Toeka Tokkel no 41 : Mode


MODE

Mode is iets waaroor mens boekdele kan skryf.

Ek-self is nie baie modebewus nie. Solank ek netjies lyk as ek die deur uitstap is alles reg met my.

Sommige mense kan die mode slaafs navolg. Vir my is dit n duur stokperdjie as mens alle modes wil navolg en toets.

Gelukkig verskil ons almal van mekaar.

Ek sit hier en dink aan n ander manier om die mode voor te stel.

Die gedig Oktobermaand deur C Louis Leipoldt kom in my gedagtes op omdat dit vandag die eerste Oktober is. Aan die hand van die gedig gaan ek die mode beskryf!

Die viooltjies het hul beste kleurvolste rokkies  aan van blou en rooi.

Die aand se groen gee n fris en skoon gevoel.

Die hemel getooi in die blouste blou maak alles vars en uniek.

Dan die blomtuin wat in kleurvolle klere uitgedos is.

Die varkblom met haar wit rokkie gee ook n wonderskone gevoel van reinheid.

Voor Oktober was alles kaal en grys.

Nou is alles in hul mooiste klere en kleure getooi.

Die natuur se mode is vir my die mooiste wat mens maar kan kry.

C. LOUIS LEIPOLDT                OKTOBERMAAND

Dit is die maand Oktober!

Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober!
Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as ‘n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

Dit is die maand Oktober!
Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

Dit is die maand Oktober!
Ek dink die mense vier vir ewig
in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?

Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=2955.15;wap2

Die volgende ouens het hul herinnering neergeskryf en gestuur.

Baie dankie vir almal se getroue bydraes ek waardeer dit ten seerste.

Toorts het lekker familiefees gehou en vertel van n tande episode

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/29/die-storie-van-die-tande/

Kameel kuier weer by die huis waar sy vir jare gebly en heerlike en hartseer herinnering onthou.

https://toortsie.wordpress.com/2015/09/29/n-plek-van-herinneringe/

Spokie het die eerste glimlaggie van haar kleinkind onthou

https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/09/30/herinneringe-sonder-grens/

Herriemerrie se kat onthou beslis die tuinslang en water spuit.

https://herriemerrie.wordpress.com/2015/09/30/herinneringe/

Bosveldnimf het n ondervinding met olifante wat sy nooit sal vergeet nie.

https://bosveldnimf.wordpress.com/2015/10/01/herinneringe-wit-ivoor-en-adrenalien/

Laat inskrywing vir paaie:

Olga wat om die bos gelei word en paaie ry wat vir haar skrikwekkend is.

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/09/26/toeka-tokkel-baie-en-n-bietjie/

Dit is dan dit vir die week. Volgende is BESTUUR

Oktober se temas

  1. Modes
  2.  Bestuur
  3. Badtyd/water
  4. Biblioteek
Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

23 thoughts on “Toeka Tokkel no 41 : Mode”

    1. As jy jou pos oop het is daar bo-aan eerste reëltjie waar staan https:// blognaam. wordpress en jou opskrif van pos Highlight copy . Dan kom jy terug na my pos gaan na Leave a reply. kliek en paste die skakel hier by my. Hoop jy kom reg anders sal ek aan die einde van week na jou pos gaan en dit van daar af hierheen bring! Dankie vir deel!

      Liked by 1 person

  1. Oktobermaand bly maar net ‘n mooi gedig. Ek kon altyd met dit assosieer, want hier in die Overberg is Oktober verreweg die mooiste maand van die jaar. Dit was nou voor canola gekom het. Nou is die geel in Augustus net so mooi.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s