Hierdie week se Toeka-Tokkel het my lekker vêr teruggevoer na die goeie ou dae.
WASDAG
1960 trek ons plot toe. Geen elektrisiteit. Nie regtig warm water nie!
Wasdag was nogal n storie. Ons het buite n dubbele wasbak gehad. Die een het riffels gehad waarop die wasgoed geskrop kon word. Dit was harde werk om lakens te was. Klere was nie te erg nie want die stukke was kleiner.
My Ma het ekseem gehad.Sy het baie swaar gekry met die sepe wat so sterk was. Sy was allergies vir die seep. Tog moes sy maar wasgoed was.
Gelukkig het my Ma darem later een dag in die week n huishulp gehad. Maandae is wasgoed gewas. Dinsdae het my Ma gestryk..

Foto geneem in 1977 van huishulp en wasgoed.
Vandag is alles darem baie gerieflik. Almal het elektrisiteit, outomatiese wasmasjiene en selfs droëers om die werk te doen. Die masjien word gelaai, knoppies gedruk en die masjien doen die res.
Wonder of daar nie eendag n robot sal opdaag om die wasgoed in masjien te sit, knoppies te druk, op te hang en weer af te haal, te stryk en op te vou. Dalk selfs om dit te bêre ook.
Weer terug na 1960.
In die begin was Vrydagaande mense wasdag. My Ma het water in n groot kastrol op gasstoof warm gemaak. Sy het n groot blik bad in kombuis staan gemaak. Ons vier vrouens (dis nou ma en drie dogters)het dan om die bad met warm water gestaan, ons ingeseep en afgespoel!. Gelukkig het ons darem later n gas warmwaterstelseltjie in badkamer gekry waar ons dan in wasbak kon was. Ons kon slegs eenkeer in die week rerig bad. Die bad was ook net maar n sitbad.
Gelukkig, omdat ek kort was, kon ek darem soort van agteroor lê met my bene opgetrek. Ons het ook die warm water gedeel. Eers my Ma wat bad, dan is dit my of my suster se beurt om in dieselfde water te was!
Ek het darem nou lekker terug aan die goeie ou en swaarkry dae gedink.
TOEKA-TOKKEL uitdagings:
- Dis lekker, dis Afrikaans.
- Skryf n stuk op jou bladsy, pos die skakel in my kommentaar.
- Verwys asb na my pos om ander mense te laat sien en lees waaroor dit gaan.
- Geniet dit.
Die volgende persone het weereens lekker oor TV gesels.
Baie dankie vir jul getroue ondersteuning dit word rerig waardeer.
Ook dankie aan ouens wat nie n pos maak oor onderwerp maar steeds lekker saam gesels in die kommentaar.
Kameel was eerste met haar bydrae. Sy is nie n groot TV ondersteuner nie. Sy dink terug aan die heerlike wêreldreise saam met haar kleinseun…
https://toortsie.wordpress.com/2015/08/18/tv-programme/
Toorts is volgende met terugvoer na begin van TV. Ook maar nie n TV kyker en tog tussenin is daar iets wat gekyk word.
https://toortsie.wordpress.com/2015/08/19/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-televisie-programme/
Olga vererg haar sommer borduur oor sepies wat so vervelig is…
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/08/19/toekatokkel-34-televisie-programme/
Herriemerrie het ook heelwat oor TV te sê, sy kyk met een oog en weet presies hoe storie verloop…
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/08/19/en-mis/
VOLGENDE TEMA : SOEKTOG
Kan jy nou glo dis amper September en lente!
September 2015
37. Oudhede
38. Skottelgoed
39. Paaie
40. Bestuur/bestuurder
Soektog.