Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels


IMG_0354

PANTOFFELS

Pantoffels is voetgoed om jou voete warm te hou in die winter.Dis my idee van pantoffels.

Hier in New Zealand werk dit nie so nie. Volwasse mans en vrouens doen alles met hul pantoffels aan. Hul gaan dorp toe, doen inkopies, woon sportbyeenkomste by en gaan kuier sommer in hul pantoffels. Van kinders kan mens dit nog verstaan dat hul met hul pantoffels aan, nadat hul gebad het, gaan kuier. Groot volwasse jong manne met “slippers” aan is net vir my eintlik onaanvaarbaar. Vrouens met “slippers” aan lyk sommer slonsig. Nou ja, dis hoe hul wil lyk en wie is ek om te oordeel?

Eintlik wil ek oor my eie pantoffels gesels. My eerste winter hier het ek vir my n lekker paar pantoffels gekry. Die huise hier word egter nogal goed verwarm sodat warm pantoffels eintlik te warm is vir my voete. Ek het egter elke jaar dieselfde soort pantoffels gekoop totdat Trompie deel van my huishouding geword het.

100_4640

Ek het vir hom my ou paar gegee toe hy op 8 weke hier by my kom bly het. Dit was om hom te troos en warm te hou. Toe hy klein was, was hy heel tevrede met sy eie paar. Ek het n nuwe paar vir myself gekoop nadat ek die oues vir hom gegee het. Hy het die ou pantoffels lekker rondgedra toe hy groter word. Hy was ook lief om hulle te skud. Hy skud hul dat dit so teen sy lyf en kop klap.

Ongelukkig het ek hom geleer dat ek n pantoffel vat en dan weggegooi, sodat hy dit gaan haal. Natuurlik n groot fout gewees. Op die ou end het hy my goeie pantoffels ook gegryp, geskud en weggedra. Ek moes hul in die kas bêre as ek hul nie gedra het nie. Op ou end het ek nie weer dieselfde pantoffels gekoop nie. Dis nou al seker 4 jaar dat ek nie rerig pantoffels het nie. Weet nie hoekom nie, maar winter is meestal weer verby teen die tyd dat ek  daaraan dink om n paar te koop.

(Fotos: Trompie Oktober 2010)

Toeka-Tokkel is lekker Afrikaans. Ons dink terug aan allerhande dinge wat gebeur het of nog kan gebeur ook.

  1. Skryf n pos en verwys na my pos sodat ek en ander, my en jou pos kan lees.
  2. Plak jou skakel in by my kommentaar sodat almal by jou kan uitkom wat hier lees.
  3. Geniet dit. Ek verander elke Donderdag die onderwerp.

Die volgende onderwerp is : 34  TV PROGRAMME

Weereens dankie aan die volgede ouens wat so getrou my ondersteun en n stukkie skryf. Dit word werklik waardeer.

Toorts het werklik n mengelmoes droom

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/03/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-mengelmoes/

Kameel het skoon die volgende onderwerp gebruik en oor pantoffels geskryf (ek glimlag steeds)

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/04/pantoffelregering/

Kameel het die volgende dag oor haar Barbie mengelmoes partytjie geskryf

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/05/sename-en-die-barbiepoppe/

Olga skryf oor haar Lapman wat n hele mengelmoes in sy agtergrond het

Toeka tokkel 32

Herriemerrie het n hele paar mengelmoes gedagtes wat sy deel

Mengelmoes

Daars hy. Gedoen en klaar tot volgende week se TV Programme


19 responses to “Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels”

  1. Toeka tokkel 33 Pantoffels | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy se huiswerk van die week is oor pantoffels. Ek is mal oor pantoffels. Ek het al eintlik verlede jaar pantoffels gesien wat ideaal vir die uwe sal wees. Sien, heeltemal plat skoeisel doen dit nie vir my nie. Eh, vyf minute en my rug is so seer, ek kan gerus papier-poppies kraam. Maar nou ja, kry ek die tipe die dag in ‘n winkel, dan is my grote uitverkoop. Dus moet ek maar maak doen met wat ek het. Sulke uitgetrap swart binneband goed wat my vooruit gegroei het, maar nou ja, ten minste is my rug dan nie seer nie. […]

    Like

  2. Ek kry net my slippertjies, dan kom ek ook | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy praat die week oor pantoffels. […]

    Like

  3. Toorts se Toeka Tokkel oor Pantoffels | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] opdrag van Scrapydo. Sy sê ons moet oor pantoffels […]

    Like

  4. Toortsie Avatar

    Scrapydo, iets aan hierdie bloginskrywing is vreemd.
    As ‘n mens jou blog oopmaak en op hierdie post kliek, maak net ‘n prentjie oop. Dis wat Kameel ook sê.
    Die enigste manier wat ek hierby kon inkom, was om op my post oor mengelmoes oop te maak en op die skakel wat jy daar geplaas het, te kliek.
    Ek weet nie wat die rede is nie en ook nie hoe om dit op te los nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek weet. Ek het alweer alles moontlik probeer maar dit wit steeds nie werk nie. Ek het die Tema verander toe ek die pos reeds ingesit het. Was toe nie tevrede nie en het teruggegaan na hierdie Tema. Ek dink daar het iets gebeur wat ek nie van weet nie. Ek het bv ook my boonste prentjie verander. Dit kan dalk ook die probleem wees. Ek het toe die fotos oor opgelaai en dit het steeds so gebly. Dis net Pantoffels en Wordless Wednesday wat so maak

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Ag jy het jou bes probeer. 🙂

        Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai Avatar

    In die winter kan mens nie sonder nie Ons het teél vloere en dis yskoud

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek hou maar my skoene en kouse deur die dag aan. Ek het ook nie tapyt in my plek en vloer is yskoud.

      Liked by 1 person

  6. Marlize Avatar

    Het juis gedink vanoggend, ek moet ‘n paar koop:)

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong noudat winter verby is kry mens goedkopes!

      Liked by 1 person

  7. nowathome Avatar

    Ek het gesien hulle gaan daarmee dorp toe, toe ek laas daar by my seun-hulle gaan kuier het. Ai, toggie wonder hoekom?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek dink dis sommer gemaksugtigheid. Wonder hoe hul ruik as hul so nat word van die buit lopery!

      Like

  8. perdebytjie Avatar

    Sjoe,niks so lelik soos ‘n antie met pantoffels aan en krullers in die kop!Om van mans nie eers te praat nie.Ag nou ja,dis hoe mens grootword en daar is niks mee verkeerd nie.Oulik van Trompie.Ek geniet hierdie stories van jou hondjie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja dis wat ek ook sê! Rerig sommer slonsig. Ek is bly jy geniet my honde episodes. Die meeste draai maar om hom hier by my.

      Like

  9. Olga Avatar

    BTW, Ek was EERSTE!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man! Ek dink die ander slaap nog!

      Like

  10. Olga Avatar

    Hoe gril ek nou vir die pantoffels wat oral gedra word. Wys jou net, ons Suid Afrikaners was grootgemaak om vol stront te wees. Of dan, meeste van ons.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, beslis anders grootgemaak! Moet gou vertel: Verlede jaar het ek n Chinese student gehad wat my gevra het of n “vriend” van my iemand is wat vrouens van straat af oplaai? Ek lag steeds daaroor. Hy is gewoond om te kom kuier met sy ou werksklere aan wat n kortbroek is wat aan sykant oopgeskeur is sdat sy hele bobeen tot sy boud wys(Darem gelukkig n onderbroek aangehad) met n verbleikte t-hemp wolkouse in boots sonder veters. Hul trek hul skoene uit voor die deur hier. Die student het gewonder of die beenwys is soos die straatvroue sn!

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.