Toeka-Tokkel is lekker om te bestuur.
Dis maklik om deel te neem. Gebruik die onderwerp of woord wat ek elke Donderdag verander.
Skryf n lekker ondervinding of idee neer in n pos. Verwys na my Toek-Tokkel blad deur n skakel in the voeg. Almal wil graag weet waaroor dit gaan.
Plak jou skakel in by my kommentaar en dit is dit.
So maklik soos val uit n boom uit!
BESTUUR
Bestuur kan gebruik word as werklik agter n stuur in te klim en die tuig of sitplek te bestuur met n stuurwiel of stuur apparaat. Daar is ook die bestuur van n maatskappy of besigheid. Waar kan mens nog bestuur?
Ek het my rybewys, Vrydag die 13e Junie l969 gekry. Dit was spitstyd in Pretoria. Daardie tyd moes mens om Kerkplein ry en dan weer terug na die toetssentrum. Die beste van alles was dat toe ek oppad terug was, ry my pa voor my oppad om my te kom oplaai. Hy het dit gelukkig nie besef nie!
Ek het eers 5 bestuurslesse gehad voordat ek vir my lisensie gegaan het. Na die 4de les het die instrukteur gesê hy gaan my laat probeer. Ek het voor die afspraak nog weer n oefening gedoen om te parkeer. Beste van als was dat sodra ek wou wegtrek die enjin gestol het. Die ou vroetel dan in die enjin en ek moes weer probeer. Uiteindelik was ek reg om te gaan
Die enjin het hom goed gedra terwyl ek toets bestuur het. Toe ons terug kom het ek my lisensie gekry maar die toetsbeampte het vir my instrukeur gesê:” Jy bring nie weer die Volla in voordat hy nie reggemaak is nie!” Ek het geslaag maar die instrukteur het gedruip.
Dit was n senutergende ondervinding gewees, dit nogal op Vrydag die 13de ook.
Laat ons bietjie hoor van wat en hoe jy bestuur ondervind!
Die volgende mense is sterre. Hul is so getrou op hul pos elke week dat ek nie woorde het om regtig almal te bedank nie.
Die uwe: met cosmoslinne klere
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/09/30/toeka-tokkel-no-41-mode/
Thulana vertel van materiaal wat gladnie reg is vir hitte in Akkra nie
https://thulana.wordpress.com/2015/10/01/my-hande-ken-my-vrystaat-man-se-hele-lyf/
Kameel onthou die bang oë agter a groot brilraam
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/05/hoekom-is-ouma-se-bril-so-groot/
Herriemerrie verwys my terug na die keer wat ons klere/mode gebruik het(steeds jammer vir die herhaling!)
https://herriemerrie.wordpress.com/2015/02/06/toeka-tokkel-7-almal-dra-jeans/
Toorts wat viervoet vasgesteek het toe sy rerig gedwing word om iets te dra wat sy nie van hou nie!
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/06/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-mode/
Ekstra pos: Spokie sny spoor het n pragtige vereprag wat in die mode bly.
https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/10/08/die-vere-maak-die-voel/
Nogmaals dankie aan julle!
Volgende is : Badtyd/ water
Geen probleem. Sal jou oorsien hoor. Moenie stress nie. Dit moet n plesier wees nie n las nie. Bly jy dink darem aan die onderwerpe, dis die belangrikste.
LikeLike
Het ek die volgende Toeka Tokkel gemis?
LikeLike
Dis no 43 Badtyd/water wat vir die week gedoen word! Jy het nog nie gemis nie!
LikeLike
Maar waar is jou inskrywing?
LikeLike
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/14/toeka-tokkel-no-43-badtydwater/
LikeLike
Got it!
LikeLike
Wat n soektog! Was nogal n bekommernis! Gelukkig skryf ek dit eers en dan copy en paste ek dit op my blog.
LikeLike
Die mooiste is, ek hét daar verby geblaai, ek het die foto van die hond herken. 🙂
LikeLike
Ha ha, ek het so n klomp “twak” verkoop tussen no 42 en 43 geen wonder jy het hom gemis. Selfs ek moes blaai en blaai om by hom uit te kom. Ek het sommer ook opgehou om die 31 dae 5 minute te skryf. Die woorde krap te veel in my siel om daarmee voort te gaan! Geniet jou besige dag!
LikeLike
Geniet joune ook! Dis al amper slaaptyd by jou!
LikeLiked by 1 person
Hier is my bydrae na ‘n lang Toeka-Tokkel droogte van my kant af: http://searchingforironman.com/2015/10/12/bestuur/
LikeLike
Perfek man. Sal bietjie gaan lees. Die tyd droogte is ook maar hierdie kant besig om my uit te put!
LikeLiked by 1 person
https://thulana.wordpress.com/2015/10/09/tyd-steel-is-nie-so-ernstig-soos-diamant-steel-nie/
Hier is my griffel oor bestuur…
LikeLike
Hyta jy het toe reggekom met die inplak van die skakel. Mooi man! Dankie vir jou inskrywing solank. Sal bietjie gaan lees.
LikeLiked by 1 person
Een van my grootste nagmerries!!!!!
LikeLike
Nou praat jy! Ek moes n lees by my seun kry so n week terug om sy Prius kar te bestuur. Ek moes hul gister met die kar op lughawe gaan aflaai. Hul wou noie in my skedonk gesien wees nie(dis nou my gevoel, hul het dit nie hardop gesê nie) Was skoon op my senuwees om terug te ry. Kon kastig nie onthou waar ek moet betaal en hoe ek moet uitry nie. My seun het toe saam met my geloop, betaal en sou saam tot by hek ry om uit te gaan. Gelukkig het ek my moed bymekaar geskreeap en Gesê dis okay ek sal kan uitry op my eie. Sjoe, maar ek het gestress tot by die huis. Kon gladnie aan die slaap raak gisteraand nie. Alles het darem goed afgeloop.(Sorrie vir die hele koerant!)
LikeLike
Jy het meer moed as ek. Ry glad nie meer hoofweg nie…. en ook geen paaie wat ek nie uit my kop ken nie. Sal nie eers Menlyn toe ry nie!! So klop jouself op die skouer 🙂
LikeLike
Toemaar ek is innerlik nie so braaf nie. Die ryery stress my ook maar vreeslik as ek dit so kan noem. Hou ook niks daarvan om in Wellington te ry al ken ek die pad nie. Wellington is o groot soos Warmbad of Standerton! Ha ha darem bietjie groter hoor!
LikeLike
Hier kan mens sommer ‘n lisensie koop.
LikeLiked by 1 person
Jy vertel my! Ek onthou van die kopery. Dis eintlik tragies.
LikeLiked by 1 person
Dis waar . Hierdie lisensie sal ek nooit vergeet nie want ek het ‘n pruik op met die kanker storie … mens moet elke 5 jaar hernu
LikeLike
As jy hernu, hou hul die oue? Dis darem nie te lank om te wag vir nuwe een nie.
LikeLiked by 1 person
Nee jy hou die oue… ons sukkel net met die vingerafdrukke want ons het nie meer nie dan moet dit goeggekeur word. Ons kry sommer ‘n sertifikaat by die oogarts en dan is dit nert vir die vorm invule , geld betaal en dan het jy dit binne 3 weke
LikeLike
Lekker man!
LikeLiked by 1 person
Nee jys nou weer te slim vandag met datums. Ek sal moet gaan opkyk wanneer ek my lisensie gekry het. My internet was bietjie af vir ‘n ruk, maar hier is my mode artikel.
https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/10/08/die-vere-maak-die-voel/
LikeLike
Mens kan tog nie Vrydag die 13de vergeet nie. Die jaartal is n jaar nadat ek begin skoolhou het. Niks moeiliks aan om te onthou nie! Weet ook nie eers waar my SA lesensie is nie. Hy het ook al verval. Sal maar weer internasionale lisensie moet kry as ek kom kuier! Wil tog nie hê dat hul my opsluit nie, ha ha!
Gaan gou lees en byvoeg!
LikeLiked by 1 person
Ja ons het ook as kinders leer bestuur! My pa het altyd so ‘n groot bakkie gehad wat ons moes gebruik. Hy het altyd gese as jy leer om iets groot te bestuur, kan jy enige iets bestuur! 😀
LikeLike
My pa het begin om my te leer toe ry ek heel versigtig teen a ander ou vas en dit was end van my bestuur saam met hom. Ek was nog nie gekonfyt om vinnig die rem te trap nie, dis hoekom dit stadig gegaan het!
LikeLiked by 1 person
Dis maar ‘n moeilike storie as mens net begin bestuur! So baie om te onthou!
😀
LikeLike
Party dae is dit steeds baie wat jy moet waarneem as jy bestuur. Veral die mede bestuurders is maar n ding.
LikeLiked by 1 person
My kinders is plaaskinders, hulle kan regtig bestuur … maar kan boeke, nee, ensiklopedieë skryf oor lisensie kry.
LikeLike
Ha ha, sal dit goed glo. Ek moes net nadat die agtergeblewenes die munisipaliteit oorgeneem my lisensie hernu. Jou oë word getoets en dan kan die ou wat jou help nie eers behoorlik die inligting in die rekenaar invoer nie! Terwyl toe ek hier my NZ rybewys moes kry het hul selfs die foto geneem en in 15 minute was alles afgehadel en reg.
LikeLiked by 1 person
In die ou dae het die lisensies anders gewerk. Deesdae moet jy, lyk my orals kyk, net nie in die pad nie, anders kry jy nie jou lisensie nie.
LikeLike
Ja die goeie ou dae. Was ook maar sekere maniere en dinge wat nie vandag geld nie. Hoe minder reëls jy ken hoe beter deesdae
LikeLiked by 1 person