Toeka-Tokkel no 38 : Skottelgoed


SKOTTELGOED

Image result for washing dishes pictures

Die liewe skottelgoed tog!

Daar is gedurig skottelgoed wat gewas moet word in my huis. Hier is n skottelgoedwasser wat saam met die huis gekom het. Ek het hom egter in die 5 jaar wat ek hier bly nog nie eenkeer gebruik nie. Omdat ek een alleen is sien ek nie hoekom ek die masjien moet gebruik nie.

Skottelgoed was is half terapeuties vir my. Ek het op die oomblik n loseerder, so daar is meer skottelgoedjies.

Soggens, voor ek met my ander dingetjies begin, word die skottelgoed eers gewas. Soms doen ek dit ook terwyl ek kastig nuus luister saans.

Terwyl ek die goedjies was begin my brein meestal dink aan die volgende storie wat ek wil skryf of wat ek op my blog wil doen.

Soms vorder die gedagtes vinniger as wat die skottlegoed gewas word. Soms loop ek n draaitjie om TV aan te sit of die radio, dan vergeet ek skoon ek was besig met die skottelgoed. As ek weer in die kombuis kom is die water koud en die goed in die water is jakky!

Gelukkig gebeur dit nie te veel kere nie. Ek kan nogal take voltooi as ek die dag my kop daarop sit.

Dis ook hoekom die aand was beter is as oggend ene. Soggens word ek nogal afgelei van waarmee ek besig is.

TOEKA-TOKKEL is lekker. Almal is wekom.

Kom geniet n skryfdingetjie.

Elke Donderdag verander die tema of opdrag.

Skryf n pos, noem my pos in jou pos sodat ander ook hier kan kom lees.

Plak jou skakel in my kommentaarspasie EN

Siedaar dis afgehandel.

Geniet die skryf en hou Afrikaans hoog!

Die volgende tema is :  PAAIE

Ek het ook n verandering gemaak met die volgende een na paaie. Dit gaan wees Herinneringe/kuier spesiaal vir Toorts wat ons gaan vertel van haar heerlike familie kuier!

Dankie aan die volgende ouens wat heerlik oor oudhede gesels het:

Sjoe, Olga was weer eerste! Jy is n flukse werker tien uit tien vir jou harde werk.

Olga gesels oor die singer wat nie meer sing nie en skoonsus wat goedjies veilig bewaar!

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/09/04/oudhede/

Kameel vertel van wonderlike lewens oudhede..

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/08/n-oudheid-met-oe-soos-diamante/

Toorts het besonderse oudhede wat regtig pragtig is…

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/09/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-oudhede/

Danie van coetzeeblog gesels oor van paar stukke wat saam moes trek na n nuwe tuiste, riempiesbank wat waarde het..

https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/09/09/oudhede/

Herriemerrie praat oor “spoke” wat moontlik saam met oudhede kan wees.

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/09/09/gemufdhede/

Nogmaals baie dankie vir jul pragtige vertellings ek waardeer dit dat jul so getrou my ondersteun.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

30 thoughts on “Toeka-Tokkel no 38 : Skottelgoed”

    1. Ja daardie vuil skottelgoed is n euwel. Ek dink ook altyd: wat gebeur as jy skielik siek word en vreemde mense kom in jou huis en hier is die wasbak vol vuil skottelgoed. (Eintlik vroeër jare as die dr skielik moet uitkom na jou toe waar jy siek is!)

      Liked by 1 person

  1. So dis waar jy al jou stories uitdink!!! Skottelgoedwas is nie net terapie nie…. dit gee gedagtes vrye teuels (hoe de swernoot spel ‘n mens teuels?)

    Like

    1. Ha ha, dis een van die plekke. Die stort is meestal die begin van die storie dan skottelgoed en tussendeur my loop met Trompie wat ten minste 3x per dag is. Dit staan Trompie party dae gladnie aan nie want soms vergeet ek ek moet loop ook. Hy kan sommer sug en stilstaan en wag dat ek tog net kan aankom! Ek gee hom sommer n ekstra druk as hy so oulik en simpatiek optree!

      Liked by 1 person

      1. Drie maal per dag stap….. die vars lug jaag al die spinnerakke weg, en gee inspirasie. Ek is seker Trompie gee nie om nie… nie alle honde kom soveel keer per dag uit nie 🙂

        Like

          1. Het mos begin loop en vyf minute dan dreineer al my krag, kry pyn in my bors en net daar gaan sit ek op die grond. Moet hartspesialis toe gaan…. nou weet ek nie of ek nog moet loop of nie 😦 Geniet jou stap, al gaan dit al krakend 🙂

            Like

  2. Laat die loseerder skottelgoed was.

    Ek en my kamermaat het ‘n ooreenkoms gehad. Ek was die skottelgoed en sy die vloere. Ek dink sy het dalk 3 keer die vloere gewas.

    Like

    1. Hy spoel sy koppie uit en ook sy bord af nadat hy geëet het. So dis nie rerig n probleem nie. Jy kamermaat beter bietjie meer vloere was dis onregverdig dat jy gereeld skottelgoed was en sy net nou en dan die vloer.

      Like

  3. Wel – ek was eerder skottelgoed as om te kook. Die kook-ding bly maar vir my ‘n “moet”. Ek dink ons ouer dames wat nie die skottelgoedmasjien gewoond is, glo dalk om dinge dadelik skoon te hou, en nie te wag tot ‘n masjien volgepak is nie. Ek sien my skoonseun pak daardie skottelgoedwasser asof dit vir hom 2-de natuur is.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s