Toeka-Tokkel no 36 : SOEKTOG


SOEKTOG

Image result for pictures on search

Wie ken nie daardie magtelose gevoel wanneer jy haastig is en iets wat dringend nodig is nie gevind kan word nie?

Voor verlede week het ek n soektog gehad wat my nogal paniekerig gemaak het!

Ek is nie baie lief daarvoor om self te bestuur as ek ver moet ry nie. Ongelukkig moet dit tog maar gedoen word. My vriendin het 4 weke terug n ligte beroerte gehad. Ek het besluit om maar eenmaal in die week te ry en haar in die hospitaal te besoek. Die hospitaal is amper twintig minute se ry van waar ek bly.

Mens kan  nie by die hospitaal  in hul parkeerterrein parkeer nie omdat dit baie duur is. Ek parkeer maar in die straat. Om in die straat te parkeer beteken nie dat dit naby die hospitaal is nie.

Die dag toe ek gaan vir die besoek, was daar geen parkeerplek naby nie. Ek moes maklik n kwartier stap om by die hospitaal te kom.

Lekker gekuier, toe is ek weg om huistoe te gaan. Ek stap weer die paadjie waarlangs ek gekom het. Ek loop en loop en loop. Toe kom ek agter  dat ek nou loop waar ek nie voorheen geloop het nie.

Ek kry nie die kar nie! Nou wat nou? Bel ek my seun? Nee, hy sal nie weet nie! Vra ek n omie langs die straat? Hy sal nie weet nie want ek weet nie eers die straat se naam waar ek parkeer het nie. Moet ek omdraai en weer terugloop tot waar ek begin het? Nee wat, ek loop nog aan en soek steeds. Pad maak n ronding en ek loop. Wraggies net om die draai kom ek op die straat af waar ek ingedraai het. Daar is my kar steeds op die plek waar ek geparkeer het.

Dis net ek wat vergeet het dat ek afgedraai het. Dis waar die ding ingekom het. Ek het reguit aangeloop i p v om af te draai in systraatjie.

Ha ha, was maar heel benoud op n stadium. Wat n soektog! So bly ek het die plek gevind. Sou nie geweet het hoe om dit te kry as dit nie was dat strate hier,  in sirkels  gebou is nie.

Ons volgende tema is OUDHEDE

Kom Tokkel lekker saam oor n soektog wat jou steeds bybly!

Skryf n pos en plak die skakel in my kommentaar sodat almal kan kom lees wat jy gesoek het.

Elke Donderdag verander ek die tema/opdrag. Jy het tyd tot volgende Donderdag om iets te Tokkel.

Geniet dit, dit is Afrikaans!

Baie groot dankie aan die volgende skrywers wat oor wasdag/wasgoed geskryf het:

Olga is EERSTE met haar vroeë wasdag herinneringe

Toeka tokkel turdy sumtieng. Wasdag.

Lekker ondersteuning van coetzeeblog ook gekry met 8 kinders!

https://coetzeeblog.wordpress.com/

Kameel het n wasmasjien gekry wat baie dringend nodig was…

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/24/wasdag-en-wasmasjien-nukke/

Toorts het haar skoonma se hart verower met haar vroeë ophang van wasgoed…

https://toortsie.wordpress.com/2015/08/25/toorts-se-toeka-tokkel-oor-wasgoedwasdag/

Herriemerrie  se strykyster is nog steeds in sy houerna jare se rondtrek…

Ouer as ‘n dekade en nog nooit gebruik nie

Ek hoop almal geniet die getokkel saam met my. Neem jou pen op en laat waai met die stories oor soektogte!


22 responses to “Toeka-Tokkel no 36 : SOEKTOG”

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie solank sal bietjie gaan lees. Ek moet nog nuwe pos aanmekaar slaan. Is heel af van skryf op oomblik

      Like

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    Het sommer saam met jou benoud geraak oor daardie kar wat wie weet waar parkeer is!!! Dit is een van die naarste gevoelens om jou kar te soek…. veral soos Hester sê in ‘n parkeerterrein met baie vloere.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis ja. Ek het in verlede nie n probleem gehad nie. Noudat ek nie my kar so baie gebruik nie is dit n hele gedoente om te konsentreer op die bestuur en die parkering ook. Dink hoe ouer mens word hoe meer dwaal mens se gedagtes en aandag

      Liked by 1 person

  2. Toeka-tokkel 36 soektog. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] mees ontstellendes kan julle hier, hier, hier en hier lees. ‘n Vreugdevolle verrassing hier. Scrapy daag ons vandees uit om te tokkel oor soektogte. Ons gaan mos maar soekend deur die lewe. Wat is daar wat ek nog nie gesoek het nie? Ek moes al tot […]

    Like

  3. rondomtaliedraai Avatar

    Nee ek maak baie seker dat ek onthou

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, jy sal ook op die stadium kom. Ek het seker gemaak waar ek parkeer en tog net dood eenvoudig vergeet van die afdraai! Ek kom agter dit gebeur so nou en dan dat ek moet soek! Veral as ek nie op plek parkeer waar ek meestal parkeer nie

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Jy moet maar ‘n remote kry

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Sou nie gehelp het nie want ek was ver van kar af. My interlock v kar is kapoet. Ouderdom!

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ag gelukkig het dit ‘n goeie einde gehad en jy sal nou meer seker maak in die vervolg

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ha ha, ek het myself nog nie afgeskryf nie. Sal beslis beter oplet as ek parkeer

              Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel Avatar
    HesterLeyNel

    Ai mens, ek wil nou nie myself verlekker in jou ongerief en angs nie, maar ek is so bly dat ek nie die enigste een is wat aan hierdie kwaal ly nie. Ek het selfs ‘n paar keer my Panda “verloor” in die bank se parkeergarage waar ek vyf dae per week probeer het om op elke dag op dieselfde plek te parkeer – digby die hysbak. Ongelukkig was dit ‘n groot area met ses vloere en soms maak jy ‘n fout en parkeer op die verkeerde vloer. Dan ry jy nou maar op en af met die hysbak totdat jy jou karretjie vind of totdat die sekuriteitswag (wat jou vergeet-streke goed geken het) jou reghelp.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is net bly jy ken die gevoel van magteloosheid om hom nie te vind nie. Ek parkeer ook meestal op selfde plek as ek dorp toe gaan. As my parkeerplek gebruik is en n ander plek gebruik loop ek, as ek nie oplet nie, eers na die ou normale plek. He he, dan onthou ek meestal, nee dis nie daar nie, dis iewers anders.

      Liked by 1 person

  5. Olga Avatar

    Altyd my grootste vrees. 😉 Dink net om die polisie of sekuriteit te moet vertel, “Ek het vergeet waar my kar is.” Sover, het ek nog nie nodig gehad nie. Ek probeer maar sover moontlik die naaste “landmerk” memoriseer. Maar….. Hoeveel langer gaan dit werk?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit was nie n lekker gevoel nie! Ek dink as ek dalk teruggeloop het sou ek dalk onthou het. Wys jou net hoe vinnig so iets kan gebeur.

      Like

  6. Toortsie Avatar

    Sjoe! Lekker baie deelnemers! 🙂
    Daai gevoel van kan nie onthou waar die kar geparkeer is nie, ken ek baie goed. Een dag het ek loop en soek na my kar, toe ‘n baie bekende boer van ons omgewing by my stop en vra: “Men Toorts, weet jy wasr jou kar is?” Ek het geantwoord dat ek nie wet nie, maar dis okay, ek sal hom nog kry. Tóé onthou ek dat ek met my má se kar gery het, en vind dit dadelik. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, wys jou net! Gelukkig het ek net my eie tjorrie. Steeds maar n benoude ondervinding gewees.

      Like

  7. de Wets Wild Avatar

    Dis darem maar n aaklige gevoel as jy begin wonder of jou kar gesteel is. En as jy eers weet dat dit verseker so is, is dit erger as n karate skop op die maag…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Snaaks genoeg het ek nie eers aan steel gedink nie. Ek het net gehoop ek kan onthou waar hy geparkeer is. Na die tyd het vriende gepraat van steel toe dink ek eers daaraan. Gelukkig is dit n stokou tjorrie. Ek glo nie hul sal sommer belangstel nie!

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.