Badtyd/Water
Badtyd kan n plesier of n nagmerrie wees.
Ons, wat kinders het, weet dat badtyd vir kinders en babas n groot plesier is. Veral babatjies voel geborge en ontspanne as hul daarvan hou. Alles hang ook maar van die volwassene se optrede en hantering van badtyd. As die ouer gespanne is, is die kinders ook nie gemaklik met badtyd nie.
Ek hou self daarvan om elke dag te bad( eintlik te stort.) Dit maak nie net skoon nie maar ontspan die spiere ook n bietjie.
Iemand vir wie die badtyd n nagmerrie is, is Trompie my hond. Soos ek gesê het as mens self gestress voel, voel hul dit.
Eerste keer wat ek hom in die bad gesit het, het hy hom teëgesit omdat die ou Mies te gespanne was. My bad is laag en die rand hoog, ek moet hom optel en dan laat sak in die bad. Eers klou hy aan my vas en kry ek nie eers sy voete in die water gesit nie. Dit was laaste keer wat ek hom probeer bad het.
My buurvrou het hom, in die verlede, in haar stort gebad as dit nodig was. Hy het dan vir dae nie naby haar gekom nie. Eendag sit sy in n babaswembad. Sy gryp Trompie en gooi hom toe in die swembadjie. Toe kom hy vir lank gladnie weer by haar nie.
My seun het hom eenkeer gebad en dit was ook n gedoente en die laaste keer. Hy vat nie nonsies nie en nou vertrou Trompie hom gladnie om saam in die badkamer te gaan nie. Selfs die hondesalon vertel dat hy hul sommer om die nek of om die arm met sy voorpote vasklou as hul hom wil bad.
Hierdie jaar het ek besluit ek moet dit tog weer self doen want ek en buurvrou is nie meer op te goeie voet nie.
Dit was okay as ek hom eenmaal in die bad het. Maar ai, daardie optel en insit is n ander storie. Hy is ongelukkig te swaar vir my om op te tel en ek moet dit eintlik nie self doen nie. My lyf is mos ook nie meer vandag se kind nie en die optellery en oorbuig in die bad is nie ideaal nie.
Elke geval, wat kan mens anders doen as jy op jou eie bly met n hond wat badtyd- fobie het!
TOEKA-TOKKEL is vir almal wat daarvan hou om te gesels oor hul alledaagse ondervindings.
Kom geniet dit en deel jou vertellings deur dit in n pos te skryf.
Noem asb Toeka-Tokkel sodat ander ook kan lees wat almal sê.
Plak jou skakel in by my kommentaar en dit is te lekker om te lees.
BEDANKINGS
Die volgende mense wil ek bedankie vir hul oulike bydraes oor bestuur.
I scrap 2(die uwe) Hoe ek my bestuurslisensie gekry het.
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/07/toeka-tokkel-no-42-bestuur/
Spokie het die mooiste veredosse bespreek
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/07/toeka-tokkel-no-42-bestuur/
Thulana debatteer wie is beter bestuurders!
https://thulana.wordpress.com/2015/10/09/tyd-steel-is-nie-so-ernstig-soos-diamant-steel-nie/
Toorts oor bestuur van groot maatskappye…
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/12/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-bestuur/
en steeds Toorts wat terugdink aan haar eerste bestuur van n rytuig
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/13/nog-n-bestuurstorie/
Searching for iron man Vertel oor bestuur in Kaapstad, Dubai en Perth
Dankie ook aan Kameel vir wie bestuur n nagmerrie is, Tina(my suster) en nowathome vir jul kommentaar.
Volgende Tema/onderwerp : BIBLIOTEEK
Toeka-tokkel 43: water: https://thulana.wordpress.com/2015/10/23/ek-slaat-jou-vrek/
Skryf ek effe anders… oor water afslaan
en hierdie ene: https://thulana.wordpress.com/2015/06/04/tien-jaar-se-reen/
annerdag se skrywe oor reën water, water orals…
LikeLike
Dankie sal bietjie gaan lees. My leeswerk is ook ver agter op oomblik.
LikeLike
Ek sê by voorbaat dankie dat ek nie meer ‘n hond het om te bad nie….. as ek sukkel om oor die bad my hare afgespoel te kry watwou nog ‘n hond bad. Gelukkig het ons Tessa van bad gehou…. dit was daardie uitkammery van ‘n Maltees se hare wat die nagmerrie was. Sterkte met jou en Trompie saam 🙂
LikeLike
Ha ha, dankie ons verstaan mekaar. As dit rerig moet gaan hy maar salon toe(eenmaal n jaar miskien!)
LikeLike
Ek hardloop agter met my take. Het sopas “n Dag in die Hospitaal geplaas wat maar moet deurgaan vir Bestuur 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2015/10/21/n-dag-in-die-hospitaal/
LikeLike
Dis ook goed so solank jy dit geniet. Dis wat belangrik is.
LikeLike
Ek het vir jou ‘n hele reeks oor water, geskeduleer elke dag tot Saterdag. Dis almal ou bloginskrywings wat ek voorheen geskryf het. Ek verwag darem nie van jou om ALMAL te tag nie. 🙂
LikeLike
Dis goed so sal die eerste een vat en dan verwys na ander! 😀
LikeLiked by 1 person
Probeer dan om ‘n kat te bad. Gereeld. Nie vir sissies nie. 😉
LikeLike
Sal jou goed glo! Ek het al gehoor hoe erg dit is. Raak hul nie later gewoond daaraan nie?
LikeLike
Klein, skoothondjies wat in ‘n mens se bed slaap en op meubels klim, moet seker maar gebad word. Ek het altyd my honde gebad, dié wat in die huis kom, tot ek eendag ‘n gesprek op RSG gehoor het wat sê dis nie nodig nie. So, ek bad al vir jare nie meer my hond nie. Hy het wel die voorreg om te gaan swem in ons plaasdamme as ons stap.
LikeLike
Snaaks genoeg glo ek ook nie aan al die battery nie. Ek dink dit vernietig hul natuurlike weerstand teen buite wêreld. As Trompie se boude vuil is sal ek water en seep gebruik en hom was . Sommer die hare agter oop afsny sodat dit nie daarin kan klou nie! Ek bad hom so drie keer in die jaar. Einde van somer en einde winter en miskien nog n keer as dit rerig moet!
LikeLiked by 1 person
Kan net dink watse gedoente dit is!! Ek het ‘n hond gehad wat mal was oor water en het sommer in die swembad of in die bad gespring as hy wou bad! 😀
LikeLike
Ek is eintlik die oorsaak van die water haat omdat ek bang is om hom te laat val of om myself seer te maak.
LikeLiked by 1 person
Ek kan dit verstaan!
LikeLiked by 1 person
Hehe ou Trompie; hy het die dierbaarste gesiggie. Snaaks, Genis gee nie om om in die seepoel te swem nie en agterna spoel ons hom sommer op die strand by hulle storte af, maar hy HAAT dit as jy hom in die bad sit. Ons vat hom so nou en dan na die Doggie Spa (nogal!) toe vir ‘n behoorlike bad, dip en skeer.
LikeLike
Ek dink die bad maak hul benoud. Hy is blykbaar by die hondesalon heel hanteerbaar. Ek skeer hom bv self en hy staan mooi soet op die tafel totdat ek klaar is.
LikeLiked by 1 person
Ja, hulle doen dit. Genis is baie geliefd by sy spa – botter smelt nie in sy mond wanneer hy daar kuier nie.
LikeLike
Ja dieselfede met Trompie. Te oulik en ordentlik as dit by ander mense kom maar ai so uit sy kassie as ek hom moet hanteer. Gaan maar op en af met my en hom.
LikeLike