Toeka-Tokkel no 49: Brille en Pille


Uiteindelik  n oomblik om te sit en te soek na my fotos van my klomp brille. Was dit nou n gesoek. Sommer kalmeerpille nodig gehad om myself te kalmeer. Na n hele gesoek en gewonder waar die fotos is het ek  dit uiteindelik  gekry. My geliefde suster het toentertyd my fotos van my “memory card” – onthou kaart op cd’s gesit. Het sy nou vir jou hope ekstra goed ook opgesit! My bondeltjie fotos het weggekruip vir my. Aanhouer wen!

(Goeie genade nou weet ek nie hoe om my fotos op die nuwe bladuitleg te kry nie!)

101_3389

Ha, ek het dit!

Hierdie is n versameling van my brille wat ek deur die loop van jare gedra het. Toe ek my kaste en alles moes uitsorteer voor ek trek het ek gelukkig eers van my versamelstukke netjies op my buite tafel gesit en fotos geneem. Die brille het ek aan ons plaaslike oogarts gegee want hul het die rame en lense hergebruik vir mense wat dit nie kon bekostig nie.

Die volgende is nog my man se brille wat ek ook vir hul gegee het.

101_3388
My man se sonbril en laaste bril.

(Ek wou die foto edit om die wit voorgrond te verminder maar dit wil ook nie werk nie. Kliek op edit en geen aanwysings om dit dan te doen nie. Ai, daar het ek nog bloeddruk pille ook nodig om nie te opgewonde te raak met al die veranderinge nie! Ouer word is nie vir Sissies nie!)

Hierdie is die laaste Toeka-Tokkel vir 2015.

Ek hoop jul kom met n heerlike brille en pille versameling. Ek sal dit volgende week in n pos sit om af te sluit.

Verlede week se Sopkombuis was nie baie bekend by meeste nie.

My bydrae as inleiding van kuier in sopkombuis as student

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/11/18/toeka-tokkel-no-48-sopkombuis/

Kameel ken nie sopkombuis nie maar beskryf n heel roerende ondervinding

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/24/net-een-brander/

Toorts praat oor die werklike vandag se sopkombuis en voedselvoorsiening aan skoolkinders

https://toortsie.wordpress.com/2015/11/25/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-sopkombuis/

Lewies Mymer was as jong seun in n sopkombuis.

Rondomtaliedraai het ook sopkombuis besoek as student

HesterleyNel het ook saam gesels oor flieks

Dankie aan jul almal vir jul getroue ondersteuning.

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

24 thoughts on “Toeka-Tokkel no 49: Brille en Pille”

  1. Ai, ek het baie gemis. Verdomde vodacom wil my vergoed vir vier maande as ek my kontrak kanseleer. Hulle moere. Plein en simpel, ek sukkel al vier jaar. Ek het wraggies so baie gemis. Maar as ek sien Homer se liggies wys ligblou en ek gryp gou my rekenaar en verfoeilike stokkie en die ding kom aan die gang, is die verdomde liggie net so donkerblou soos homer sn.

    Like

    1. Mens kan nie wen nie. Ek sit in n dippie en met tye werk die rekenaar opvangs nie voordat ek n paar goeie groot woord oefenlopies maak nie. Selfde met TV opvangs. Die strale mis lyk my so nou en dan my skottel dan sit ek met mengelmoes van verwringing. Frustrasies vir Afrika!

      Like

  2. Nou voel ek skoon skaam dat ek my bril in die asblik gegooi het, dit nadat my man gesê het die oogarts sal dit vat. Jy het voorwaar ‘n versameling brille gehad 🙂

    Like

  3. Ek is baie bly om te sien daar was geen stel dikraam wit sonbrille in jou versameling nie, Ineke – min dinge lyk vir my so simpel as daardie hengse goed wat veral vrouens, maar deesdae ook mans, op hul neuse dra nie!

    Like

    1. Netso, ek sien met tye netnie die gewone goed wat mens altyd gebruik nie. Met vorige verandering kon mens nog teru gaan na oue voordat mens die nuwe gebruik. Dis rerig n goeie ding dat die ou rame en lense tog weer gebruik kan word. Daar is so baie mense wat n bril nodig het.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s