Die tyd vlieg verby! Ek was gister so besig dat ek nie eenkeer my rekenaar oopgemaak het nie! DIT is gladnie die beste ding wat gebeur nie!
Ek het gister oggend begin met n “Flash Fiction Club.” Daar was 4 persone wat belangstel! Ek is sommer in my skik daarmee. Daarna het ek vir n onderhoud by n naburige skool gegaan om naskoolsorg te doen. Ek het die werk gekry!
Toe gisteraand het ek die Soroptomist vegadering bygewoon wat tot na nege aangehou het. DUS, geen tyd vir blog nie.
Hier kom dit darem nou!
Geniet dit en skryf Afrikaans.
Plak jou skakel in by my kommentaar en verwys ook asseblief na my blog om mense kans te gee om joune en ander ouens se inskrywings ook te lees.
BLOMTYD
Aan die einde van die winter kom die lente met nuwe groei en blomtyd. Bome ontwaak en ontpop in die mooiste blommeprag. Hier in New Zealand is daar ander bome en plante waaraan ek nie gewoond is nie.
Hier is bv kersiebome wat langs strate op sypaadjies geplant is. Hulle is elke jaar oortrek met wit bloeises.
Dan is daar Rhododendrons in die mooiste kleure van diep rooi en ook pers tot lig rooi, pers, pienk en wit. Die bome of struike is meestal ook oortrek met die blommeprag. Dis ongelooflik mooi as daar n hele ry staan, elkeen met n ander kleur.
Afgesien van blomtyd in die natuur is daar ook in mense se lewens blomtyd tye.
Ek dink bv aan n moeder wat pas haar babatjie gebaar het. Sy blom meestal van liefde en trots.
Dan is daar die blomtyd van ware liefde of ware vriendskap.
Vertel asseblief van blomtyd wat jy ondervind.
Die volgende persone het verlede keer oor KINDERSTORIES geskryf!
Toorts was eerste met al die lekker sprokies en kinder verhaaltjies op eerste TV programme…
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/05/toeka-tokkel-oor-kinderstories/
Olga onthou van haar pa wat Jakkals en Wolf stories vertel en ook haar ma wat klasieke stories veetel het
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/11/06/toekatokkel-46-kinderstories/
Kameel onthou oom At se kinderstories en dan natuurlik die heerlike animasie stories op TV.
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/09/kinderstories-n-groot-liefde/
Volgende Toeka- Tokkel no 48 SOPKOMBUIS
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/18/blomtyd/
LikeLike
Dankie man, ek moet nou eers die nuwe een ook aanmekaar slaan.
LikeLike
Hoop hierdie besige dame hou ‘n plekkie oop vir ons ook. Vertrou jy gaan die naskoolsorg geniet!! Kersiebome….. kersiebloeisels… sug….. pas by die poskaartland.
LikeLike
Ek wens jul kan almal hier kom bly. Dis rerig iets op sy eie. Ek gaan beslis nie van jul vergeet nie. Gaan net Desember n breekie maak en nuwe temas versamel sodat 2016 nog hope plesier sal bring. Die naskool is gelukkig 1 uur vroeg oggend en 2 ure in namiddag. Net 3 ure per dag. Vakansies doen ek dit nie dis n bonus. (Ek dink gedurig aan julle daar in SA – my hart is seer saam met julle as dit so slegter word. Hier is n blanke dame van Zimbabwe wat saam met my skryf. Sy is nou al 8 jaar hier. Ek kan voel dat sy baie swaar dra aan al haar ondervindings. Sy praat nie daaroor nie. Dis egter of sy half verlore is. Sy is al n ouer dame – oud onderwyser ook. Ai my hart gaan uit na julle almal!)
LikeLiked by 1 person
Jy’s n besigde dame Ineke! Welgedaan met dit als, weet jy gaan groot sukses behaal!
LikeLike
Baie dankie, gelukkig is dit vir my n plesier en nie n las nie!
LikeLiked by 1 person
Welgedaan sus … 2-3 was lekker maar 4 is regtig ‘n bonus.
LikeLike
Ja ek is heel in my skik. Daar was nog die twee winkeldames wat ook nogal belangestel het. Hul is die eienaars v winkel en nou sal hul ook sommer makliker dit bekendstel. Ek doen dit elke tweede Donderdag. So daar is spasie vir n tweede groep as dit sou wees.
LikeLiked by 1 person
Ag dis sommer baie oulik! Welgedaan Sus
LikeLike
Altyd plek vir iets interessants.
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik dat jy soiets aanpak!Jou blomme is pragtig.
LikeLike
Dankie, dis weer iets anders. Blomme is altyd dankbaar om stil te staan vir n foto, ha ha!
LikeLiked by 1 person
Soms waai die wind hulle bietjie rond😜
LikeLike
Ha ha, veral as mens rerig n mooie wil neem! 😀
LikeLiked by 1 person
Sjoe maar jy is besig! Sterkte met die projekte!! ek is mal oor blomme en kom agter dit is deesdae die items wat ek die meeste fotografeer!
LikeLike
Baie dankie. Ek kom ook agter dat blomme baie fotogenies is(Tong in kies – omdat hul stil staan dink ek) As ek my weer kry is dit maar weer blomme wat ek afneem. Hul bly tog maar bie mooi.
LikeLiked by 1 person
dis verseker!!
LikeLiked by 1 person
Ek doen ook dit… want hulle staan ten minste stil
LikeLiked by 1 person
Tog is daar meestal n roering wat maak dat die fokus nie altyd lekker is nie
LikeLiked by 1 person
Dis ook waar.
LikeLiked by 1 person
Jy’s ‘n besige by nè? Geluk met al jou prestasies. Hierdie fitos is so mooi!
LikeLike
Dankie hoor! Die blomme is elke jaar so mooi ek kan nie help om elke keer weer fotos te neem.
LikeLiked by 1 person
Ons het self mooi blomstruike en -bome hier in KZN wat ek nog nie geïdentifiseer het nie, maar ek sal nog daarby kom.
LikeLike
Dis lekker om te weet wat dit is en waar dit vandaan kom ook. Fotos neem is natuurlik ook een van my geliefkoosde tydverdrywe. Blomme is ideaal.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, geluk met jou groep wat jy begin!
LikeLike
Dankie ek voel sommer lekker oor die storie. Dis vrywillig en verniet in ons nuwe boekwinkel. Die boekwinkel is net vir NZ skrywers. Die sessies is om mense te lok om meer NZ boeke en skrywers te ondersteun.
LikeLike