Image result for bathtime for dogs

Badtyd/Water

Badtyd kan n plesier of n nagmerrie wees.

Ons, wat kinders het, weet dat badtyd vir kinders en babas n groot plesier is. Veral babatjies voel geborge en ontspanne as hul daarvan hou. Alles hang ook maar van die volwassene se optrede en hantering van badtyd. As die ouer gespanne is, is die kinders ook nie gemaklik met badtyd nie.

Ek  hou self daarvan om elke dag te bad( eintlik te stort.) Dit maak nie net skoon nie maar ontspan die spiere ook n bietjie.

Iemand vir wie die badtyd n nagmerrie is, is Trompie my hond. Soos ek gesê het as mens self gestress voel, voel hul dit.

Eerste keer wat ek hom in die bad gesit het, het hy hom teëgesit omdat die ou Mies te gespanne was. My bad is laag en die rand hoog, ek moet hom optel en dan laat sak in die bad. Eers klou hy aan my vas en kry ek nie eers sy voete in die water gesit nie. Dit was laaste keer wat ek hom probeer bad het.

My buurvrou het hom, in die verlede, in haar stort gebad as dit nodig was. Hy het dan vir dae nie naby haar gekom nie. Eendag sit sy in n babaswembad. Sy gryp Trompie en gooi hom toe in die swembadjie. Toe kom hy vir lank gladnie weer by haar nie.

My seun het hom eenkeer gebad en dit was ook n gedoente en die laaste keer. Hy vat nie nonsies nie en nou vertrou Trompie hom gladnie om saam in die badkamer te gaan nie. Selfs die hondesalon vertel dat hy hul sommer om die nek of om die arm met sy voorpote vasklou as hul hom wil bad.

Hierdie jaar het ek besluit ek moet dit tog weer self doen want ek en buurvrou is nie meer op te goeie voet nie.

Dit was okay as ek hom eenmaal in die bad het. Maar ai, daardie optel en insit is n ander storie. Hy is ongelukkig te swaar vir my om op te tel en ek moet dit eintlik nie self doen nie. My lyf is mos ook nie meer vandag se kind nie en die optellery en oorbuig in die bad is nie ideaal nie.

Elke geval, wat kan mens anders doen as jy op jou eie bly met n hond wat badtyd- fobie het!

Image result for bathtime for dogs

TOEKA-TOKKEL is vir almal wat daarvan hou om te gesels oor hul alledaagse ondervindings.

Kom geniet dit en deel jou vertellings deur dit in n pos te skryf.

Noem asb Toeka-Tokkel sodat ander ook kan lees wat almal sê.

Plak jou skakel in by my kommentaar en dit is te lekker om te lees.

BEDANKINGS

Die volgende mense wil ek bedankie vir hul oulike bydraes oor bestuur.

I scrap 2(die uwe) Hoe ek my bestuurslisensie gekry het.

Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR

Spokie het die mooiste veredosse bespreek

Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR

Thulana debatteer wie is beter bestuurders!

Gee pad, of vat pad, los net daai foun!

Toorts oor bestuur van groot maatskappye…

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/12/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-bestuur/

en steeds Toorts wat terugdink aan haar eerste bestuur van n rytuig

https://toortsie.wordpress.com/2015/10/13/nog-n-bestuurstorie/

Searching for iron man  Vertel oor bestuur in Kaapstad, Dubai en Perth

Bestuur

Dankie ook aan Kameel vir wie bestuur n nagmerrie is, Tina(my suster) en nowathome vir jul kommentaar.

Volgende Tema/onderwerp :  BIBLIOTEEK


28 responses to “Toeka-Tokkel no 43 : BADTYD/WATER”

  1. […] (Hierdie stukkie is ingeskryf vir Scrappy2 se uitdaging oor WATER/BADTYD) […]

    Like

  2. Blogontploffing | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […]  Toevallig het ek die afgelope week die reeks oor water gepos, wat almal ou inskrywings was, omdat Scrapydo se Toeka Tokkel bloguitdaging hierdie week oor water gegaan het. “Watter werk kan mens van die huis af doen“, is ook […]

    Like

  3. Daniël Bezuidenhout Avatar

    Toeka-tokkel 43: water: https://thulana.wordpress.com/2015/10/23/ek-slaat-jou-vrek/

    Skryf ek effe anders… oor water afslaan

    en hierdie ene: https://thulana.wordpress.com/2015/06/04/tien-jaar-se-reen/

    annerdag se skrywe oor reën water, water orals…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie sal bietjie gaan lees. My leeswerk is ook ver agter op oomblik.

      Like

  4. daar’s water! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] laaste inskrywing in  my waterreeks, in opdrag van Scrapydo.  In November, 2013, het hierdie dinge gebeur en dis oorspronklik gepubliseer op die 17e November […]

    Like

  5. Moet ons regtig water drink? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Hier is nog ‘n ou bloginskrywing in my “waterreeks”, in opdrag van Scrapydo. […]

    Like

  6. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek sê by voorbaat dankie dat ek nie meer ‘n hond het om te bad nie….. as ek sukkel om oor die bad my hare afgespoel te kry watwou nog ‘n hond bad. Gelukkig het ons Tessa van bad gehou…. dit was daardie uitkammery van ‘n Maltees se hare wat die nagmerrie was. Sterkte met jou en Trompie saam 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, dankie ons verstaan mekaar. As dit rerig moet gaan hy maar salon toe(eenmaal n jaar miskien!)

      Like

  7. Die Nyl se water… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] in opdrag van Scrapydo. Water is vir ons boere baie belangrik en ek sien ek het al heelwat hieroor geskryf. So, Scapydo, […]

    Like

  8. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek hardloop agter met my take. Het sopas “n Dag in die Hospitaal geplaas wat maar moet deurgaan vir Bestuur 🙂
    https://toortsie.wordpress.com/2015/10/21/n-dag-in-die-hospitaal/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis ook goed so solank jy dit geniet. Dis wat belangrik is.

      Like

  9. water | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Hierdie een is ook ‘n ou bloginskrywing wat ek herpubliseer, in opdrag van Scrapydo. […]

    Like

  10. Toortsie Avatar

    Ek het vir jou ‘n hele reeks oor water, geskeduleer elke dag tot Saterdag. Dis almal ou bloginskrywings wat ek voorheen geskryf het. Ek verwag darem nie van jou om ALMAL te tag nie. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis goed so sal die eerste een vat en dan verwys na ander! 😀

      Liked by 1 person

  11. stort of bad?? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] is ‘n ou bloginskrywing van 3 Septbember 2012, maar ek plaas dit graag weer, in opdrag van Scrapydo. Ek voeg so ‘n sinnetjie of twee […]

    Like

  12. Xena Phoenix Avatar

    Probeer dan om ‘n kat te bad. Gereeld. Nie vir sissies nie. 😉

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal jou goed glo! Ek het al gehoor hoe erg dit is. Raak hul nie later gewoond daaraan nie?

      Like

  13. Toortsie Avatar

    Klein, skoothondjies wat in ‘n mens se bed slaap en op meubels klim, moet seker maar gebad word. Ek het altyd my honde gebad, dié wat in die huis kom, tot ek eendag ‘n gesprek op RSG gehoor het wat sê dis nie nodig nie. So, ek bad al vir jare nie meer my hond nie. Hy het wel die voorreg om te gaan swem in ons plaasdamme as ons stap.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Snaaks genoeg glo ek ook nie aan al die battery nie. Ek dink dit vernietig hul natuurlike weerstand teen buite wêreld. As Trompie se boude vuil is sal ek water en seep gebruik en hom was . Sommer die hare agter oop afsny sodat dit nie daarin kan klou nie! Ek bad hom so drie keer in die jaar. Einde van somer en einde winter en miskien nog n keer as dit rerig moet!

      Liked by 1 person

  14. nowathome Avatar

    Kan net dink watse gedoente dit is!! Ek het ‘n hond gehad wat mal was oor water en het sommer in die swembad of in die bad gespring as hy wou bad! 😀

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is eintlik die oorsaak van die water haat omdat ek bang is om hom te laat val of om myself seer te maak.

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Ek kan dit verstaan!

        Liked by 1 person

  15. HesterLeyNel Avatar

    Hehe ou Trompie; hy het die dierbaarste gesiggie. Snaaks, Genis gee nie om om in die seepoel te swem nie en agterna spoel ons hom sommer op die strand by hulle storte af, maar hy HAAT dit as jy hom in die bad sit. Ons vat hom so nou en dan na die Doggie Spa (nogal!) toe vir ‘n behoorlike bad, dip en skeer.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek dink die bad maak hul benoud. Hy is blykbaar by die hondesalon heel hanteerbaar. Ek skeer hom bv self en hy staan mooi soet op die tafel totdat ek klaar is.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ja, hulle doen dit. Genis is baie geliefd by sy spa – botter smelt nie in sy mond wanneer hy daar kuier nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja dieselfede met Trompie. Te oulik en ordentlik as dit by ander mense kom maar ai so uit sy kassie as ek hom moet hanteer. Gaan maar op en af met my en hom.

          Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.