Hier gaan ons met nog Toeka-Tokkel.
BRANDHOUT
Liggaamlik of figuurlik
Dis koud. Nie net koud nie, ysig koud!
Die Suidewind bol sy wange en waai daardie yswind vanaf die Suidpool hier oor ons teen n spoed van tot 130 km per uur!
Saam met die wind kom die wolke en dan ook daardie sneeu wat val tot op hoogte van 300m bo seespieël.
Nou het mens n lekker kaggel nodig met brandhout wat knetter en mens snoesig warm maak.
Ongelukkig werk dit nie so in my ou huisie nie! Ek het n kaggeltjie maar geen brandhout nie.
Die hout is duur en mens moet al in herfs begin om droë hout op te gaar(wat mense wel hier doen). In my sitkamer het ek n “heat pump” of warmpomp! wat sy bes doen om die koue te verjaag.
Hy gebruik soveel krag dat ek op my rug geval het toe ek hierdie maand se kragrekening gekry het. Dis soveel as een vrag brandhout wat my seker twee maande kan hou!
My buurvrou het n kaggel wat sy stook met optel hout wat haar neef vir haar aanry. Dit stink en rook party dae so erg dat ek alles moet toe hou om die rook uit te hou.
So liggaamlik gesproke kan brandhout gebruik word om mens lekker knus en warm te hou in die koue wintermaande.
Brandhout, figuurlik gesproke, stel ek voor as al die idees en gedagtes wat mens in jou brein voer om weer alles te gebruik of te brand as dit verwerk word.
My gedagtes het baie brandhout nodig om besig te bly. Ek is gedurig besig om in my gedagtes dinge uit te dink en te oorweeg. As daardie brandhout nie daar is nie kan niks ontwikkel en gedoen word nie.
Ek het heerlik my brandhout gebruik en hierdie pos aanmekaar geslaan! Wat dink jy van BRANDHOUT?
(Prente kom van www.google.co.nz, net die kaggeltjie en heatpump is my eie fotos)
TOEKA-TOKKEL en wat dit behels:
1. Skryf Afrikaans en geniet dit! Elke week op n Donderdag verander ek die opdrag of uitdaging.
2. Skryf n pos en verwys na hierdie pos sodat ander kan sien waar dit vandaan kom en waaroor dit gaan.
3. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat ek en ander by jou kan uitkom en lees wat jy alles sê oor die onderwerp.
HOOP OM IETS VAN JOU TE HOOR! Geniet dit!
Die volgende ouens het heerlik oor teater gesels:
Die uwe oor drie ou teaters wat al verval het
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/16/toeka-tokkel-no-30-teater/
Herriemerrie vertel van nagmerries oor operasie-teaters
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/07/22/riller-van-teaters/
Kameel vertel van besoeke aan teater en Madam X
https://toortsie.wordpress.com/2015/07/22/die-lekker-van-teaters/
Toorts skryf oor pragtige opvoerings in teaters
https://toortsie.wordpress.com/2015/07/23/toortsie-se-toeka-tokka-oor-teater/
Voorverlede week se familie het nog n skrywe opgelewer! Dankie aan Olga vir haar groot familie
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/07/20/toeka-tokkel-baie-familie/
Omdat Julie 5 weke het het ek sommer n ekstra enetjie ingesit:
MENGELMOES
Augustus 2015
- Pantoffels
- TV programme
- Wasdag
- Soektog
26 responses to “Toeka-Tokkel no 31: BRANDHOUT”
[…] https://scrapydo2.wordpress.com/2015/07/23/toeka-tokkel-no-31-brandhout/ […]
LikeLike
[…] opdrag van Scrapydo, nr 31 in die Toeka Tokkel […]
LikeLike
Sjoe! ‘n Ou kaggelvuurtjie… Een maand se ekstra krag gelyk aan 2 maande se hout? Ek kies die HOUT! 🙂
LikeLike
Stem saam. Ek moet net eers die kaggelskoonmaker kry om n sertifikaat te kry dat alles werk. Dit moet elke jaar gedoen word
LikeLike
O vir brande!
LikeLike
Ja, die skoorsteen moet ook skoongemaak word omdat dit meestal hele somer nie gebruik word nie. Voëltjies hou daarvan om nes in boonste deel te bou dit moet ook verwyder word.
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2015/07/27/brandhout/
LikeLike
Dankie jong, bly die skryfwerk bring bietjie uitkoms uit die daaglikse “lewe”
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel: Brandhout […]
LikeLike
Hier by ons is die son ook bitter skaars die afgelope tyd. Ons gebruik maar elektriese verwarmers, hoewel hier nog volop hout is. Die skoonmaak, jy sien. Dit word darem ook nie so vreeslik koud nie,
LikeLike
Ons is bietjie nader aan suidpool as julle. Hier is ook nog redelik hout maar die ouens het maar die besoedeling in agterkop. Nuwer huise en jonger mense glo meer aan die sogenaamde heat pump wat maar n lugreëling is.
LikeLike
Gelukkig is die somer oppad
Ek kan nie die foto’s sien nie… net ek kla so dis seker net ek.
LikeLike
Ja wat dit sal weer warmer word. Wonder hoekom jy nie kan sien nie? Dit wys op myne!
LikeLiked by 1 person
Lyk my dis net by my … die ander lewer kommentaar of hulle dit kan sien
LikeLiked by 1 person
Daar is darem niks so lekker as ‘n lekker hou vuur nie. In Johannesburg het ons ‘n ingeboude staak braai gehad wat ons slegs vir braai gebruik het maar ons het hier in die Suid Kaap ‘n braai wat met stene gebou is. Ons kan dit nou ook as kaggel gebruik. Die buurvrou se rokende vuur moet irriterend wees maar jy kan ook nie se nie!
LikeLike
So n kaggelvuurtjie is darem maar lekker. Hier is baie kaggels wat rook in die winter. Hang af van windrigting ook
LikeLike
Sê nou vir my man ek is so bly dit sneeu nie hier by ons nie….. daardie wind, en daardie sneeu klink vir my na ‘n boek, en ‘n bed. My brandhout lê klaar half gevries in my brein, sal by niks uitkom as ek daar gebly het nie.
Kan dink jou brandhout werk oortyd, jy is besig met soveel projekte….. wonder partykeer of ek nie moet skaam voel as ek so na jou luister, en kyk wat jy doen nie. Dan troos ek my daaraan dat ek miskien ‘n Maria is 🙂 lekker cop-out.
LikeLike
Nee wat ek moet maar net my brein voer terwyl hy nog werk. Ek kom agter dat dit al minder word ook. Jy moenie sleg voel nie ek sal bv nie gaan sit en n boek lees om klaar te lees nie. Ek is te rusteloos v aard. Laat ek liewer sê ek is so ingestel om konstruktief besig te bly dat ek selfs my kuiertjies met riendinne kort knip as n uur verby is. DIs ook nie te lekker om so gedurig te wil weghol nie
LikeLike
Ook maar goed ons is nie almal dieselfde nie. Liewe, ek en my vriendin burger ons ordentlik in, sit ons voete op en eet, klets, huil, en lag die hele dag deur. Donderdae was ons kuierdag. Weens omstandighede is dit nou eenkeer ‘n maand. Ek kan myself lekker afsny van alles…. maar as ons almal so was sien ek hoe die wêreld sit en gesels het, terwyl alles om hulle vergaan 😆
LikeLike
Sug, ja wat, so het ons almal dingetjies wat eie is aan ons. Party is oordrewe ernstig terwyl ander meer lighartig en plesierig is. As ek rerig lekker ontspan geniet ek ook n goeie kuier met n goeie vriendin. Die tyd vlieg dan sonder dat mens dit weet.
Ek hoop jy staan sterk teen die aanslae van die lewe daar by jou. In God se hand is alles moontlik. 🙂
LikeLike
Ek het die woorde vanoggend baie nodig gehad. Die aanslae op my gesondheid is partymaal oorweldigend. Vanoggend vir die Here gesê dit moet wonderlik wees om uit die vleeslike liggaam te kom, en weg te vlieg. Soos ‘n skoenlapper uit ‘n kokon. Maar tot dan is Hy ons krag en sterkte…..
LikeLike
Ai, dit is maar vleeslike en geestelike stryd. Gelukkig kan ons vashou aan ons Maker. Was gistermiddag by my vriendin wat Vrydag n beroerte gehad het. Sy is dapper maar….. Daar is n verskil as mens n vaste geloof het en as daar sommer n net n eie ek waarde is. Sy was opstandig en haastig om reg te kom. Terwyl as sy n rustige benadering het van vertrou en hoop dit BAIE beter gaan. Gelukkig kon ek haar darem bietjie kalmeer en sê daar is tyd nadig en vertroue ook.
Sterkte vir jou en jy is gedurig in my gedagtes.
LikeLiked by 1 person
Ek kan net dink hoe koud dit daar is! Hier by ons het ons vir 2 dae stormwinde gehad en dit was baie koud! Ek moes maar my elektriese verwarmer gebruik!
LikeLike
Ja wat, dis maar soos dit is. Ek voel egter dat in die winter kan mens jou warm aantrek en n kombers gebruik om oor te gooi. In somer kan jy nie als uittrek en dink jy sal afkoel nie.
LikeLike
Ongelukkig het elke ding sy prys…regte brandhout rook,jou verwarmertjie se krag kos baie geld…gelukkig kos die brandhout vir jou gedagtes,niks nie en kan ons die resultate hier lees.Dankie daarvoor en sterkte met die koue!
LikeLike
Ja die lewe het sy prys. Gelukkig is mens se gedagtes gratis en dis lekker om dit te gebruik. Dankie vir jou mooi woorde. Ek geniet die skrywery al meer en meer. Nooit kon dink dat ek so sommer net lekker kan skryf nie. Die koue gaan gelukkig ook weer verby. Ek mis net met tye n bietjie sonskyn. Dis nou seker die derde week dat daar nie rerig son is nie.
LikeLiked by 1 person