Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR


Toeka-Tokkel is lekker om te bestuur.

Dis maklik om deel te neem. Gebruik die onderwerp of woord wat ek elke Donderdag verander.

Skryf n lekker ondervinding of idee neer in n pos. Verwys na my Toek-Tokkel blad deur n skakel in the voeg. Almal wil graag weet waaroor dit gaan.

Plak jou skakel in by my kommentaar en dit is dit.

So maklik soos val uit n boom uit!

BESTUUR

Image result for manage drawings

Bestuur kan gebruik word as werklik agter n stuur in te klim en die tuig of sitplek te bestuur met n stuurwiel of stuur apparaat. Daar is ook die bestuur van n maatskappy of besigheid. Waar kan mens nog bestuur?

Ek het my rybewys, Vrydag die 13e Junie l969 gekry. Dit was spitstyd in Pretoria. Daardie tyd moes mens om Kerkplein ry en dan weer terug na die toetssentrum. Die beste van alles was dat toe ek oppad terug was, ry my pa voor my oppad om my te kom oplaai. Hy het dit gelukkig nie besef nie!

Ek het eers 5 bestuurslesse gehad voordat ek vir my lisensie gegaan het. Na die 4de les het die instrukteur gesê hy gaan my laat probeer. Ek het voor die afspraak nog weer n oefening gedoen om te parkeer. Beste van als was dat sodra ek wou wegtrek  die enjin gestol het. Die ou vroetel dan in die enjin en ek moes weer probeer. Uiteindelik was ek reg om te gaan

Die enjin het hom goed gedra terwyl ek toets bestuur het. Toe ons terug kom het ek my lisensie gekry maar die toetsbeampte het vir my instrukeur gesê:” Jy bring nie weer die Volla in voordat hy nie reggemaak is nie!” Ek het geslaag maar die instrukteur het gedruip.

Dit was n senutergende ondervinding gewees, dit nogal op Vrydag die 13de ook.

Laat ons bietjie hoor van wat en hoe jy bestuur ondervind!

Die volgende mense is sterre. Hul is so getrou op hul pos elke week dat ek nie woorde het om regtig almal te bedank nie.

Die uwe: met cosmoslinne klere

Toeka Tokkel no 41 : Mode

Thulana vertel van materiaal wat gladnie reg is vir hitte in Akkra nie

Mode grille, en poeding-walletjies…

Kameel onthou die bang oë agter a groot brilraam

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/05/hoekom-is-ouma-se-bril-so-groot/

Herriemerrie verwys my terug na die keer wat ons klere/mode gebruik het(steeds jammer vir die herhaling!)

Toeka Tokkel 7: Almal dra jeans

Toorts wat viervoet vasgesteek het toe sy rerig gedwing word om iets te dra wat sy nie van hou nie!

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/06/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-mode/

Ekstra pos: Spokie sny spoor het n pragtige vereprag wat in die mode bly.

Die vere maak die voël

Nogmaals dankie aan julle!

Volgende is : Badtyd/ water


41 responses to “Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR”

  1. ‘n Dag in die hospitaal | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] se toeka-tokkel – Bestuur.  Ek hardloop agter met my take, en hierdie dag in die hospitaal moet maar deurgaan as […]

    Like

  2. Toeka Tokkel Bestuur | Herriemerrie Avatar

    […] mostert, die dat ek dit altyd na die maal uithaal.  In elk geval, ‘n paar weke gelede het Scrapy bydraes gesoek oor bestuur.  Elke mens het seker iets daaroor te […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Geen probleem. Sal jou oorsien hoor. Moenie stress nie. Dit moet n plesier wees nie n las nie. Bly jy dink darem aan die onderwerpe, dis die belangrikste.

      Like

  3. Toortsie Avatar

    Het ek die volgende Toeka Tokkel gemis?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis no 43 Badtyd/water wat vir die week gedoen word! Jy het nog nie gemis nie!

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Maar waar is jou inskrywing?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Wat n soektog! Was nogal n bekommernis! Gelukkig skryf ek dit eers en dan copy en paste ek dit op my blog.

          Like

          1. Toortsie Avatar

            Die mooiste is, ek hét daar verby geblaai, ek het die foto van die hond herken. 🙂

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ha ha, ek het so n klomp “twak” verkoop tussen no 42 en 43 geen wonder jy het hom gemis. Selfs ek moes blaai en blaai om by hom uit te kom. Ek het sommer ook opgehou om die 31 dae 5 minute te skryf. Die woorde krap te veel in my siel om daarmee voort te gaan! Geniet jou besige dag!

              Like

              1. Toortsie Avatar

                Geniet joune ook! Dis al amper slaaptyd by jou!

                Liked by 1 person

  4. Bestuur | searching for ironman Avatar

    […] na aanleiding van Scrapydo se Toeka-Tokkel onderwerp vir die week: Bestuur. Ek het leer bestuur op ons kleinhoewe in die Kaap – enigiets van ons klein Isuzu Elf […]

    Like

  5. Nog ‘n bestuurstorie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] met Scrapydo se opdrag in gedagte, dink ek sommer aan my leer […]

    Like

  6. Christina B Avatar

    Hier is my bydrae na ‘n lang Toeka-Tokkel droogte van my kant af: http://searchingforironman.com/2015/10/12/bestuur/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Perfek man. Sal bietjie gaan lees. Die tyd droogte is ook maar hierdie kant besig om my uit te put!

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hyta jy het toe reggekom met die inplak van die skakel. Mooi man! Dankie vir jou inskrywing solank. Sal bietjie gaan lees.

      Liked by 1 person

  7. […] elke week ‘n ander tema van Toeka-Tokkel: Hierdie week gaat oor Bestuur […]

    Like

  8. Kameel Avatar
    Kameel

    Een van my grootste nagmerries!!!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nou praat jy! Ek moes n lees by my seun kry so n week terug om sy Prius kar te bestuur. Ek moes hul gister met die kar op lughawe gaan aflaai. Hul wou noie in my skedonk gesien wees nie(dis nou my gevoel, hul het dit nie hardop gesê nie) Was skoon op my senuwees om terug te ry. Kon kastig nie onthou waar ek moet betaal en hoe ek moet uitry nie. My seun het toe saam met my geloop, betaal en sou saam tot by hek ry om uit te gaan. Gelukkig het ek my moed bymekaar geskreeap en Gesê dis okay ek sal kan uitry op my eie. Sjoe, maar ek het gestress tot by die huis. Kon gladnie aan die slaap raak gisteraand nie. Alles het darem goed afgeloop.(Sorrie vir die hele koerant!)

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Jy het meer moed as ek. Ry glad nie meer hoofweg nie…. en ook geen paaie wat ek nie uit my kop ken nie. Sal nie eers Menlyn toe ry nie!! So klop jouself op die skouer 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Toemaar ek is innerlik nie so braaf nie. Die ryery stress my ook maar vreeslik as ek dit so kan noem. Hou ook niks daarvan om in Wellington te ry al ken ek die pad nie. Wellington is o groot soos Warmbad of Standerton! Ha ha darem bietjie groter hoor!

          Like

  9. rondomtaliedraai Avatar

    Hier kan mens sommer ‘n lisensie koop.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy vertel my! Ek onthou van die kopery. Dis eintlik tragies.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Dis waar . Hierdie lisensie sal ek nooit vergeet nie want ek het ‘n pruik op met die kanker storie … mens moet elke 5 jaar hernu

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          As jy hernu, hou hul die oue? Dis darem nie te lank om te wag vir nuwe een nie.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Nee jy hou die oue… ons sukkel net met die vingerafdrukke want ons het nie meer nie dan moet dit goeggekeur word. Ons kry sommer ‘n sertifikaat by die oogarts en dan is dit nert vir die vorm invule , geld betaal en dan het jy dit binne 3 weke

            Like

  10. Spokie sny spoor Avatar

    Nee jys nou weer te slim vandag met datums. Ek sal moet gaan opkyk wanneer ek my lisensie gekry het. My internet was bietjie af vir ‘n ruk, maar hier is my mode artikel.

    Die vere maak die voël

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mens kan tog nie Vrydag die 13de vergeet nie. Die jaartal is n jaar nadat ek begin skoolhou het. Niks moeiliks aan om te onthou nie! Weet ook nie eers waar my SA lesensie is nie. Hy het ook al verval. Sal maar weer internasionale lisensie moet kry as ek kom kuier! Wil tog nie hê dat hul my opsluit nie, ha ha!
      Gaan gou lees en byvoeg!

      Liked by 1 person

  11. nowathome Avatar

    Ja ons het ook as kinders leer bestuur! My pa het altyd so ‘n groot bakkie gehad wat ons moes gebruik. Hy het altyd gese as jy leer om iets groot te bestuur, kan jy enige iets bestuur! 😀

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      My pa het begin om my te leer toe ry ek heel versigtig teen a ander ou vas en dit was end van my bestuur saam met hom. Ek was nog nie gekonfyt om vinnig die rem te trap nie, dis hoekom dit stadig gegaan het!

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Dis maar ‘n moeilike storie as mens net begin bestuur! So baie om te onthou!
        😀

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Party dae is dit steeds baie wat jy moet waarneem as jy bestuur. Veral die mede bestuurders is maar n ding.

          Liked by 1 person

  12. Toortsie Avatar

    My kinders is plaaskinders, hulle kan regtig bestuur … maar kan boeke, nee, ensiklopedieë skryf oor lisensie kry.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, sal dit goed glo. Ek moes net nadat die agtergeblewenes die munisipaliteit oorgeneem my lisensie hernu. Jou oë word getoets en dan kan die ou wat jou help nie eers behoorlik die inligting in die rekenaar invoer nie! Terwyl toe ek hier my NZ rybewys moes kry het hul selfs die foto geneem en in 15 minute was alles afgehadel en reg.

      Liked by 1 person

  13. Toortsie Avatar

    In die ou dae het die lisensies anders gewerk. Deesdae moet jy, lyk my orals kyk, net nie in die pad nie, anders kry jy nie jou lisensie nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja die goeie ou dae. Was ook maar sekere maniere en dinge wat nie vandag geld nie. Hoe minder reëls jy ken hoe beter deesdae

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.