Toeka-Tokkel no 38 : Skottelgoed


SKOTTELGOED

Image result for washing dishes pictures

Die liewe skottelgoed tog!

Daar is gedurig skottelgoed wat gewas moet word in my huis. Hier is n skottelgoedwasser wat saam met die huis gekom het. Ek het hom egter in die 5 jaar wat ek hier bly nog nie eenkeer gebruik nie. Omdat ek een alleen is sien ek nie hoekom ek die masjien moet gebruik nie.

Skottelgoed was is half terapeuties vir my. Ek het op die oomblik n loseerder, so daar is meer skottelgoedjies.

Soggens, voor ek met my ander dingetjies begin, word die skottelgoed eers gewas. Soms doen ek dit ook terwyl ek kastig nuus luister saans.

Terwyl ek die goedjies was begin my brein meestal dink aan die volgende storie wat ek wil skryf of wat ek op my blog wil doen.

Soms vorder die gedagtes vinniger as wat die skottlegoed gewas word. Soms loop ek n draaitjie om TV aan te sit of die radio, dan vergeet ek skoon ek was besig met die skottelgoed. As ek weer in die kombuis kom is die water koud en die goed in die water is jakky!

Gelukkig gebeur dit nie te veel kere nie. Ek kan nogal take voltooi as ek die dag my kop daarop sit.

Dis ook hoekom die aand was beter is as oggend ene. Soggens word ek nogal afgelei van waarmee ek besig is.

TOEKA-TOKKEL is lekker. Almal is wekom.

Kom geniet n skryfdingetjie.

Elke Donderdag verander die tema of opdrag.

Skryf n pos, noem my pos in jou pos sodat ander ook hier kan kom lees.

Plak jou skakel in my kommentaarspasie EN

Siedaar dis afgehandel.

Geniet die skryf en hou Afrikaans hoog!

Die volgende tema is :  PAAIE

Ek het ook n verandering gemaak met die volgende een na paaie. Dit gaan wees Herinneringe/kuier spesiaal vir Toorts wat ons gaan vertel van haar heerlike familie kuier!

Dankie aan die volgende ouens wat heerlik oor oudhede gesels het:

Sjoe, Olga was weer eerste! Jy is n flukse werker tien uit tien vir jou harde werk.

Olga gesels oor die singer wat nie meer sing nie en skoonsus wat goedjies veilig bewaar!

oudhede

Kameel vertel van wonderlike lewens oudhede..

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/08/n-oudheid-met-oe-soos-diamante/

Toorts het besonderse oudhede wat regtig pragtig is…

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/09/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-oudhede/

Danie van coetzeeblog gesels oor van paar stukke wat saam moes trek na n nuwe tuiste, riempiesbank wat waarde het..

Oudhede

Herriemerrie praat oor “spoke” wat moontlik saam met oudhede kan wees.

Gemufdhede

Nogmaals baie dankie vir jul pragtige vertellings ek waardeer dit dat jul so getrou my ondersteun.


30 responses to “Toeka-Tokkel no 38 : Skottelgoed”

  1. Toeka tokkel baie en ‘n bietjie | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy praat die week oor paaie.  So wat sal ek sê oor paaie?  Ek kan vertel van ons paaie wat so vol gate is, maar dan, almal weet Graskop soos die meeste van Mpumalanga het meer slaggate as paaie.  Ek het voor my hek al met sement opgevul toe amper myself te lyf gegaan. Hoe meer die inwoners self doen, des te minder sal die mislikepaliteit doen. […]

    Like

  2. Toeka tokkel 38 skottelgoed was. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy gesels die week oor skottelgoed. Skottelgoed was, Nare ding Om dit te doen…. Nee wragtig Olga, jou kop raas. Dis… Kasterolie, nare goed Om dit te drink Eis baie moed. […]

    Like

  3. Die alewige skottelgoed | Herriemerrie Avatar

    […] se toeka tokkel die week is skottelgoed.  Beslis nie my gunsteling onderwerp van bespreking […]

    Like

  4. ‘n Klein wasbak en skottelgoed | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Skottelgoed […]

    Like

  5. Toortsie se Toeka Tokkel oor Skottelgoed | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Skottelgoed. Genade! In opdrag van Scrapydo. […]

    Like

  6. perdebytjie Avatar

    Ek haat vuil skottelgoed wat in die wasbak lê en loer.So ek spring maar gereeld in en was dit.Ek staan ook en dink terwyl ek dit doen.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja daardie vuil skottelgoed is n euwel. Ek dink ook altyd: wat gebeur as jy skielik siek word en vreemde mense kom in jou huis en hier is die wasbak vol vuil skottelgoed. (Eintlik vroeër jare as die dr skielik moet uitkom na jou toe waar jy siek is!)

      Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    So dis waar jy al jou stories uitdink!!! Skottelgoedwas is nie net terapie nie…. dit gee gedagtes vrye teuels (hoe de swernoot spel ‘n mens teuels?)

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, dis een van die plekke. Die stort is meestal die begin van die storie dan skottelgoed en tussendeur my loop met Trompie wat ten minste 3x per dag is. Dit staan Trompie party dae gladnie aan nie want soms vergeet ek ek moet loop ook. Hy kan sommer sug en stilstaan en wag dat ek tog net kan aankom! Ek gee hom sommer n ekstra druk as hy so oulik en simpatiek optree!

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Drie maal per dag stap….. die vars lug jaag al die spinnerakke weg, en gee inspirasie. Ek is seker Trompie gee nie om nie… nie alle honde kom soveel keer per dag uit nie 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek geniet dit baie maar ai die gebeentes wil so na die winter nie lekker skanier nie. Ek sukkel om bult uit te loop. Is maar rimatiek en verslyte kraakbeen wat so maak. Maar loop sal ek loop!

          Liked by 1 person

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Het mos begin loop en vyf minute dan dreineer al my krag, kry pyn in my bors en net daar gaan sit ek op die grond. Moet hartspesialis toe gaan…. nou weet ek nie of ek nog moet loop of nie 😦 Geniet jou stap, al gaan dit al krakend 🙂

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ai toggie, dis nie goed nie! Hoop dis iets wat hul kan regstel of mee kan help.Weet party dae nie wat sal gebeur as ek nie my lopies kan loop nie.

              Liked by 1 person

  8. Olga Avatar

    ‘n Noodsaaklike euwel. Ek woon alleen, of dan, net ek, Sussietjie en Lapman. So skottelgoedwas is my voorland.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis hier ook maar so. Ek kla nie daaroor nie want soos ek sê dit gee my tyd om my brein in rat te sit en dinge te oordink.

      Like

  9. rondomtaliedraai Avatar

    Ek is nie dol oor skottelgoed nie maar nou het die ontwikkelaars dit geod gedink om die kleinste enkel wasbakkie op die mark in ons woonstelle te sit!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy eet darem in eetsaal so daar is nie rerig skottelgoed nie! Spoel koppie elke keer uit na gebruik en sie daar geen gewassery nie.

      Liked by 1 person

  10. Xena Phoenix Avatar

    Laat die loseerder skottelgoed was.

    Ek en my kamermaat het ‘n ooreenkoms gehad. Ek was die skottelgoed en sy die vloere. Ek dink sy het dalk 3 keer die vloere gewas.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hy spoel sy koppie uit en ook sy bord af nadat hy geëet het. So dis nie rerig n probleem nie. Jy kamermaat beter bietjie meer vloere was dis onregverdig dat jy gereeld skottelgoed was en sy net nou en dan die vloer.

      Like

  11. spokiesnyspoor Avatar

    Wel – ek was eerder skottelgoed as om te kook. Die kook-ding bly maar vir my ‘n “moet”. Ek dink ons ouer dames wat nie die skottelgoedmasjien gewoond is, glo dalk om dinge dadelik skoon te hou, en nie te wag tot ‘n masjien volgepak is nie. Ek sien my skoonseun pak daardie skottelgoedwasser asof dit vir hom 2-de natuur is.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee wat, die ophoping van skottelgoed is vir my maar n “gemors”. Weet nie of dit rerig so oulik is nie. Hang ook seker af van persoon tot persoon.

      Like

  12. Toortsie Avatar

    O gits! Nou het ek al klaar vertel van die fees!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, jy sal maar n ekstra storietjie moet opdis vir volgende sessie! Daar het sekerlik nog ekstra goed voorgeval!

      Liked by 1 person

  13. bosveldnimf Avatar

    Ek hou ook niks van skottelgoed was nie! Pak hulle almal oor ‘n naweek maar in die dishie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      As mens een is is daar min goed om te was. Koppie word uitgespoel as ek klaar gedrink het, ook die glas . Saans /soggens kry dit n seepwas met die res van eetgery.

      Like

  14. de Wets Wild Avatar

    Ek help met baie van die huishoudelike takies, maar ek moet erken: ek ruil eerder babadoeke om as om skottelgoed te was…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek weet darem nie so mooi nie. Doeke omruil is dalk omdat dit net vir n korter tyd gedoen moet word terwyl skottelgoed elke dag gedoen moet word. Alhoewel met vandag se wegneem etes is daar min skottelgoed.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.