfiteater by die Voortrekker monument in Pretoria. Daar is in die verre verlede verskillende optredes gedoen van toneel, koor en politieke byeenkomste. 1961 is deel van eerste Republiek fees daar gehou.

Die Amfiteater is vir die Voortrekkermonument se inwyding op 16 Desember 1949 opgerig. Geleë aan die noord-oostekant van die Monument, is dit ontwerp om sitplek vir ongeveer 20,000 mense te bied en staanplek vir 10,000 mense.

http://www.vtm.org.za/afrikaans-voorblad/groot-amfiteater/

GrootamfiK

Dan is daar die alom bekende Coloseum in Rome wat my sommer klein laat voel het toe ek daar gestaan het en die gids vertel het van die Romeinse toernooie wat daar plaasgevind het.

Die Colosseum of Kolosseum is ‘n ovale vierverdiepinggebou in Rome. Dit was oorspronklik 57 meter hoog, 188 meter lank en 156 meter breed. Keiser Vespasian na keiser Nero het dit gebou. In die eerste verdieping het die senatore, priesters en hoë beamptes gesit. In die tweede ry het die normale volk gesit, in die derde ry die vrygelate slawe en in die vierde ry het die vroue en kinders gesit.

https://af.wikipedia.org/wiki/Colosseum

Image result for dionysus amphitheatre

Dieselfde met die Dionysus teater in Athene wat op, of teen die kant van die Akropolus is. Daar het Griekse orators gepraat. Dit is die oudste teatergebou in Europa en bakermat van antieke tragedie.

Dit was netso besonders om daar te staan en te sien waar Paulis gepreek het nie ver van die teater af nie.

(Verskoon die Nederland van volgende stukkie maar daar was nie n Afrikaanse vertaling beskikbaar nie.)

Het Dionysustheater, gelegen aan de zuidelijke flank van de Atheense akropolis, is het oudste theatergebouw in Europa en de bakermat van de antieke tragedie. Het werd gebouwd in negen verschillende bouwfasen vanaf de 6e eeuw v.Chr..

https://nl.wikipedia.org/wiki/Dionysustheater

Image result for dionysus amphitheatre

Lekker lywige teater stuk hierdie keer. Dit was besonders om persoonlik op die plekke te kon staan.

My fotos is bietjie baie oud maar hul het vir my nog steeds waarde.

Ek het hul nog met n Kodak regte mik en druk geneem en dan nie negatiewe nie maar skyfies!

Hoe werk TOEKA-TOKKEL?   Baie maklik

1. Beskryf of bespreek die tema in n pos. Skryf Afrikaans, dis waaroor dit gaan.

2. Noem my pos sodat ander ook hier kan kuier.

3. Pos n skakel in my kommentaar sodat almal kan lees wat jy te sê het.

Geniet dit en wees trots op ons taal.

Die volgende persone het heerlik saamgeskryf oor FAMILIE:

Die uwe – oor families wat soos bome is met takke, takkies, blare

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/09/toeka-tokkel-no-29-familie/

Marlize het n pragtige stuk poësie geskryf oor Haar oupa die boer van Dankbaar…

http://marlizeventer.com/2015/07/13/die-boer-van-dankbaar/

Kameel moet fyn trap tussen familiegebeure….

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/14/familie-2/

Herriemerrie het dit oor familie name of nie…..

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/15/familie-goete/

Toorts oor n groot familiesaamtrek…

https://toortsie.wordpress.com/2015/07/15/toorts-se-toeka-tokkel-oor-familie/

Die volgende ouens het sommer net ook lekker saam gesels.

https://perdebytjie.wordpress.com/   http://nowathome.wordpress.com/  http://pasella2013pasella.wordpress.com/  http://rondomtaliedraai.wordpress.com/  http://dewetswild.wordpress.com/

BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT DEELGENEEM HET!

Volgende tema is BRANDHOUT

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

15 thoughts on “Toeka-Tokkel no 30 : Teater”

    1. Daar is nog verbeterings aangebring voor die veranderinge in SA. Weet nie of dit nog verder onderhou is nie!

      Like

  1. Nooit geweet van die amfiteater by Voortrekker monument nie. Was so paar weke gelede by Voortrekkermonument toe my kleinkinders as voortrekkers ingelyf is. Lekker herinneringe van my kindtyd wakker gemaak 🙂

    Like

    1. Ja jong, ek weet nie of dit nog gebruik kan word en of dit verval het nie. Ek weet net dat daar toentertyd feesvierings en optredes in gehou is. 1961 was ek in st sewe en ek onthou die massas mense om die monument met die eerste Republiekfees. Onthou ook van vliegtuie wat kleure gespuit het. Oooo nou dink ek self ook lekker terug!

      Like

  2. O die kolosseum. Sjoe, hy’s massief. Hul is nou besig om ‘n deel van hom te restoreer (spelling?). Voorheen kon ek nie die prentjie visualiseer toe dit net reünes was nie. Dankie, jou vertelling het die prentjie mooi ingekleur.

    Like

    1. Het gehoor van restorasie. Hoe vêr dit is weet ek nie. My seun hul gaan hopelik hom in Oktober besoek en dan fotos neem!

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s