Toeka-Tokkel no 34 : Televisie- program/me


TV-PROGRAM/ME

Die TV is nou nie juis my beste tydverdryf nie. Ek het nie al hierdie “fancy” ekstra kanale wat jy moet betaal om sekere goed te kan sien nie. Vir n pensioenaris met n klein inkomste is dit die laaste waarvoor geld gebruik word.

My TV kanale is 1, 2, 3, 4 en Maori.  Almal is maar rerig vervelig. Ek is nie  mal oor die soetsappige, seksbehepte sessies nie. Ek volg in die namiddag n sepie genaamd “Home and away”. Dit gaan maar oor al die alledaagse dramas wat meestal opgeblaas en oordryf word. Dan is dit nog n Australiese sepie daarby.

Die nuus om 6 is meestal vol moord, doodslag en politiek. Kan hul hier vir jou politiek gesels? Beslis aanhoudend en altyd dieselfde storie.

Daar is ook programme soos: Dancing with the Stars NZ, X Factor NZ, Selfs kookkompetisies van NZ. Verder is dit alles maar buitlandse programme wat meestal nog herhaal word ook. NCIS, Homeland, Save House, ken ook nie al die name nie. Daar is darem oor die naweek Flieks wat hul wys – meestal ou goed wat lank gelede gewild of selfs nie gewild was nie. Ek is ook nie n “science fiction” mens nie. Erg vervelig!

Daar het jy dit. Ek gooi die bal nou in jou rigting om te vertel wat jy met TV programme kan doen. Myne is maar skraps.

( Ek hou liewers meer van werklike dramas soos met my buurvrou!)

Geniet die skryf want skryf is lekker!

TOEKA-TOKKEL is vir almal wat iets te vertelle het.

  1. Skryf n stuk oor die onderwerp en plaas dit in n pos.
  2. Noem my blog in jou skrywe asb sodat ander kan saam doen.
  3. Plak jou skakel in my kommentaar sodat ander ook lekker kan lees.

Geniet dit en skryf Afrikaans.

Die volgende gaan oor  WASDAG

Baie dankie weereens aan die volgende ouens wat lekker in, met en oor pantoffels gekuier het.

Die uwe : Trompie se liefde vir pantoffels

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/08/06/toeka-tokkel-no-33-pantoffels/

Toorts en haar pienk pantoffels wat gaan parte koop het

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/12/toorts-se-toeka-tokkel-oor-pantoffels/

Herriemerrie hou van dubbele warm voete – slaaptoffels en buite toffels

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/08/12/ek-kry-net-my-slippertjies-dan-kom-ek-ook/

Olga skryf oor die mooiste gebreide patoffels wat sy self brei.

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/08/12/toeka-tokkel-33-pantoffels/

(Gumpf!!!! toe verdwyn die Toeka-Tokkel pantoffels se inskrywings sommer netso!

Jammer vir die gesukkel met die pantoffels saam. Ek weet nie wat aangaan nie en hoop hierdie een kom normaal deur!)

Advertisement

30 responses to “Toeka-Tokkel no 34 : Televisie- program/me”

  1. En . . . mis!!! | Herriemerrie Avatar

    […] tokkel met TV Programme, dat ek nie weet wat om te sê nie.  Toegegee, dit was nie voorheen vir Scrapy gedoen […]

    Like

  2. Toekatokkel 34 Televisie programme. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] ja, oor die wat ek wel kyk, kan ek verseker ‘n emmer vol gal braak. Ek is seker dis nie wat Scrapy in gedagte gehad net nie, maar ek woon mos in Suid Afrika. Vergistings is aan die orde van die dag. Sedert […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie solank . Ek is bly jy kom weer by my uit.

      Like

  3. TV Programme | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Tv programme […]

    Like

  4. perdebytjie Avatar

    Jy het my nou nuuskierig oor jou buurvrou..Lol

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ho ho die liewe buurvrou! Ek kan boekdele skryf en vertel oor haar en haar maniere en dinge wat sy aanvang(Sy is geneig om haar elmboog bietjie hoog te lig dan doen sy goed waarvan sy kastig niks onthou nie!)

      Liked by 1 person

      1. perdebytjie Avatar

        Hehe!Dit klink interessant…

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis baie interessant. Ek hou my voordeur gesluit sodat sy nie sommer kan inwals en haar dronkverdriet in my sitkamer uitstortt nie. Mens raak moeilik ontslae van sulke ouens.

          Liked by 1 person

          1. perdebytjie Avatar

            O jinne,dit klink nogal na een van daardie mense vir wie mens wegvlug en wegkruip

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Beslis. Op oomblik ignoreer ek haar want sy is sommer ongeskik ook. Sodra sy iets nodig het is sy die goedheid self. Kry haar soms jammer. Sy doen op oomblik gemeenskaps diens a g v haar drinkery!

              Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai Avatar

    Ek sit nooit met my hande gevou en kyk nie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek doen ook maar iets anders tussenin. Die programme is meestal so vervelig dat ek meer ander dinge doen as rerig kyk.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Dan is ‘n herhalingt ook lekker vars en nuut want jy het baie gemis

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Nee wat, dit trek my net nie meer nie! Miskien omdat ek nie meer hekel en brei nie.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            En hier spog ek nog met juou flukse handearbeid en jy doen geen steek?

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Nee wat jy het my eintlik oortuig om te rekenaar-rekenaar terwyl TV aan is!

              Liked by 1 person

              1. rondomtaliedraai Avatar

                Elke mens mag ‘n blaaskansie kry. Ek het lus om my masjien uit te haal en te begin langbroeke maak.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Klink na n goeie plan!

                  Liked by 1 person

  6. nowathome Avatar

    Ek kyk ook nie baie nie.. my man is mal oor die sport kanale!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die sport is lekker om te kyk veral as jy nie alleen kyk nie.

      Like

  7. Lewies Mymer Avatar

    Ek glo ek betaal gans te veel vir DSTV maar twv die sport-uitsendings en veral rugby hou ek maar aan betaal.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat, Dis lekker om vol wedstryde te kyk. Heel opwindend om dit te kan sien. Dit het tog maar ook sy voordele

      Liked by 1 person

  8. Kameel Avatar
    Kameel

    Nou weet ek nogsteeds nie van jou pantoffels nie. Tv….. sal sien wat ek hieroor kan sê. Ook nie ‘n vreeslike liefhebber van die kassie nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag nee man. Dis nou n gemors dat jy nie kan inkom nie! Bly jy kom darem by TV uit!

      Like

  9. Xena Phoenix Avatar

    😉 Ek is maar ‘n DVD kyker. Ek gaan koop alles wat ek op die betaalkanale sou wou kyk en kyk dit dan soveel keer as wat ek wil. Wat seker minder is as wat dit op die betaal kanale herhaal word.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Selfs dit trek ook nie my vreeslik nie. Ek was vroeër jare ngroot fliek ondersteuner. Ek vemoed ek het dit oordoen en dit is hoekom ek nie meer belangstel nie.

      Like

  10. Toortsie Avatar

    O ek is ook nie die wêreld se beste TV kyker nie. My man is die kyker. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek dink die ouderdom het ook baie daarmee te doen. Dis vir my vervelig om so stil te sit en te kyk as dit nie iets is wat my interesseer nie. Ek sit sommer maklik die TV af .

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: