SOPKOMBUIS
(Ek weet vandag se sopkombuis het n geheel ander betekenis as die waarvan ek praat!)
Wie onthou nog die sopkombuise van vroeër jare?
Ek het in Pretoria gestudeer en ons het sopkombuis toe gegaan as daar genoeg tyd was.
Die sopkombuis het bestaan uit n film teater wat dwarsdeur die dag en aand films gewys het. Daar was meestal twee films wat mens kon kyk soggens en dan twee in middag. Jy betaal vroeg oggend as hul oopmaak en dan kan jy die hele dag daar sit vir dieselfde prys. Jy het ook iets te drinke gekry vir die prys wat maar so-iets soos 15 of 20 sent was. As student het almal dit gedoen omdat dit goedkoop was en jy kon die hele dag daar deurbring. Veral gedurende eksamentyd en bloktyd was dit baie gewild.
Mens kon toentertyd nog as meisie alleen ook daar gaan sit sonder probleme. Die probleem was meestal sodra as jy gereeld gegaan het, het jy naderhand ouens gekry wat met jou wil kennis maak. Later was dit nie die moeite werd om alleen te gaan nie want daar was altyd elemente wat nie te suiwer was nie.
Die flieks wat hul gewys het was meestal die goedkoop minder gewilde flieks. Ek het baie Dean Martin, Bing Crosby, Natuurlik John Wayne en al die cowboy flieks geniet. Later het hul ook meer “naakter” goed gewys waarvan ek nie gehou het nie. Op die ou end het dit n regte eendstert nes geword en kon ons as studente nie meer met n geruste hart die hele dag daar gaan sit nie, mits jy in n bondel gegaan het nie.
Ek het een oggend gesit en fliek kyk toe ek n gevroetel langs my been voel. Was toe die vreemde ou langs my wat probeer om sy vingers onder my “step-in” se bandjies wat kouse ophou wou invroetel. My vriendin stel toe voor ek moet my baadjie tussen hom en my sit sodat hy nie naby kon kom nie. He, he, dis maar een van die gevalle. Ouens vat maar kanse veral in die donker.
Vertel bietjie jou ondervindings van ‘Sopkombuise’.
Dankie aan die volgende twee wat mooi blomtyd vertellings ge doen het.
Toorts met n deurmekaar blomtuin
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/18/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-blomme/
Kameel wat moeite met tuinmaak doen namate hul in verskillende huis gebly het.
https://toortsie.wordpress.com/2015/11/18/blomtyd/
Die laaste tema vir 2015 gaan wees:
BRILLE en PILLE
Ai toggie, ons is met vakansie en ek dog toe laat ek gou iets skryf voordat die week om is. Lees dus nou eers jou sopkombuis, dit nadat ek gesê het ek weet niks van ‘n sopkombuis af nie, en oor iets anders geskryf het. Yep, scrapy ek ken die sopkombuis goed….. Die soppies…. soos ons dit genome het. My ouers sou ‘n oorval kry as hulle geweet hoe ek en my vriendin by die sopkombuis geboer het. Wilde plek gewees, maar lekker om so te sit en fliek kyk…. en ouens se hande afweer…. vir bietjie geld. Ek het gedog die coke in ‘n houer, het saam met prys van kaartjie gekom. Ag wat, dit was lekker dae….. maar ek sou my dogters se nekke omgedraai het, het hulle soppies toe gegaan 😆
LikeLike
Ek het ook maar nie in die begin rerig geweet watse onheile daar broei nie. Dis mos maar die skofwerkers wat ook die flieks gekyk het. Die studente het dit later oorgeneem, veral gedurende eksamen as daar nie n vak geskryf moes word nie. My ouers sou beslis nie dit goedgekeur het as hul dit geweet het nie
LikeLiked by 1 person
Moet hierdie keer uitsit….. ken nie van hierdie vak nie 🙂
https://wordpress.com/post/toortsie.wordpress.com/10135
LikeLike
Ook maar goed so. Ons het almal hard gewerk aan al die skryfwerk gedurende die jaar.
LikeLike
Het darem geskryf…. maar sommer oor my ondervinding op oomblik by die see 🙂
LikeLike
Lekker man, dis net so goed om n see vertelling te hê. Ek gaan alweer laat wees. My program is vandag te vol vir skryf ook. Moet Trompie tussen bedrywighede veerarts toe vat want hy kou homself aanmekaar. Ek moet self na werk ook gaan vir n check up. So ek kom eers na ses vanaand tuis. Dankie vir jou skrywe. Geniet jou vakansie by die see!
LikeLike
Vertrou alles in werkende orde sê jou check up!!! Geseënde, en hopenlik rustiger dag vir jou vandag.
LikeLike
Dankie, bloeddruk is steeds te hoog dus n verhoging in medikasie. Verder was dit n woeste dag. dis egter n lekker moeg wees.
LikeLiked by 1 person
Jy vertel van ‘n sopkombuis wat ek nie ken nie.
LikeLike
Ook maar goed so. Jy het nie veel gemis nie. Dit was maar n regte eendstert-nes gewees
LikeLike
Dis interressant, ek ken ook nie sopkombuise nie.
LikeLike
Dit was in vroeg sestiger jare en het nie lank gehou nie. Was ook baie swart en wit films wat hul nog gewys het.
LikeLiked by 1 person
Ek ken nie sopkombuise nie! Was daar so iets in Durban?
LikeLike
Jong ek sal nie weet nie. Ek weet wel die flieks was maar vir skofwerkers want party dae het daar maar elemente gesit wat mens vandag nie naby wil wees nie. Dit het ook gou dood geloop omdat dit te duur was om die koffie/sop te verskaf. Die regte bioskope het toe oorgeneem met goeie flieks.
LikeLiked by 1 person
Die enigste keer wat ek in ‘n sopkombuis was was juis in Durban, lank, lank gelede!
LikeLiked by 1 person
Dis ook maar nie juis elke een se ‘cup of tea’ nie. Was later rerig maar grillerig met die vreemde hippie elemente.
LikeLike
Ek was so ‘n jong laatie, en dit was vir my wonderlik om te dink mens kan die heeldag sit en fliek!
LikeLike
Netso. Ek het daarmee kennis gemaak in my eerste jaar op kollege – gelukkig saam met vriendinne gegaan. Dit was beslis lekker om so die hele dag te fliek.
LikeLiked by 1 person
Ons het lekker gefliek en dit was net 10c as jy in die voorste ry sit!
LikeLike
Kan dit nie eers onthou nie. Was dit in die sopkombuis?
LikeLiked by 1 person
Nee in die Capitol
LikeLiked by 1 person
Man, is dit nie hoeka die Capitol teater daar bo Pretoriusstraat waarvan jy praat nie? Die teater het mos so ‘n sterretjies-dak gehad. Wonder of die ou plek nog staan. Ek was eenkeer daar in die vroeë 70s. In Kaapstad het ons natuurlik die Alhambra gehad, maar van hom kan ek niks onthou nie, behalwe dat ek uitgenooi was deur so ‘n cheapskate wat my nie eens na ‘n ordentlike fliek toe kon vat nie. Ons het ingeloop in die helfte van die fliek, dit klaar gekyk en toe begin dieselfde film weer, toe kyk ons die eerste helfte laaste. Daarna het ons in die spoorwegkafee op die Kaapse stasie een roosterbroodjie en een koppie koffie gedeel, waarvoor ek betaal het. Sou dalk romanties gewees het saam met die regte persoon.
LikeLike
Siestog hy was seker net arm!
LikeLiked by 1 person
Nee, hy was inhalig. Ek ken armoede en kan goed onderskei tussen die twee.
LikeLiked by 2 people
Ok…
LikeLike
Jong ek kan nie so mooi alles onthou nie . Die Capitol teater was n regte film teater nie n sopkombuis nie. Ek onthou die sterre in die lug. Die sopkombuis was sommer in een van die deurlope. Regte gaggie plek op die einde.
LikeLiked by 1 person
Ja wel, na veertig jaar (of so) het ‘n hele paar van my varkies al ontsnap. Ek het destyds ‘n woonstel gehad in Prinsloostraat, maar nou is dit erg vervalle en baie van die straatname het ook heengegaan.
LikeLike
Ons het selfs baie lank Sunnyside toe gegaan om te fliek totdat dit alles te gevaarlik geword het en Sunnyside verval het in n nes. Daardie straatname is vir my netso n gemors.
LikeLiked by 1 person
So n chancer!
LikeLiked by 1 person
Daar is maar altyd outjies wat kanse vat.
LikeLiked by 1 person