Dis weer Donderdag en hier gaan ons weer met n volgende TOEKA-TOKKEL.
Elke Donderdag verander die tema of onderwerp.
Almal wat Afrikaans skryf is welkom. Deel asb. in die heerlike gebruik en vertellimgs in Afrikaans.
Skryf in n pos oor Oudhede. Verwys na my Toeka-Tokkel.
Plak jou skakel in my kommentaar sodat nie net ek maar ook ander oor jou oudhede kan lees en dit geniet.
OUDHEDE
Dis n trietsige koue vaal dag hier in Upper Hutt, New Zealand.
Die tema Oudhede kan n wye betekenis hê. Ek klassifiseer myself nou ook onder “oudhede”.
Die gebeentes en velle is beslis goeie voorbeelde van oudhede. Dit wat my liggaamlike oudhede betref. Gelukkig werk alles darem nog in n mate en die toestand is ook nog redelik goed.
Werklike oudhede is baie waardevol. Nie net waardevol as stuk om te verkoop nie maar ook waardevol vir die eienaar.
Die meeste mense het maar stukkies meubels of ornamente oorgeërf. Baie heg baie sentimentele waarde daaraan. Ander sal dit sommer op die ashoop gooi of verkwansel vir n dringende geldjie.
As daar nie mense was wat oudhede oppas en opgepas het nie sou die wêreld baie armer gewees het. Vandag het ons die voorreg om oudhede in museums te kan sien en te waardeer. Dink maar aan koningin Victoria se tyd en die meubels van daardie tyd.
https://furniturevictorian.com/shop/product/victorian-living-room-603/
Hier is n paar oudhede wat baie spesiaal vir my is.
Die tafeltjie het ek by my ouers gekry. Dit het vier ekstra tafeltjies wat onder die regte tafeltjie inskuif. Ek het hom nie saamgebring maar geruil vir die etensklok.
Lees gerus wat
https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/08/21/die-groen-lorrietjie/
te sê het oor die ou lorrietjie.
Dankie dat jy gelees het en ek hoop jy skryf saam.
Die volgende persone het heerlike soektogte gehad. Dankie vir jul getroue ondersteuning.
Olga was weer eerste met haar sleutels wat gereeld voete kry…
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/08/28/toeka-tokkel-36-soektog/
Toorts soek volstruisvelle en die winkel waar hul moet wees…
https://toortsie.wordpress.com/2015/09/02/toortsie-se-toeka-tokkel-soektog/
Kameel se oorbelletjie wat wegkruip en draaie ry in Germiston…
https://toortsie.wordpress.com/2015/09/02/tannie-phyllis-se-oorbelletjie/
Dit is dan die lotjie vir die week.
Volgende is SKOTTELGOED
Leave a Reply