Sodra ek by Donderdag kom en nog niks geskryf het nie dink ek ek moet bietjie oorslaan. n Goeie hoof/organiseerder staan nie sommer terug van sy opdragte nie. So, daar gaan ek toe verder en dit werk toe uit dat ek weer n lekker geselsie oor paaie het.

AFRIKAANS IS LEKKER.

HOU DIE TAAL HOOG EN NEEM DEEL ASSEBLIEF. Skryf saam!

PAAIE

Ek het nou lekker aan Langenhoven se aanhalings gelees. As mens begin lees lei die paadjie na onder tot aan die einde van die bladsy. Ek het spesifiek iets gesoek wat paaie beskryf en sowaar, daar was toe twee mooies wat ek hierby insluit.

…   …   …

Ek het baie paaie geloop op die ou wêreld en ek weet van meer wat ander mense probeer het; maar op die ou end weet ek nie van ‘n ligter pad as die regte nie.

…   …   …

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en swaarste is die wat my voete nooit vat.

~ C.J. Langenhoven

http://www.andiquote.co.za/outeurs/CJ_Langenhoven.html

“Alle paaie lei na Rome.”  Rome moes darem op sy tyd BAIE gewild gewees het. Toe Romeine aan bewind was het alles oor hulle gegaan. Selfs paaie het Rome toe gelei.

Vandag is ons ook in n mindere mate soos die Romeine. Jy is koning/koningin in jou eie kasteel. Al die paaie loop na jou eie huis toe. As daar nie n pad is nie sal dit baie moeilik wees om in en uit te beweeg.

Paaie is nog altyd belangrik. Maak nie saak of dit n twee-spoor paadjie is nie. n Bees voetpaadjie na die drinkplek is netso belangrik vir mens en dier.

Hier waar ek nou bly, net buite Wellington die hoofstad van New Zealand, het hul n paaie probleem. Daar is net een pad in en uit Wellington. As daar n Tsunamie sou wees is daar geen kans vir Wellingtoniërs om uit te wyk nie. Daar is ook nie n manier om van hierdie kant af in te kom nie.

Die hoofweg en treinspoor loop langs mekaar al om die kant van die baai. Die baai eenkant en heuwels aan die anderkant. As daar n grondverskuiwing (landslide) is, kan daar steeds nie van die pad gebruik gemaak word nie want…..

Nou beplan hul n ander pad wat miljoene gaan kos en baie nodig is. Soos dit mos maar met die mensdom is, is daar nou weer protesteerders. Dis glo mooi natuurerfenis dele wat in die pad is.

Ai, mens kan ook nie almal tevrede stel nie. n Pad moet daar gebou word of mense dit wil weet of nie.

( Gepraat van n Tsunamie! Die aardbewings(8.4) naby kus van Chili het gemaak dat hier n Tsunamie waarskuwing is. Gelukkig nie hier aan die suidelike punt van Noord Eiland waar ek bly nie. Wel die noordelike deel. Die paraatheidwaarskuwing word elke halfuur aangekondig. Dis gevaarlik vir volgende 24 uur. Never a dull moment !)

TOEKA-TOKKEL:  Hoe werk dit?

  1. Skryf Afrikaans en geniet dit.
  2. Elke Donderdag verander die tema.
  3. Skryf n pos en plaas dit op jou Blog. Verwys na my blog om mense te wys hoe dit werk.
  4. Pos jou skakel in by my kommentaar sodat ander ook kan lees wat jy sê.            Geniet dit.

Die volgende mense het lekker oor die skottelgoed gesels.

Baie dankie julle is te dierbaar vir woorde.

Toorts met ritme van dinge doen sonder dat dit pla en alles word gedoen.

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/15/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-skottelgoed/

Kameel met n klein wasbakkie en kookwerk wat so baie skottelgoed oplewer.

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/15/n-klein-wasbak-en-skottelgoed/

Herriemerrie wie se kat aanbied om te helpwas maar dit van die hand wys.

Die alewige skottelgoed

Olga het ook geen spesiale wasser behalwe haarself nie

Toeka tokkel 38 skottelgoed was.

Daars is dit dan weer gedoen vir die week.

HERINNERINGE/KUIERTYD  is volgende week se onderwerp.

Oktober 2015

  1. Modes
  2.  Bestuur
  3. Badtyd/water
  4. Biblioteek

22 responses to “Toeka-Tokkel no 39 : Paaie”

  1. Toeka tokkel baie en ‘n bietjie…. Paaie na verraad. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy praat die week oor paaie.  So wat sal ek sê oor paaie?  Ek kan vertel van ons paaie wat so vol gate is, maar dan, almal weet Graskop soos die meeste van Mpumalanga het meer slaggate as paaie.  Ek het voor my hek al met sement opgevul toe amper myself te lyf gegaan. Hoe meer die inwoners self doen, des te minder sal die mislikepaliteit doen. […]

    Like

  2. Alle paaie gaan na Rome | Herriemerrie Avatar

    […] praat oor paaie die week.  ‘n Onderwerp wat my laat rooi sien, veral as ek in Moerse Potholes soos ‘n […]

    Like

  3. […] ( I Scrap 2  se uitdaging oor PAAIE ) […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie , so bly jy doen getrou n stukkie elke week.

      Like

  4. Die pad na ribbokvoete | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Paaie […]

    Like

  5. Kameel Avatar
    Kameel

    Hopenlik kry julle daardie pad voordat julle hom nodig kry en hy is nie daar nie. Mooi dag vir jou!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong, dis maar n politieke toutrekkery op die oomblik. Spyt kom meestal te laat.

      Like

  6. Toorts se Toeka Tokkel oor paaie, “lost & found” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] opdrag van Scrapydo, maar met ‘n kinkel.  Met hierdie bloginskrywing voer ek opdrag 16 uit van Writing […]

    Like

  7. Toortsie Avatar

    Langenhoven het ook iets gesê, soos: As die kortpad die beste pad was, sou die hoofpad daarlangs gegaan het. Dis iets wat ek in my lewe moes leer. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      A dis ook n goeie een. Hy het darem maar die mooiste sê-goed gehad.

      Like

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Ai sulke natuurverskynsels maak my erg benoud!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit kan eneige plek enige tyd gebeur. Die see het toe omtrent 80cm hoog ingekom wat nogal n goeie klomp water op n slag is.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ja… mens se brein is soms te klein

        Like

  9. Spokie sny spoor Avatar

    Ek het gister Bosveldnimf bietjie gehelp met haar PAAIE stukkie. Hier is dit:

    PAAIE – JOU REIS BEGIN HIER

    Like

    1. Spokie sny spoor Avatar

      Ek sal kyk of ek ook iets kan bydra. Darm is daar nog ‘n week …

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        My antwoord wil nie by die vorige kommentaar plak nie. Ek hoop jy kry n kansie om lekker te skryf.

        Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man. Dankie vir jou hulp. Sal bietjie gaan lees.

      Like

    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man. Dankie vir die help. Sal bietjie gaan lees!

      Liked by 1 person

  10. Xena Phoenix Avatar

    Vir die record – my kat bied net aan om die skottelgoed te was. Ek het nog altyd haar aanbod van die hand gewys. Dikwels tot haar misnoë. 😉

    Paaie laat my altyd hieraan dink:

    The Road Not Taken

    Two roads diverged in a yellow wood,

    And sorry I could not travel both

    And be one traveler, long I stood

    And looked down one as far as I could

    To where it bent in the undergrowth;

    Then took the other, as just as fair,

    And having perhaps the better claim,

    Because it was grassy and wanted wear;

    Though as for that the passing there

    Had worn them really about the same,

    And both that morning equally lay

    In leaves no step had trodden black.

    Oh, I kept the first for another day!

    Yet knowing how way leads on to way,

    I doubted if I should ever come back.

    I shall be telling this with a sigh

    Somewhere ages and ages hence:

    Two roads diverged in a wood, and I—

    I took the one less traveled by,

    And that has made all the difference.

    (Robert Frost)

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Skuus, sal dit gou regstel! Dis rerig pragtig. Veral die laaste sin.

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.