KINDERSTORIES
Onthou jy nog toe jy klein was? Watter stories was vir jou die mooiste om na te luister?
Ek kan onthou dat ons n dik boek gehad het met die stories van “De gebroeders Grimm”.Dit was nog n boek in Hollands geskryf. My oudste suster het vir my en kleinsus stories daaruit voorgelees. Dit was meestal sulke grillerige stories wat eintlik bedoel was om kinders af te skrik van verkeerde dinge.
My laaste 3 jaar van skoolhou het ek jaar 1,2 en 3 in dieselfde klas gehad.
Dit was vir my heerlik om ons westerse sprokies aan hul voor te hou(was n net swart privaat skool). Ek het hul aangepas by die ware lewensomstandighede.
Rooi Kappie en die wolf was hul beste verhaal. Die kindertjies het daarvan gehou om die stories te speel en hul eie draai daaraan te gee.
Kindergedigte het hul ook goed geleen om n verhaal te vertel.
“Three blind mice” was te heerlik vir hul omdat dit lekker gewelddadig was.
Wat van “Hickery, dickery dock”. Die handgebare was altyd die beste.
Daar is egter ook regte kinder-stories.
Om kindertjies dop te hou en fotos te neem is ook n storie op sy eie. Kinders hou tog maar daarvan om spontaan op te tree. Sonder voorbehoud sal hul alles gee wat in hul is om uitdrukking te gee aan hul gevoel.
Vertel bietjie watter kinderverhale die beste vir jou was.
TOEKA-TOKKEL is lekker.
Ons skryf Afrikaans en geniet dit.
Elke Donderdag verander ek die tema of onderwerp.
Skryf, (copy- skielik ontgaan die Afr woord my), plak jou skakel in by my kommentaar en almal kan jou pos geniet.
Die volgende persone het oor Toneelspelers gesels.
I scrap 2 het werklike toneelspelers beskryf
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/29/toeka-tokkel-no-45-toneelspelers/
Olga skryf oor n persoon wat toneelspeel om alle skete te kan laat behandel
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/10/30/toeka-tokkel-45-toneelspelers/
Kameel vertel oor die wonderlike werk wat uitgebrei het onder plaaskinders om tonele op te voer in hul spaartyd op die plaas
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/02/ons-hou-konsert/
Toorts het herinneringe van n blou aandrok en n pruik wat almal laat lag het
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/04/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-toneelspelers/
Spokie het die pragtigste natuurlikste toneelspelers bespreek…
https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2015/11/05/toneelspelers-van-die-natuur/
Weer eens baie dankie vir jul deelname!
Ons volgende skrywe gaan wees : BLOMTYD
November temas:
46. Kinderstories
47. Blomtyd
48. Sopkombuis
49. Brille en pille