Toeka-Tokkel no 50: Afsluiting


Wat n heerlike jaar van skryf het ons nie gehad nie! 50 weke van uitdagings gewees.

n Groot dankie aan almal wat so lekker saam gesels het. Dit was n fees elke week.

Dankie ook aan die persone wat so gereeld saam kommentaar gelewer het. Ek hoop volgende jaar sal jul ook die uitdaging aanpak en n bietjie skryf of net n foto inplak.

Ter afsluiting pos ek n paar fotos van my nuwe werkomstandighede. Soggens as ek 7:20 am by die skool kom sit ek eers vir 5 minute en neem die omgewing in met diep teue voordat ek oopsluit.

Die laaste foto: In agtergrond is die klas waar die voorskool en naskool kinders bymekaar kom.

Tweede laaste foto: Kleiner kinders se klimrame en speelplek.

Die ander fotos is vanaf die parkeerterrein voor die skoolkantoor geneem. Hoenderhok met 5 rooi hoenders, groentetuin met verhoogde beddings, sitplekke met tafels om te sit en wag as dit mooi weer is.

Dis werklik heerlik om soggens vroeg so te begin.

Die volgende ouens het vir oulaas n stukkie oor brille en pille geskryf:

I scrap 2 se brille wat deur die jare vermeerder

https://scrapydo2.wordpress.com/2015/11/28/toeka-tokkel-no-49-brille-en-pille/

Kameel met haar blou toolbox…

https://toortsie.wordpress.com/2015/12/02/die-bloutoolbox/

Toorts wat van kleintyd gebril het

https://toortsie.wordpress.com/

GROOT DANKIE WEEREENS AAN ALMAL WAT TOEKA-TOKKEL ONDESTEUN HET.

Geniet die feesdae en mag die nuwe jaar voorspoedig wees.

Tot volgende jaar!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Toeka-Tokkel no 50: Afsluiting”

  1. Geen wonder jy sit eers vir vyf minute en neem die rustigheid in nie. Was by my seun in Shelly Beach. Hulle hou kerk in ‘n skoolsaal. Die lekkerste was as ek toilet toe glip en die hele skoolterrein is so stil en verlate. Onder die bome is daar sement tafels en banke. Gaan sit ook eers daar en asem die rustigheid, en voëlgesang in.

    Like

  2. Lyk beslis so rustig. Ek sien die bome en dink dadelik aan vodacom se gunsteling ekskusie “Dense vegetation. Tog sukkel jy nie. Ook nie die mense in die grootste mense gemaakte woud, Jhb, nie.

    Like

            1. Nee wat, ek gaan weer honde en huis oppas van 26 Des – 10 Jan. Dis vir my soos n vakansie omdat ek nie by my eie huis is nie! Dis ook sommer hier in die dorp. As ek iets nodig het hop ek net oor. Trompie gaan natuurlik saam na sy twee vriendinne.

              Liked by 1 person

  3. Dankie vir al jou mooi bydraes hierdie jaar!Al het ek nie deelgeneem nie,het ek almal se bydraes baie geniet.Ek hoop nie jy gaan verdwyn noudat jy begin werk nie.😜😀

    Like

    1. Dis omring met natuurlike bos. Sekere dele het die bebosde heuwels ander dele is meer grasland heuwels. Dis baie heuwelagtig hier. Ha ha, ek het ook gedink ek is met pensioen. SA pensioen is egter so min dat alle ekstras is die moeite werd. Het die 18e Nov begin met die voorskool en naskool toesig. Dis 3 ure per dag vir 5 dae week. Ook op oomblik is dit ydelik, hul wil net eers toes en kyk of ek dit kan doen. Dalk(hopelik) kan ek volgende jaar weer werk. Dis vakansies uitgesluit.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s