Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels


IMG_0354

PANTOFFELS

Pantoffels is voetgoed om jou voete warm te hou in die winter.Dis my idee van pantoffels.

Hier in New Zealand werk dit nie so nie. Volwasse mans en vrouens doen alles met hul pantoffels aan. Hul gaan dorp toe, doen inkopies, woon sportbyeenkomste by en gaan kuier sommer in hul pantoffels. Van kinders kan mens dit nog verstaan dat hul met hul pantoffels aan, nadat hul gebad het, gaan kuier. Groot volwasse jong manne met “slippers” aan is net vir my eintlik onaanvaarbaar. Vrouens met “slippers” aan lyk sommer slonsig. Nou ja, dis hoe hul wil lyk en wie is ek om te oordeel?

Eintlik wil ek oor my eie pantoffels gesels. My eerste winter hier het ek vir my n lekker paar pantoffels gekry. Die huise hier word egter nogal goed verwarm sodat warm pantoffels eintlik te warm is vir my voete. Ek het egter elke jaar dieselfde soort pantoffels gekoop totdat Trompie deel van my huishouding geword het.

100_4640

Ek het vir hom my ou paar gegee toe hy op 8 weke hier by my kom bly het. Dit was om hom te troos en warm te hou. Toe hy klein was, was hy heel tevrede met sy eie paar. Ek het n nuwe paar vir myself gekoop nadat ek die oues vir hom gegee het. Hy het die ou pantoffels lekker rondgedra toe hy groter word. Hy was ook lief om hulle te skud. Hy skud hul dat dit so teen sy lyf en kop klap.

Ongelukkig het ek hom geleer dat ek n pantoffel vat en dan weggegooi, sodat hy dit gaan haal. Natuurlik n groot fout gewees. Op die ou end het hy my goeie pantoffels ook gegryp, geskud en weggedra. Ek moes hul in die kas bêre as ek hul nie gedra het nie. Op ou end het ek nie weer dieselfde pantoffels gekoop nie. Dis nou al seker 4 jaar dat ek nie rerig pantoffels het nie. Weet nie hoekom nie, maar winter is meestal weer verby teen die tyd dat ek  daaraan dink om n paar te koop.

(Fotos: Trompie Oktober 2010)

Toeka-Tokkel is lekker Afrikaans. Ons dink terug aan allerhande dinge wat gebeur het of nog kan gebeur ook.

  1. Skryf n pos en verwys na my pos sodat ek en ander, my en jou pos kan lees.
  2. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat almal by jou kan uitkom wat hier lees.
  3. Geniet dit. Ek verander elke Donderdag die onderwerp.

Die volgende onderwerp is : 34  TV PROGRAMME

Weereens dankie aan die volgede ouens wat so getrou my ondersteun en n stukkie skryf. Dit word werklik waardeer.

Toorts het werklik n mengelmoes droom

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/03/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-mengelmoes/

Kameel het skoon die volgende onderwerp gebruik en oor pantoffels geskryf (ek glimlag steeds)

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/04/pantoffelregering/

Kameel het die volgende dag oor haar Barbie mengelmoes partytjie geskryf

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/05/sename-en-die-barbiepoppe/

Olga skryf oor haar Lapman wat n hele mengelmoes in sy agtergrond het

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/08/05/toeka-tokkel-32/

Herriemerrie het n hele paar mengelmoes gedagtes wat sy deel

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/08/05/mengelmoes-2/

Daars hy. Gedoen en klaar tot volgende week se TV Programme

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

19 thoughts on “Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels”

  1. Scrapydo, iets aan hierdie bloginskrywing is vreemd.
    As ‘n mens jou blog oopmaak en op hierdie post kliek, maak net ‘n prentjie oop. Dis wat Kameel ook sê.
    Die enigste manier wat ek hierby kon inkom, was om op my post oor mengelmoes oop te maak en op die skakel wat jy daar geplaas het, te kliek.
    Ek weet nie wat die rede is nie en ook nie hoe om dit op te los nie.

    Like

    1. Ek weet. Ek het alweer alles moontlik probeer maar dit wit steeds nie werk nie. Ek het die Tema verander toe ek die pos reeds ingesit het. Was toe nie tevrede nie en het teruggegaan na hierdie Tema. Ek dink daar het iets gebeur wat ek nie van weet nie. Ek het bv ook my boonste prentjie verander. Dit kan dalk ook die probleem wees. Ek het toe die fotos oor opgelaai en dit het steeds so gebly. Dis net Pantoffels en Wordless Wednesday wat so maak

      Like

  2. Sjoe,niks so lelik soos ‘n antie met pantoffels aan en krullers in die kop!Om van mans nie eers te praat nie.Ag nou ja,dis hoe mens grootword en daar is niks mee verkeerd nie.Oulik van Trompie.Ek geniet hierdie stories van jou hondjie.

    Like

  3. Hoe gril ek nou vir die pantoffels wat oral gedra word. Wys jou net, ons Suid Afrikaners was grootgemaak om vol stront te wees. Of dan, meeste van ons.

    Like

    1. Ha ha, beslis anders grootgemaak! Moet gou vertel: Verlede jaar het ek n Chinese student gehad wat my gevra het of n “vriend” van my iemand is wat vrouens van straat af oplaai? Ek lag steeds daaroor. Hy is gewoond om te kom kuier met sy ou werksklere aan wat n kortbroek is wat aan sykant oopgeskeur is sdat sy hele bobeen tot sy boud wys(Darem gelukkig n onderbroek aangehad) met n verbleikte t-hemp wolkouse in boots sonder veters. Hul trek hul skoene uit voor die deur hier. Die student het gewonder of die beenwys is soos die straatvroue sn!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s